
TESSALONISENSE 1
Tema: Wederkom van die Here
- Die Here kom ! –
Geloof , liefde en hoop – Die geeste van die gelowiges wat reeds dood is, sal saam met Jesus kom wanneer Hy terugkeer. Hy sal hulle liggame opwek, verheerlik en Gees en liggaam herenig. Dan gaan alle gelowiges die wat nog lewe sowel as die wat reeds gesterf het, saam by die Here wees. Die dood is nie die einde nie dit is ‘n wonderlike, heerlike omskakeling en begin saam met die Here. Jy glo dat die Here kom en daarom moet jy met jou leefstyl wys dat jy uitsien na sy terugkeer. Lê jou steeds meer en meer daarop toe om te leef soos God dit wil hê.
Moenie moedeloos raak nie. As God een deur vir jou toemaak, is daar ‘n ander wat Hy wil hê jy moet gebruik. Glo, hoop en vertrou, God sal jou lei.
HOOFSTUK 1
1:1 Seëngroete
Alhoewel Paulus waarskynlik die hoofskrywer van die brief is, stel die brief dat daar drie outeurs is:
Paulus, Silvannus en Timoteus. Paulus beklemtoon sommer uit die staanspoor dat die gemeente behoort aan God die Vader en die Here Jesus Christus. Hy bid hulle genade en vrede toe.
1:2-10 Die voorbeeld van die Tessalonisense
Paulus begin deur te sê hy dank God vir hulle, vir hulle geloof en standvastigheid en die harde werk wat hulle in die begin ingesit het wat nou nog vrugte dra. Die Tessalonisense se reaksie op die evangelie boodskap, en alles wat sederdien gebeur het selfs deur hulle swaarkry, is iets om God voor te dank. Nie net het hulle vas bly staan nie, hulle het binne maande ‘n goeie voorbeeld van onwankelbare geloof vir al die gelowiges in Masedonie en Agaje. Deur hulle woorde en hulle lewe het hulle die goeie evangelie oralom sigbaar verkondig. Hulle het gewys hulle God dien en God alleen, nie meer afgode nie en wag vir sy Seun Jesus se terugkeer.
As jy uitsien na die Here se terugkeer en altyd so leef dat jy gereed is om Hom te ontvang, dien dit as versekering vir jou dat God jou uitgekies het.
HOOFSTUK 2
2:1-16 Paulus se werk in Tessalonika
Dit is duidelik dat Paulus se teenstaanders sy egtheid en waarheid besmet het. Paulus verdedig homself deur die Christene te herinner aan wat werklik gebeur het toe hy by hulle was: hy het nie toevalig daar opgedaag, homself beroep as ‘n prediker en hulle probeer mislei nie. God het aan hom, as apostel die ware evangelie gegee en dit is wat hy nou verkondig. Hy wil nie die guns van mense wen nie, nee, hy doen net wat God verwag. Hy maak dit duidelik hy is bereid om swaar te kry vir die evangelie. Ook was hy geensins op eie gewin ingestel nie, hy het gekom om te gee, nie te ontvang nie. Hy het hard gewerk om nie vir enige iemand ‘n ongerief te wees nie. En laastens, die Tessalonisense se ontvangs van die evangelie as die ware woord van God en hulle bereidheid om die woord uit te leef al staan hulle die gevaar om vervolg te word, bevestig sy boodskap en waarheid van die evangelie.
2:17 – 3-13 Paulus se begeerte om weer die gemeente te besoek – en Timoteus se goeie verslag oor die gemeente
Paulus raak skoon bedroewig as hy aan die gemeente skryf hoe hy verlang en hoe graag hy hulle weer wil sien. Hy het keer op keer gepoog om hulle te besoek, maar satan het hom elke keer verhinder. Ons kom almal altyd voor ‘n toe deur te staan, maar kyk, God maak ‘n ander vir jou oop. Teespoed kan egter ook soms deel van God se plan vir die gelowige wees. Beproewing bou jou op, dit kweek volharding. Die Here het nooit gesê dat die gelowiges net voorspoed sal geniet en nooit swaar kry nie. Hy belowe egter om met ons te staan deur die donker tye en ons krag en hoop sal gee. So as dit swaar gaan bid tot God vir krag en geduld. Glo, hoop en vertrou, dit sal weer beter gaan. God laat alles selfs swaarkry ten geode vir ons saamwerk.
