ONSE VADER

Jesus is al persoon wat ons kan leer om te bid, en Hy doen ook so.

Lukas 11:  Die Onse Vader en vers 9 “Ek sê vir julle:  Vra, en vir jou sal gegee word.  Soek, en jy sal kry.  Klop en vir jou sal oopgemaak word”.

Matteus 6:5-14

Matt 6:8…….. julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.

Dan, Matt 6:9 → Die Onse Vader.

6 Bedes van die Onse Vader

  1. Laat U Naam geheilig word;
  2. Laat U koningryk kom;
  3. Laat U wil geskied;
  4. Gee ons vandag ons daaglikse brood;
  5. Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
  6. Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

ONSE VADER

Wat in die Hemele is

Alhoewel ons nou God persoonlik mag aanspreek as ons “Vader” is soos ons gesê het ‘n absolute voorreg en is immers intiem.

Ons moet egter dit met baie eerbied en respek doen en onthou dat God nog God is en verhewe is in die “hemel” – sy heerlikheid en heiligheid in sy hemelse koninkyk.  Daar is dus nog steeds ‘n heilige afstand wat ons moet bewaar met baie ontsag en eerbied, met eer en lof. Hierdie ‘heilige afstand’ kan ons nie op ons eie oorbrug en voel dit is ons reg om God “Ons Vader” te noem.  Hierdie afstand laat ons besef God is baie hoog bo ons verhewe, meer as wat die menslike verstand ooit sal begryp.  Maar sy Seun, Jesus Christus het die weg vir ons gebaan.  Deur Hom kom ons tot God en kan hom ons Vader noem soos kinders, Sy kinders – uitverkore en bekeerde kinders – wat Jesus veilig in sy hand vashou en ons tot God neem.

5. Waarom:   …. ”wat in die hemel is?!”

5. H.K. Onse Vader   (Ps boek)    Sond (46)

God het deur Jesus Christus ons Vader geword en Jesus leer ons om die gebed te begin met “Onse Vader” sodat dit die begin van die gebed ons kinderlike respek en vertroue om God sal wek.  Ons moet besef en vertrou en glo dat God, as ons “Vader” ons nie enige iets wat ons nodig het sal weier soos wat ons aardse vaders moontlik wel sal doen.

5. Ons Vader wat in die hemel is!

(Gebed)

                                                                                                                                                               Smit

  1. Vader

In die O.T. word God selde as Vader aangespreek en aanbid.  God is eerder gesien as Vader van die volk, eerder as eie persoonlike Vader.  Eers in die N.T. het Jesus, die Seun van die Vader, ons geleer en toestemming gegee om God as ons eie persoonlike Vader te sien en aan te spreek.  In die “Onse Vader” is ons geleer om God as ons Vader te aanbid.  Ons moet tog versigtig wees om God (Ons Vader) met ‘n aardse vader te vergelyk.  Hy is tog nog steeds die Grote Almagtige Koning en Skepper.  Ons moet Hom dus omsugtig en met baie respek aanspreek as ‘Vader’ en onthou dat daar nog steeds ‘n gaping is tussen ons as aardse skepsels en die baie hoë – hoog bo die menslike begrip – God in sy Hemelse koninryk.  Hy voorsien ons daagliks wat ons nodig het om te lewe en ‘n aardse bestaan te handhaaf as sy geliefde kinders waarvan Hy die Vader is – baie liefdevolle Vader.  Ons noem God dus Vader omdat ons alles van Hom ontvang wat nodig is vir liggaam en siel; al ons behoeftes.  Dit is sy Seun, Jesus Christus, wat ons deur God laat aangeneem word as sy kinders en ons toegelaat het om Hom met baie ontsag en respek aan te spreek as ons Vader en Hom ons Vader noem in denke, dade en gebede.

Jesus het ons bevel om God as “Ons Vader” aan te roep want stel sy eer daarin dat ons God as Vader aanroep en deur dit dan te doen verheerlik ons vir Jesus.

2. Onse Vader

▲ Daarom moet ons ook besef ons spreek tog God aan as “Onse Vader”.  Hy is my eie intieme Vader waarvoor ek bid maar ons moet nie nalaat om te besef daar is meer as net ek in die “Onse Vader.”.  Ons is almal saam kinders van God so Hy is Vader oor al sy kinders.  Wie is almal kinders van die Vader?  Almal wat deur die bloed van Christus kinders van God geword het (4).

