FILIPPENSE

Hoof tema

4:4      Wees altyd bly in die Here

Die brief is uit die gevangenis geskryf aan die eerste gemeente wat Paulus op Europese bodem gestig het. Hy begin om iets mee te deel van die omstandighede waarin hy hom bevind en bedank die gemeent vir hulp verleen wat hy van hulle ontvang het.  Hy is besorg oor die eenheid en welstand van die gemeente wat bedreig word deur dwaalleraars.  Die nuwe lewe in Christus word dan deur God geskenk aan die wat glo.  Hierdie lewe oortref alle ander dinge en bring vrede en blydskap ongeag die omstandighede van die gelowige.  “Wees altyd bly in die Here”.

(Afr 83)

Temas

Nederigheid:  Jesus Christus het gewys wat ware nederigheid is toe hy gedaal het van God-wees na mens-wees en toe nog sy lewe gegee vir ons skuld en sondes.  In ons diens aan ander moet ons Jesus se voorbeeld volg en om die belange en aspirasies prysgee om ander met vreugde, liefde en vriendelikheid dien.

Selfkruisiging:  Jesus Christus is gekruisig en het gesterf sodat ons die ewige lewe kan hê.  Hy het die christen die vermoë gegee tot selfkruisiging.  Dit is om jou “eie ek” te kruisig vir Sy bediening.  Kruisig jou selfgesentreerdheid en dra ander se belange op die hart.

Eenheid:  Eenheid is baie belangrik tussen gelowiges en in ‘n gemeente.  Gelowiges het gemeenskaplike vyande.  Soms, veral as ons swaar kry behandel ons mekaar as vyande.  Dit moet staak, ons moet verenig en saamwerk in liefde, dan is Christus se krag soveel meer oorvloedig.

Verlostes:  Paulus roep gelowiges om as verlostes te lewe, ‘n lewe wat klop met die evangelie!  Paulus sê die Filippense moet groei en ontwikkel tot Geestelike volwassenheid.  Die ontwikkeling begin met God se werk in jou.  Daar moet volgehoue selfdissipline en volgehoue inspanning van jou kant kom.

Blydskap:  Gelowiges kan volle vrede en gemoedsrus ervaar, wat ook al met hulle gebeur.  Ward blydskap word nie deur omstandighede veroorsaak nie, maar deur innerlike krag.  Christus gee ons die krag, jy kan dus bly wees selfs wanneer jy baie swaarkry!

HOOFSTUK  1

1:1-2       Seën groete

Die brief kom van Paulus en “Timoteus” – die jongman wat by Paulus was toe die gemeente gestig is en Filippi binnekort weer sou besoek (2:19).  Aan almal wat aan God behoort – wat eenkant gesit is vir Sy diens.  Die ouderlinge (gemeente leiers; “opsieners” vlgs Ou Vertaling) en diakens (helpers) word spesiaal genoem.

1:3-11     Dankseggers en gebed vir die gemeente

Paulus begin deur noem hoedat hy dikwels God dank vir hulle en alles wat hulle doen, en daarna noem hy sy voorbidding vir hulle.  Paulus spring weg met sy positiewe gesindheid teenoor hulle en hy brei uit oor die aard van sy persoonlike verhouding.

Paulus is baie na aan hierdie gemeente en hulle aan hom.  Hulle is al meer as ‘n dekade saam en het ‘n permanente band gevorm.  Mens kan dit sien in sy boodskap wat uit hierdie brief straal.  Hy sê hulle deel selfs almal saam in die genade wat God gee, sowel in my gevangeniskap en in die verkondiging van die evangelie.  Daarom jubel hy oor hoe hy God vir hulle dank.  Hy is oortuig God se werk in hulle sal voortduur tot die dag wat Christus terugkom.  God se werk vir ons het begin toe Christus aan die kruis gesterf het en Hy sodoende die skuld vir ons sondes betaal het.  Sy werk in ons begin wanneer die Heilige Gees in ons kom woon en die bekering bewerk.  Hy verander ons wil sodat ons al hoe meer wil doen wat Hy wil hê.  Hierdie proses van Geestelike volwassen wording duur voort totdat Jesus weer kom.

Jy sal weet hoe dit dikwels voel asof daar geen vordering in jou geestelike lewe is nie.  Hier kry jy die versekering dat God alles wat Hy aanpak, voltooi!