Toe Paulus nie kon gaan na Tessalonika het hy vir Timoteus gestuur. Vir twee redes:
- Om te kyk hoe dit met hulle gaan en of hulle nog sterk staan in die geloof en blydskap.
- Is daar enige tekortkominge in hulle geloof wat aandag nodig het. Sien hulle nog met afwagting uit na Jesus se terugkeer? Paulus is met vreugde en dankbaarheid voor God geval wanneer hy ‘n baie goeie verslag terugkry van Timoteus. Hy wil egter nog baie graag persoonlik na hulle gaan en hy maak dit baie duidelik aan hulle dat hy aanhoudend poog om plan te maak. Hy vra God die Vader die pad na hulle sal oopmaak en hy bid dat God hulle liefde vir mekaar en vir alle menses al laat groei en oorvloedig maak. Ons moet nooit daaraan dink dat ons net die persone wat ons ken en wat na aan ons is moet liefhê nie, ons moet alle mense liefhê. Vreemdelinge ook. Dit is die grootste gebod van God dat ons Hom moet liefhê met ons hart, siel en verstand, en dat ons al ons naaste moet liefhê. Ons is almal die een en dieselfde liggaan van Jesus Christus. Kom ons werk dus almal saam in liefde om die kerk op te bou en Jesus te dien, soos Hy vra. Hy kom gou weer! Ons sien almal uit vir Sy koms en sal bly wees om Hom te sien, kom ons lewe so dat Hy ook bly is om ons te sien!
HOOFSTUK 3
4:1-12 ‘n Lewe volkome aan God toegewy
Paulus het hulle al mooi geleer hoe om God se wil te doen. Nou is daar ‘n paar sake waaroor hy hulle verder wil leer en eintlik berispe, maar Hy stel dit nie so kras nie. Hy sê Die Here die God wil die volgende van julle hê, en dan noem hy ‘n paar sake en moontlike oplossings wat nie van hom kom nie, maar van Jesus Christus:
Weereens eerste: onsedelikheid moontlik omdat dit ‘n groot probleem was in daardie tyd net soos nou in ons tyd! Mens sê natuurlik gesondheid maak dat jy maklik weer verlei word tot seksuele sondes. Ook jou seksuele lewe staan direk onder die bevel van Jesus Christus. ‘n Seksuele verhouding is gemaak deur God en bedoel vir een-tot-een permanente liefdesverhouding, naamlik die huwelik. Alle seks buite die huwelik is sonde. Al is jy en jou maat al jare saam, baie lief vir mekaar en gaan heelwaarskynlik eendag trou. Nou het julle maar seks, julle is mos lief vir mekaar! Dit is verkeerd, dit is sonde. Alle seks buite die huwelik is sonde. Julle moet wag tot julle getroud is. Anders moet julle die verhouding eindig. En dit is nie op advise van ‘n mens nie, maar as ‘n voorskrif van God (4:8).
Broederliefde: Jy wys met jou leefstyl dat jy weet dat God jou liefhet. Straal nou daardie selfde liefde uit na ander. Wees lief vir alle mense.
Voorsien self in jou lewensonderhoud: Die mense in Tessalonika het baie uitgesien na Jesus se terugkeer. Hulle het dit ook gou verwag. Daar het die praktyk onstaan dat mense nie meer gewerk en in hulle lewensonderhoud voorsien het nie. Hulle het net gewag “Jesus is mos oppad, ons het nie nodig om meer te werk nie”. En as dit te lank vat en hulle kwyn weg – beskuldig hulle Jesus. Paulus sê hulle moet werk, soos voorheen maar hy demp nie hulle entoesiasme nie.
Lewe rustig: Dit wys nie na rustig wees by die huis nie, maar by die werk. Hulle moet eerbaar en rustig wees by die werk.