Wat in die hemel is   (4) – Gebed

Maar waar is hierdie ‘hemel’.  Ons dink dit is iewers – daar bo.  Bo wat?  Bo die wolke.  Hoekom kan ons dit dan nie sien met onse ruimtevaart nie?  Dan kyk ons mos af op die aarde, bo die wolk.

Dit is eintlik eenvoudig.  Die hemel is waar God is.  En niemand weet waar dit is nie.  Maar dit is waar God se koninryk is.  Jesus sê mos vir ons sy Vader is in die hemel.  Dit is waar Jesus vir ons ‘n plek gaan gereed maak het, waar ons ook eendag sal wees.  In God se onverganklike lig, sy majesteit, heerlikheid en heiligheid.  Maar ons sal daarbinne saam met Hom wees.  Sal ons dan weet waar hierdie hemel is, sal ons nog daaroor wonder.  Ons sal tog net aan God dink en Hom vir ewig loof en prys.  Hierdie ervaring, is die hemel!  Dit is waar God is.

Gee ons as aardse bewoners met bewustheid van die groot heilige skyding tussen hemel en aarde, om presies waar hierdie hemel is? Nee! Ons weet mos verseker dit is waar ons eendag sal wees, as ons ‘soet’ is en Jesus ons daarheen neem.  Na ons Vader, waar Hy is.  Dit is die hemel!

Maar waar is die hemel?  Maak dit werklik saak?

God se naam is wie Hy is.  Hy openbaar sy Naam aan ons in Levitikus 22:31:33.

Gehoorsaam my gebooie en voer dit uit.  Ek is die Here.  Julle mag nie my heilige Naam ontheilig nie.  Die hele Israel moet My as die Heilige erken.  Ek, die Here, heilig julle.  Ek het julle uit Egipte gebring sodat Ek julle God kan wees.  Ek is die Here.

Die Here se naam is gelyk aan Hom, dit is wie Hy is.  Op sekere plekke in die O.T. word die Here ook in  ander name geopenbaar.  Dit maak nie saak watter Naam nie, God se Naam is heilig.  In watter Naam Hy ook al bekend gestel word, dit is sy Wese en moet met heiligheid, eer, ontsag en respek aangespreek word.

In die N.T. het Jesus gesê ons moet God leer ken.  By geleentheid het Hy gesê:  Wie my sien, sien die Vader.  God word dus hier voorgestel as “Vader” en dit is dan ook hoe ons God leer ken, deur Jesus, sy Seun.

My liefde vir God en heiligheid vir sy naam, getuig ook uit my lewenswandel.  Deur my sigbare dade kan ek of vir God vereer – of onteer.  Ons moet lewe soos wat die woord sê en soos wat ons die Evangelie en woord verkondig. Vra jouself altyd die vraag:  Hoe kan ek in my lewenswandel, deur my dade tot die heiligheid van God se Naam bydra?

4) Ons het vroeër gesê God word met ander name voorgestel!  Dit is dan waarom Moses by die brandende bos vir God gevra het wat is sy Naam.

Want die Israeliete het God geken en geweet daar is net een God, maar hulle het nie presies geweet wat sy Naam is nie.  Hulle het ‘n verskeidenheid van aanspreke gehad:

 Eerste bede

“Laat u Naam geheilig word.”

Dit is:  Gee allereers dat ons U reg ken en dat ons U heilig, roem en prys in al U werke waarin U almag, wysheid, goedheid, geregtigheid, barmhartigheid en waarheid so skitter.  Gee verder dat ons ons hele lewe, gedagtes, woorde en werke daarop sal rig dat U naam nie om ons ontwil gelaster nie, maar geëer en geprys word.

“Maar heilig die Here God in julle harte”  (1 Petrus 3:15 / Thielicke)

God moet nie kan sê:  “Deur jou is my Naam in jou omgewing oneer aangedoen, by jou vriende, in jou eie lewe, omdat jy dit so weinig deur jou woorde en dade laat blyk”.

Ons moet God eer en waaragtig ken om Hom reg te dien, na sy wil, en te eer en sy Naam te heilig, in ons denke, woorde en dade.  In ons totale lewenswandel.  In die H.K. (Sondag 36) bely ons:  “Ons mag die heilige Naam van God nie anders as met vrees en eerbied gebruik nie, sodat Hy deur ons reg bely, aangeroep en in al ons woorde en werke geprys word.