Paulus het alles genoem wat goed is by die filippense, nou kom hy by ‘n leemte, hulle het lief, maar dit moet meer word sodat hulle ‘n beter begrip en ‘n fyn aanvoeling ontwikkel vir wat goed en wat sleg is. Paulus het God gevra om dit by hulle te bewerk.  Hulle het tog liefde, hulle het vrede, hulle wil doen wat God wil hê.

1:12-26   Bevordering van die evangelie ondanks gevangenerskap

Paulus stel die Filippense gerus dat die evangelie nie ‘n terugslag gehad het agv sy gevangenisskap nie ;  sy rowwe omstandighede het selfs gedien tot ‘n voorsprong vir die evangelie.  Die hele keiserlike wag weet nou van Paulus se geloof, en van  wat hy glo dra hy self die word met oortuiging uit.  Hy is verheug dat Christus gepreek word.  Deur die Filippiens se gebede en die help van die Gees van Jesus is Paulus oortuig dat sy omstandighede sal draai.  Of Paulus nou lewe en aanhou om die evangelie te verkondig en of hy sterwe en na Christus gaan, hy doen dit om God te verheerlik.  Hy is oortuig dat hy losgelaat sal word en sal sy kerkdiens onder die Filippiens voortsit.  Wees altyd bly in die Here.

1:27 – 2:4    Vermaning tot standvastigheid, eensgesindheid en nederigheid

Daar is net meer as ‘n sweempie van verdeeldheid in die gemeente.  Paulus moedig hulle almal aan om hulle trots en hoogmoed in die sak te steek en te leef, te werk en te dink as een.  Enige iets anders om eerbiedig te wees teenoor die een wie se lewe op aarde die toonbeeld van nederigheid was.  Dit is omdat Jesus alles prysgegee het wat na regte syne was – selfs sy Godheid en sy lewe – vir ons skuld en sondes.  Die straf wat ons moes dra, maar nie kan nie.  God het Hom bo almal tot die hoogte eer verhef!!

Paulus beklemtoon geestelike eenheid, die gelowiges moet eensgesind wees – een in liefde, een in hart en een in doel.  Gee jou selfgesentreerdheid in jou “eie” ek met jou priorityte op en open jou hart vir ander en hulle probleme.  Julle moet nie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan die van ander.

2:5-11     Die voorbeeld van Jesus Christus

Paulus se vermaning om te verenig deur vernedering is gekoppel aan Jesus as die uiterste voorbeeld van vernedering en nederigheid.  Meer kommentaar is al geskryf oor 2:6-11 as oor die hele res van die Filippense gekombineerd.  Hierdie deel is heelwaarskynlik ‘n vroeë Christelike lied, of geskryf deur Paulus of gebruik deur Paulus, want dit druk sy oortuiging uit.

2:6-11 Is die mees uitgesproke paragraaf oor Christus in die hele Nuwe Testament.  Dit lig die volgende punte uit:

Jesus Christus was nederig, gewillig om sy regte prys te gee om God te gehoorsaam en mense te dien.  Dit is hierdie gesindheid waartoe God jou ook oproep.  Dien! – omdat jy God lief het.

As mens het Jesus God vir ons teenwoordig gemaak en kan ons God leer ken.  Ons moet God nedering dien, want God verhewe die wat hulleself verneder. 

2:12-18   Ligdraers in die Wêreld

Nou pas Paulus die voorbeeld van Christus se menslikheid en gehoorsaamheid aan die Filippien kerk, nou al meer as tien jaar.  Net soos hulle altyd gehoorsaam was, en omdat God in hulle werk, so moet hulle aangaan om te werk uit hulle verlossing.  Verlossing sluit in ons heelhartige reaksie op die genade van God.  Die opdrag kan steeds deur ‘n leeftyd wat vol ontsag en eerbied vir God is, moet julle wys dat julle gered is.  In 2:14-16 spel Paulus dit uit wat dit beteken om ‘n leefstyl te hê wat wys dat jy gered is:

Deel van die werk as uit verlossing slaan neer in eenheid in die gemeente.  Hierdie eenheid moet sigbaar wees.  Dit is mos God wat julle gewillig maak om te doen wat Hy wil en Hy gee julle ook die vermoë om dit te kan doen.  Paulus was tevrede, selfs al sou hy moes sterf, want hy het God se mens in Filippie gehelp om die regte lewenstyl te ontwikkel.  Dit wys dat opoffering te wille van Christus ‘n rede tot blydskap is.  “Wees altyd bly in die Here”.

2:19-30   Die sending van Timoteus en Epafroditos

2:19-24   Timoteus gaan Filippi toe.