Ons moet ons liggame, harte en siele aan Hom wy en aan Hom behoort in ons lewens; ons hele lewe.  Ons moet in al ons ‘omgewings’ sy Neem heilig. Want Hy is die Here.

Jeremia 9:24

“Laat Hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en my ken.  Ek is die Here”

Joh 17:3

En dit is die ewige lewe:  dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.

Ons moet dus vir God werklik ken om Hom as ons Vader aan te roep.  Daarom leer Jesus ons om gebed te open met die woorde:  Laat u Naam geheilig word, want dit is:  Gee allereens dat ons U reg ken.

Dit gaan nie net om die Naam nie, as ons nie weet wie se Naam dit is nie.  Ons moet God dus ken en weet dat dit onse Here,  God se Naam is en geen ander God nie.  Daar is egter geen ander gode waarvan ons God hoef te onderskei nie. Daar is net een God, die ware God.

Daar is baie meer aan die woord ‘Naam’.  Dit is nie net ‘n woord om die Here uit te ken nie, die Naam is die Here.

As jy die Naam nie eerbied en heilig nie, dan heilig jy nie vir God nie.  Die derde gebod sê dan ook jy mag die Naam van die Here nie ydel of misbruik nie, want dan ontheilig jy vir God.  En as jy die Naam ydelik gebruik of vloek, dan vloek jy die Here jou God jou Vader en jou Skepper, wat jou gemaak het en lewe aan jou gegee het.  Dan sal jy sekerlik bestraf word, selfs met die dood.  Die Here het vir sy volk gesê dat diegene wat sy Naam ydelik misbruik, doodgemaak moet word.  Ons bely in die H.K. 36:  “God het die mens goed en na sy ewebeeld geskep.  Dit beteken:  in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy skepper reg kan ken, Hom van harte lief kan hê en saam met Hom in die ewige saligheid kan lewe om Hom te loof en te prys”.

Maar na die sondeval is ons nou sondige mense en kan God se Naam ontheilig en misbruik.  Daarom moet ons nou bid:  Laat U Naam geheilig word” sodat ons God kan ken en Hy deur sy Heilige Gees ons die krag gee om sy Naam te heilig, altyd.  Jesus Christus is deur sy Vader na hierdie wêreld gestuur om aan ons wat uitverkies is, God die Vader te verklaar.  In Jesus Christus leer ons God werklik ken – wie Hy is en wat Hy doen.

Dat ons God die Vader dan sal ken soos Jesus Christus Hom aan ons verklaar, dit berus die Here.  Om voor die troon van die Here te kan staan, moet ek en jy daarop steun dat ons die Here ken – reg ken!

Ken beteken nie dat ons net van die Here weet nie, ken beteken dat ons Hom met ons verstand en met ons hele liefdevolle harte sal ken.  Sodat hierdie ken tot ‘n heilige, intieme verhouding met Hom sal lei,  en dat ons met die ken en hulp van die H.G. sy Naam kan heilig.

Die “die Almagtige” , “die Allerhoogste”, “die God van Abraham” en nog andere.  Moses wou dus weet alhoewel hy God goed ken by watter Naam wil Hy geken word.

Maar ‘n verrassende antwoord:  “Ek Is, dit is My Naam.  Dit beteken en wat ons ook gebruik, “Jahwe”,  en dit word nou weer vertaal as “Here”.  “Here – die Naam wat ons algemeen ken, verstaan en gebruik en soos ons vroeër gesien het dat God Homself ook as ‘Here’ noem in die O.T.

Nou kom ons by die bede:  “Laat U Naam geheilig word.  Dit gaan nie oor watter Naam jy gebruik of aan dink nie, maar hoe – met watter mate van eerbied en heiligheid – jy aan die Naam dink en dit gebruik.  Dit gaan m.a.w. dus nie net oor die Naam nie, maar God agter hierdie Naam.  Hoe ken jy Hom, hoe dien en eer jy Hom en word Hy deur jou geheilig.  In Levitikus 22 sê God Hy is die “Here” en Hy heilig ons deur sy Naam.  Nou – heilig ons Sy Naam en lewe ons ‘n heilige lewe, afgesonder vir God, want so eer en heilig ons God se Naam.  God, die Here:  Jahwe.

Laat die Naam van God altyd geprys en geheilig word.

2de bede

Laat u koninkryk kom”  

  HK Sn 48

          123

5)  “Laat U koninkryk kom.  Dit is:  Regeer ons so deur u Woord en Gees da tons ons, hoe langer hoe meer aan U onderwerp.  Bewaar u kerk en laat dit groei.  Vernietig die werke van die duiwel, elke mag wat teen U opstaan, en alle kwaadwillige planne wat teen U heilige woord bedink word, todat die volkomenheid van U ryk kom, waarin U alles in almal sal wees.  (H.K. 48, 123)

  1. Die hele Woord van God openbaar hoe God verheerlik word as die koning.  Hy is die enigste God:  met mag en krag en verhewendheid bo enige aardse koning.  Hy is ons Koning Ps  24:10.  Die Here, die Almagtige, Hy is die magtige Koning”.

Ons bid vir God se koninryk om te kom, want dan sal ons ontslae wees van al die onder ‘koninryke’ hier op aarde wat presies die teenoorgestelde bevele en wette het wat op ons afgedwing word.  Mag die H.G. ons die krag gee om nie toe te laat dat hierdie aardse heerskappy ons verslint nie.  Maar wanneer kom die koninryk van God? – dit is reeds besig om te kom!  God maak sy kerke al hoe sterker en laat sy uitverkiesde kinders in geloofs volwassenheid groei om sterk te staan teen aardse onderdrukking en sodat ons gereed, sal wees en ontvang te word as sy koninskap in volheid kom.

God se koninkryk is reeds besig om te kom. Waar mense wil hê: want God wil hê, altyd in alle omstandighede, sonder enige terug houdenheid, daar is die Koninkryk van God besig om te kom”  (4)

Die evangelies, verkondig dat Jesus weer sal kom na sy hemelvaart.  Dan sal jy al sy uitverkore kinders – die wat reeds gesterf het en die wat nog lewe – bymekaar maak en hulle na sy Vader neem.  In die voleinding van die wêreld sal God se Koninkryk ten volle kom en ons as Christene, sal genooi word om met God te verenig in sy koninkryk, waar Hy altyd Koning sal wees.  Maar Hy is alreeds die Koning, ons Koning wat kragtig oor alle heersers en konings wat bestaan.  Hy is die enigste Koning.  Daar is nie ‘n koninkryk van die mens nie, ook nie jou eie koninkryk waarin jy heers nie.

As daar ander konings is moet ons verstaan dat God die enigste Koning is wat in beheer van ons lewe is, Hy versorg ons en ons moet Hom dien en voor sy troon kniel, want ons is gehoorsaamheid en dankbaarheid aan God verskuldig (4).

God is God oor hemel en aarde.  Hy het alles geskape in sy Almag en nou is Hy Koning oor alles en almal.  God die Koning en ons sy onderdane.  Sodra ons dit besef en sy Koningskap erken en eerbiedig is ons deel van sy koninkryk.  Die kerk moet ook God se koningskap erken en sy wil gehoorsaam want:  ons is die kerk en die kerk is ook deel van sy koninkryk – die kerk is die liggaam van sy seun Christus :  Hy is die hoof en ons sy liggaam.  Hy heers dus oor ons en ons moet Hom gehoorsaam as onderdane en as ons bid –  laat U koninkryk kom”  dan bid ons dat Jesus Christus weer moet kom en sy ‘ker’ kom haal en deel maak van God se ewige koninkryk.

Maar nog hier op aarde moet ons Hom gehoorsaam wees en kinderlik onderdanig dien met geregtigheid en liefde en naasteliefde met ‘n sigbare opofferende leefstyl en sy evangelie tot openbaring bring.  Die koninkryk vandag is daarin waar ons as God se kinders en afhanklike onderdane in woord en daad sy liefde uitdeel soos Hy sy brood aan die honger skare uitgedeel het – Hy is die Brood vir ‘n sterwende wêreld.

“Die koninkryk van God is daar en kom daar waar die Gees van God in beheer is en die Woord van God die bloudruk vir lewe na die eise van God se wil is”  (4)

Dit is:  gee da tons en alle mense ons eie wil prysgee om aan U wil, wat alleen goed is, sonder enige teepratery gehoorsaam te wees, sodat elkeen sy amp en beroep net so gewillig en getrou kan beoefen en uitvoer soos die engele in die hemel.

                                                                                                                                                     H.K. 49, 124

2. Kom ons kyk nou hoe god se wil in die hemel is en dan hoe dit lyk as sy wil op die aarde geskied.

God se wil in die hemel:

In die hemel, is daar geen sonde en geen onreg en geen ongehoorsaamheid.  Die engele besing en loof God.  Hulle doen net wat die Here sê en daar is gehoorsaamheid, daar is vrede, gehoorsaamheid en geen onreg.