Paulus skryf dat hy Timoteus, wat die gemeente goed ken gaan stuur en as dit die Here se wil is sal hy ook graag die Filippense wil besoek.  Paulus is baie lief en seker in ‘n mate afhanklik van Timoteus en sou dalk graag wou gehad het hy moes eerder bly.  Paulus kruisig sy “eie ek” en sy beloange en benodighede en stuur vir Timoteus na Filippie om hulle op hoogte van sake te hou en dan die nuus aan hom te kom oordra.

Hy stuur ook vir Epafroditos wat vroeër van die Fillipensers afgekom het om Paulus by te staan.  Hy was inderdaad dodelik siek, maar Paulus hoop om hom terug te stuur.  Hy stuur hom om die gemeente tot ruste stel.  Paulus is weer onselfsugtig,  Epafroditos se mense en die Filippense se bekommernis is vir hom baie belangriker as sy eie ongerief.

HOOFSTUK  2

3:1-21     Die ware geregtigheid

“Verder my broers, wees bly in die Here!”   (3:1)

Daar is dwaalleers in Filippense wat verkondig dat benydenis baie noodsaaklik is om gered te word.  Paulus is bekommerd oor die Filippense sê dat hulle moet “vas staan en getrou bly” aan die Here.  Hy sê dat ons wat God deur Sy Gees dien in Jesus Christus maak nie staat op uiterlike dinge nie.  Daar is geen plek vir besnydenis nie.  Dit is net ‘n uiterlike prosedure dit nie te make het met verlossing nie.  Net geloof in Christus.  Baie van die gelowiges van Filippense het ongelukkig reeds hulle geloofsekerheid aan uiterlike sigbare dinge gekoppel.  Paulus noem sy eie lewe beklemtoon dat hy eers ‘n fariseer en Jood was en weet waarvan hy praat.  Paulus weet toe hy tot bekering gekom het, was dit nie vanwee sy goeie hoedanighede nie, maar vanwee die genade van Christus.  Met sy eie lewe as voorbeeld wil Paulus die filippense laat besef:  dit is nie met eie prestasies en goeie hoedanighede wat hulle voor God gaan staan nie, maar met die feit dat Christus hulle syne gemaak het en hulle Hom as Here ken.  Hierdie ken, is om ‘n intieme verhouding met Hom te hê.  Dit is om die krag van sy opstanding te ondervind, om deel te hê aan sy leiding en deel te hê aan die opstanding uit die dood.

Paulus wys hier dat gelowiges hulle moet inspan om die dinge wat Christus gedoen het, vir hulleself toe te eien en te leef met Christus as voorbeeld.  Paulus sê hy volg die voorbeeld van Christus en hulle moet ook hulle inspan om Christus te ken.

HOOFSTUK  3

41:2-9     Die Christelike lewenswandel

“Wees altyd bly in die Here”   4:4

“Ek herhaal wees bly!”

Die filippense moet in alle omstandighede dankbaar en bly wees Paulus se eerste aandag is op eenheid. Daar mag geen onrus tussen ons wees nie, ons moet verenig en saam werk vir God.  Die Filippense moet angstigheid vervang met vreugde en geluk en bid en vertrou dat God se vrede hulle harte en verstande sal beskerm.  Hulle moet hulle gedagtes rig op positiewe dinge wat reg is.  Dan sal hulle dit meer ervaar dat die God wat vrede gee by hulle is.

4:10-20   Dank vir liefdegawes van die gemeente

Die apostel betuig sy waardering vir die gemeente se liefdesgawes.  Van die heel begin af het hulle hom ondersteun en nou nog.  Paulus het geleer om in alle omstandighede reg te kom, armoede en oorvloed, genoeg om te eet sowel as hongersnood.  Hy kon dit net doen deur Christus wat hom krag gee.  Geen wonder Paulus is so lief vir hierdie christene nie, hulle is getrou, lojaal, vrygewig en innemend.  Paulus verseker die Filppense dat God in al hulle behoeftes sal voorsien.  “En God wat vrede gee sal by julle wees”.  (4:9)

Groete

Die briefstaf bestaan uit verskillende groetes, self van die wat aan die keiser se huis verbonde is, en die gebruiklike seëngroete.

→  Die gemeente in Filippie was ‘n model gemeente.  Alhoewel daar mense was uit alle sfere van die samelewing het hulle geleer om as ‘n eenheid te funksioneer.  Paulus beklemtoon in sy brief dat deur hulle instelling op Christus, hulle sal leer om nederig te wees, blydskap en vrede te ervaar en eenheid en een-heid met medegelowiges.

    “Wees altyd bly in die Here”