God se wil op aarde:

Ons op aarde is sondig en wil graag ons eie wil doen en daarom vra ons God om op aarde sy wil te laat geskied.  Ons bid tot God dat Hy deur die H.G. in ons werk soda tons in ons lewenswandel sy wil getrou sal uitvoer net soos die engele in die hemel.

  1. As ons ons eie wil kies en nie ons bekeer en alles doen volgens ons eie wil sal God ons aan ons eie wil toelaat en dan is die einde die ewige verderf!

Dit is teen hierdie einste eiewilligheid dat Jesus ons leer bid en ons moet bid vir dieselfde as die hemelweses en dat ons net God se wil laat geskied dan is ons in koninkryk van God want daar is volkome harmonie tussen ons en God.

4.   Gebed moet ‘n kinderlike poging om sy wil te leer ken.  Gebed is ‘n totale bede om God se wil te laat kom – oor hierdie sondige aardsmense en donker wêreld.

Ek het van die hemel af gekom nie om my eie wilt e doen nie, maar die wil van Hom wat my gestuur het.  En dit is die wil van Hom wat my gestuur het dat ek almal wat Hy my gegee het nie een van hulle verlore sal gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan.

Dit is die wil van my Vader;  dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo die ewige lewe sal hê ; en “Ek sal Hom die laaste dag uit die dood laat opstaan”.

                                                                                                                                                   Joh 6:38 -40

God se wil vir my lewe – om te weet hoe om tussen my wil en God se wilt e onderskei en te handel.

4de

Gee ons vandag ons daaglike lewe

“Gee ons vandag ons daaglikse brood. 

Dit is ; Versorg ons met alles wat die liggaam nodig is.  Sodat ons daardeur erken dat U die enigste bron is van alles wat goed is sodat, en dat al ons sorge en arbeid en ook U gawes sonder U seën ons nie kan baat nie.  Gee daarom dat ons ons vertroue van alle skepselse aftrek, en op U alleen stel”

                                                                                                                                              (Sondag 50, 125)

Tot nou toe gaan die gebed hoofsaaklik aan God, ons Koning nou daal ons neer na die mense op aarde en ons behoeftes.  Mag ons nou skielik vra vir brood, vir ons lewe.  Ons moet ook (en behoeftes) onthou dat God die Koning van die aarde en die hemel, ook ons Vader is.  God ken ons en weet wat ons nodig het – nie net wil hê nie – nog voor ons vra daarvoor.  Ons Vader is Hy lief vir ons en gee om oor ons elke oomblik van ons lewe.  Dit beteken Hy wil graag hê ons moet daarvoor vra, want Hy wil, en sal ons onderhou en in oorvloed gee wat ons nodig het – suiwer genade van God.

Ons moet dit net nou in dankbaarheid en afhanklikheid dit nou aanvaar in opregte dankbaarheid.  Ons moet nou ook verstaan dat as God nie ons gee in oorvloed, moet ons diensbaar deel met die honger naaste en die wat minder bevoorreg is as ons.  Die mense wat se broodkas werklik leeg is en in afhanklikheid ‘n bestaan probeer maak.

Letterlik

4) Gee ons die nodige kos (brood) wat die liggaam nodig het – vir meeste mense gee God dit in oorvloed (wys dankbaarheid en as ons die gee wat honger en uitgeteer is, sonder kos.  Vir hulle moet ons gee – uit ons oorvloed, nie net verby hulle kyk asof jy dit nie raaksien ; en dit nie met jou te doen het ; sonder gewete.

Ons moet diensbaar betrokke raak aan die honger wêreld.

In die evangelies hoor ons ‘n ryk jong man wat vir Jesus vra wat kort hy in sy handelinge om te leef, in die wil van God.  Jesus sê hy moet al sy aardse besittings wat hy – en hy het baie – verkoop en die geld/brood aan die armes en honger gee.  Dan moet hy Jesus volg.

Spititueel

En aan ons deur die H.G. die nodige nie net aardse brood, maar die nodige voedsel vir ons siele en die krag om U te dien uit dankbaarhied en U wil na te kom.

Gee vir ons die nodige voedsel/skrif en H.G. om ons geloof te voed tot geloofs volwassenheid.

Gee brood

Die dag se brood is om te vra vir al wat ons wil hê in ons lewensstyl, maar wat ons nodig het – bietjie brood wat die liggaam laat lewe.  Alles wat ons nodig het vir ons daagse lewe en om sterk genoeg te wees om God te kan dien onse God sal ons nooit weier wat ons nodig het om aan die gang te bly nie, Hy weet dit alreeds voor ons bid en sal voorsien.  En as on sons brood kry, liefdevolle en versorgende Vader berus dit ook op ons om te deel met minderbevoorregte, uitgeteerde naastes.  Ons moet hulle nie net jammer kry nie, maar daadwerklik vir hulle iets doen en voorsien.  Laat hulle aan jou tafel sit. 

Johan Cilliers skryf:  “Dit is juis die soberheid van die gebed wat ons tref:  Dit gaan hier oor die brood porsie vir vandag, niks meer of minder as dit nie.  Wat God meer gee as dit is rede tot meer dankbaarheid teenoor Hom en groter diensbaarheid aan ander.  “Diensbaarheid tot die honger wêreld.

Diensbaarheid:  “Een ding kom jy nog kort ; gaan verkoop alles, want jy het, en deel die geld aan die armes uit.  Dan sal jy ‘n skat in die hemel hê.  Kom dan terug en volg My”  Dit is wat Jesus aan ‘n ryk jong man sê: (Lukas 18:22). Nou het ons so opofferende deernis met mense in nood?  Dit gee ons ‘n skoon gewete.

(Johan Cilliers : Cilliers J soos “Ons Vader weet!)

 Dat ons hele lewe in die ruimte van die koninkryk van God

Jesus leer ons om te bid vir ons brood en lewensbehoefte.  Dit is nie sonder rede nie en nie onbelangrik nie – die Here hoor.

‘Helmut Thielicke sê’  dit is seker die dinge wat seker 90% van ons daaglikse lewe uitmaak.  As ons daarvoor nie sou kon bid nie, sou 90% van ons lewe buite God se voorsiening val!  Jesus wil hê dat ons hele lewe in die ruimte van die koninkryk van God sal tuis kom”

Sonder God se Vaderhand kan ek nie lewe nie.  En uit dankbaarheid steek ek my broederhand uit na ander mense wat ook graag wil lewe.  (4)

5de

Vergeef ons ons skulde………

H.K.  “Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;  Dit is:

Reken ons, arme sondaars, al ons misdade asook die boosheid wat ons nog aankleef, ter wille van die bloed van Christus, nie toe nie.  Ons bid dit van U omdat ons hierdie bewys van U genade in ons vind dat ons die ernstige voorneme om ons naaste van harte te vergewe.

                                                                                                                                    (H.K. Sondag 51, 126)

2. Hierdie bede is baie belangrik, en ons moet, dit van harte bid want dit is die wonderlike troos van die evangelie; van Jesus Christus se verlossing met sy baie swake self-offer om die bose te vernietig en aan ons vrede en verlossing en vryspraak te gee deur al ons meenigvoudige sonde en oortreding op Hom te neem.

Ons kan ons nie van ons eie sondes red nie, want ons is te sondig en geen goeie werk kan dit bedek nie.  Deur ons sondes verdien ons die ewige dood, maar Jesus Christus verlos ons daarvan en gee aan ons die ewige lewe, uit die liefde en absolute genade van God alleen.  Ons word alleen deur genade gered uit geloof – Hou jy dit in gedagte as jy die Onse Vader bid?

“Julle is inderdaat uit genade gered, deur geloof.  Hierdie redding kom nie uit julleself nie ; dit is ‘n gawe van God”

                                                                                                                                                         (Efes 2:8)

Ons kan nie die verlossing uit goeie dade verdien nie.  Dit is ‘n absolute gawe van God.  Ons moet egter uit goeie dade en ‘n daadwerklike lewe want dit doen ons uit dankbaarhied vir God se genade.

Deel twee van die bede is om ons naaste te verlos, van alle kwaad teen ons.  Dit is nie maklik nie.  As ons uit dankbaarheid vir ons verlossing en vryspraak lewe dan het ons die nodige wilskrag en begeerte om ons naaste ook te vergewe, en vergeet.  God sal ons selfs hier help met sy H.G. wat in ons is.

Kom ons behandel mekaar en benader mekaar, en vergewe mekaar met dieselfde genade waarmee God ons bedien het.  Ons het vergifns ontvang, kom ons vergewe ook mekaar.  Kom ons doen en verkondig, deur ons dade, God se groote genade en die evangelie van Jesus Christus.

4) Sonde gaan nie net wat ons willens en wetens verkeerd gedoen het nie, maar ook oor die goeie dinge wat ek nagelaat het om te doen.  Ons is glad te gerus oor die sonde van versuim, asof dit van minder belang is (4).

As on sweet van wrede dade of selfs net lewens – onstellende situasies en gevoels moet ons dit daadwerklik benader, want dit is ‘n sonde as ons die goeie versuim!

Ons bid vergewe, onse skuld, maar dit is nie ligtelike skuld nie, dit is ernstige sonde – sonde teen God.  Ons dra dus meer as net ‘n gunsie.  Sondes teen God is baie ernstig : en dit is waarvoor ons bid.  Sonde teen die Wet van God.  Bid hierdie stukkie van die Onse Vader – gebed met opregte ootmoed, want jou lewe hang van die gebed af. (4)

Skuld is ‘n ernstige ding om van vergifnis te vra.  Dit is nie net ‘n sondetjie wat dan voor vergifnis vra.  Ons is sondige aardse skuldenaars soos tyd verloop, maak ons net meer sonde en die skuld raak net al meer en meer.  En dan hoe groter die skuld, hoe groter die staf en vergifnis.  Jesus het dan net een keer gesterf vir ons sonde – dit kan tog nie nou meer baie wees.  Ons selfverskulde verstaan ons glad nie.  Christus het met sy soenoffering vir al ons sondes betaal en dit weg geneem.  God vergewe al ons skulde;  die wat ons gedoen het voor ons bekering en al die sonde daarna.  Selfs die sondes wat nou dag vir dag doen is reeds vergewe.  Dit is nie ‘n verskoning of gerusstelling om maar aan te hou sondig nie, dit is mos vergewe NEE!  Ons lewe nou volgens God se wil en wet uit suiwer dankbaarheid vir sy versoeningsdaad.

Jesus het weer opgestaanm, so moet ons!  Opstaan uit ons aardse begeertes en skuld en sonde.  Dan sal ons eendag weer opstaan uit die dood, as Jesus ons kom haal.

Ons kan nie net hierdie bede opsê of bid uit gewoonte nie, ons moet ernstig en diep dank as ons hierdie bede – en al die ander bid.

En die vergifnis van ons sonde – pure genade onverdiende genade van God.  God leef in dankbaarhied en aan God getrou.  Hou op met die ou gewoonte sondetjies, hou op met alle sonde deur die krag van die H.G.

4) Net soos ons die vergewe wat teen ons sondig.

God vergewe ons volkome en heerlikheid deur genade.  Ons moet vir God vra om ons in ons onvermoë te help om ons naaste te vergewe, want dit is onverantwoordelikheid.  Ons moet na God kyk hoe Hy ons ons skulde en sonde absoluut vergewe – dan vra ons Hom om ons die wil en moontlikheid te skenk om ook ons medemens wat teen ons sondig, te vergewe volkome.  God roep ons tog op om te vergewe.

Ons sal dan vind dat ons onsself ook vergewe deur ander te vergewe.  Selfvergewendheid is moelike as om ander te vergewe.  Maar as God ons help om nooit ons sondaars in onvergifnis en haat te sien nie, maar dat ons hulle uit wil en behoefde vergewe soos Hy met ons doen.  As ons hulle dan uit liefde vryspreek en die vrede herstel, sal ons ook innerlike vrede ervaar en ons band van vrede met God versterk.

“Net soos ons” word dan eers:

“Net soos U”.

VI  Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose

Sond 52 – 127

Dit is :  Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik staande kan bly nie.  Daarby hou ons doodsvyande, die kuiwel, die wêreld en ons eie sondige natuur, nie op om ons aan te val nie.  Wil U ons tog deur die krag van U H,G, staande – staande hou en versterk, sodat ons teen hulle sterk teenstand kan bied en in hierdie geestelike stryd nie beswyk nie, totdat ons eindelik die oorwinning volkome behaal.

As ons dus hierdie woorde bid vra ons vir God krag deur alle versoekings, maar ons bid nie dat ons nooit “getoets” word nie, want dit belangrik en deel van ons geloof groei, daarom vra ons vir die Here krag om ons te help deur sy H.G. sodat ons in die versoeking / toetse staande kan bly, want ons kan dit nie op ons eie doen nie, ons is te swak.  Deur die toetse en versterkings van ons geloof sal ons groei en al hoe meer krag kry om weerstand te kry teen beproewings – natuurliks nog steed met God se hulp.  Ons sal nooit alleen kan staande bly.  Ons sal nooit genoeg krag hê soos Jesus Christus toe Hy deur die satan versoek was in die woestyn.  Ons pleit dan dat ons in geloof sterker sal word en verhard!

Ons weet dan dat God sommige versoeking deurlaat, maar dit is met ‘n doel!!  Ons weet dan dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat volgens sy besluit geroep is .  (Rom 8:28)

Ons kan tot ‘n mate gerus wees, want God sal ons nooit sonder rede en boo ns kragte laat versoek word nie  –  Hy gee altyd uitkoms!!!  Hiervoor gee Hy ons versekering in sy woord:

“Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie.  God is getrou.  Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan”  (1 Korint 10:13)

Deur elke beproewing sal God jou krag gee, en jy sal sterker uitkom na die tyd.  Deur elke beproewing wat God toelaat, sal Hy jou krag gee, en Hy het ‘n rede – jy sal sterker uitkom na die beproewing.  Vertrou op God.

BRONNE

Ds Danie Malan (2021)

Ds Coen Vrey – GK Bellville:  Laat U koninkryk kom

God se koninkryk word nie tot ‘n bepaalde land of gebied ingeperk nie.  Dit strek oor die hele aarde.  En hier op aarde is God se koninkryk inderwaarheid die mense wat in Hom glo, en sodoende Sy koningsheerskappy oor hulle erken en bewaar.  Hom dien as onderdane onder God – die Koning van die koninkryk.

God regeer sy koninkryk met sy Gees en Woord en nie met wette en reëls soos ‘n aardse koninkryk nie en volg nie God se wil en regering navolg nie.  Hulle besef nie dat hulle verdwaal is nie en as hulle nie bekeer word en God as die enigste Koning erken nie, sal hulle nie deel in God se koninkryk nie.  Hier op die aarde los God sy uitverkorenes kinders nooit nie, al is ons so sondig.  Ons word weer herstel tot wedeliewende onderdane van God – want hulle erken God, die enigste God en as nederige God oor die aarde en hemel.  As hulle die evangelie navolg en glo en vertrou met hulle hele hart en siel. 

Hier op aarde is God se heerskappy duidelik en die Vader se koningskap wat oor hulle heers.  God maak sy koninkryk sigbaar deur Jesus Christus.

Ons het nou al vasgestel die Koning van die koninkryk God self is, onse Vader en dat daar geen ander God is nie.  Hy regeer vanuit sy koninkryk oor alle mense.  So nou kan ons vra:  maar waar is hierdie koninkryk? Die antwoord is maklik –  daar in die hemel en op aarde.  En op die aarde is dit nie net ‘n spesifieke area of land nie, Sy koninkryk strek oor die hele aarde.  En ons weet God se koninkryk is in die hemel, waar Hy Koning is en almal wat in die hemelse koninkryk is – saam met Hom – hom volmaak dien en eer en loof en prys.  Dit is waarheen ons oppad is as ons kinders, en onderdane is van God die Koning.

En hier op aarde?  Hier op aarde is dit natuurlik anders: ons is nie volmaak, soos die hemelinge nie, maar sondige mense met ‘n aardse gesinde deur mekaar beg………….. van wie is God die Koning en a.g.v. die invloed van die satan die wêreld te aanbid en nie vir God nie.

God laat dit nie so nie.  Die hele aarde en alles en almal wat daarop is behoort aan God daarom wil Hy dat alles en almal op die aarde Hom erken as die Koning en Hom gehoorsaam en dien.  Daarom stuur Hy sy Seun om Hom as Vader en Koning aan te kondig.  Daarom ook met sy dood en opstanding het Hy die wêreld oopgemaak om Hom as Koning te erken en te dien en die Koninkryk van God ervaar.  Deur Jesus Christus het die koninkryk van God weer helder en duidelik deurgebreek hier op aarde en dit weer duideliker en sigbaar te maak vir alle aardse bewoners:  Die kerk is deel van God se koninkryk, want dit is Christus se liggaam – so die Christene, die kerk, behoort die koninkryk van God duideliker en helderder te maak en deur die Heilige Gees wat deur Jesus uitgesluit is – gaan Jesus voort om in die mense wat in Hom glo die koninkryk van God al duideliker en sigbaar te maak.