Hou jou besig met jou eie sake: Moenie ‘n wysneus wees en in ander se sake inmeng nie. Sorg eerder dat jy jou roeping vervul op die vlak en terrein waar God jou geplaas het.
Werk met jou eie hande: Jy moet met jou eie hande werk. Hy het die opdrag van die Here om in jou huidige primêre roeping finansieël onafhanklik te wees.
Wees in hierdie sigbare gevalle ‘n voorbeeld vir ander en dan sal jy in ‘n posisie wees om ander te help wat swaarkry.
4:13-18 Die opstanding uit die dood
Die Tessalonisense het gedink dat Jesus se terugkeer binnekort gaan plaasvind. Toe van die gelowiges begin sterf, was dit vir hulle ‘n groot probleem en het hulle gewonder of die dooies dan die terugkeer gaan misloop. Die wyse waarop hulle gesterf het, het ook laat blyk dat hulle gedink het die dood is die finale skeiding. Paulus verduidelik dat dit nie die geval is nie. Sowel die skeiding tussen gees en liggaam as die skeiding tussen gelowiges onderling is net tydelik. Met Christus se terugkeer word gees en verheerlikte liggaam van die ontslapenes eerste herenig en dan gaan alle gelowiges, die wat reeds dood is en die wat nog lewe saam weggevoer, die Here tegemoet om saam met die Here te wees vir ewig.
HOOFSTUK 4
5:1-11 Die wederkoms van die Here
Die Tessalonisense sien baie uit na die wederkoms van Christus. Hulle verwag dit enige oomblik. Paulus herinner hulle dat die dag van die Here onbekend is en dat niemand die datum ken nie, al sê hulle so. Die dag kom onverwags. Ons moet dus gereed wees. Ons is tog mense van die lig so ons moet wakker en nugter wees. Ons moet ons nie van ons oogmerk laat afdwaal deur onbenullighede verkondig deur ander. Paulus sê ons moet die Christelike wapenrusting aantrek : dra geloof en liefde as die borsharnas en beskerm jou hart, sit op die hoop op verlossing as die helm op jou kop. Dit moet ook jou verstand helder hou. Ons moet geestelik en moreel standvastig bly en selfbeheerd en kalm wees. Ons hoef nie bang te wees nie. Die Here kom nie om te straf nie. Hy kom om te red en Hy gaan al die gelowiges die afgestorwenes en die wat nog lewe saam met Hom neem om by Hom te wees – vir ewig.
5:12-28 Laaste opdragte en Groete
Paulus sluit hierdie brief af met ‘n reeks opdragte wat die gemeenskapsdiens bevorder, respek en liefde vir leiers, industrie, handhawing van vrede – “leef in vrede met mekaar” – geduld vriendelikheid en meelewing en nie kwaad vir kwaad (vergifnis), blydskap, bid gedurig en aanhoudend, wees altyd dankbaar, moenie die Heilige Gees bedroef nie, doen goed en vermy die kwaad.
Dan groet hy die medegelowiges met soen van Christelike broederskap en soos gewoonlik bid hy hulle die genade van die Here Jesus Christus toe.
2 TESSALONISENSE
Hooftemas
Lyding: As Christene sal ons ly voor die wederkoms van Jesus. Baie mense voel dat dit nie die moeite en swaarkry werd is om vol te hou met die leefstyl wat God wil hê nie. Hulle hou op om hulle Christelike lewe te lewe en elke dag te werk vir hulle inkomste, hulle sit net en wag vir Jesus. Die wete dat Christus definitief gaan terugkom al weet ons nie wanneer nie, en jou van alle slegte en bose mense gaan verlos en jou in sy heerlikheid gaan laat deel, maak dat jy ten spyte van lyding nie moeg word om goed te doen nie. Met so uitsien na Christus se koms is dit maklik om vir hom te lewe en hom te dien in alles wat jy doen.
Die terugkeer van Jesus: Soos genoem het van die Tessalonisense gevoel dat die terugkeer sommer baie naby is en het daarom aangehou werk en net gesit en wag. Die toekoms ook die datum van Jesus se oorwinnende terugkeer is in God se hande, niemand weet dit nie. Die taak van die gelowige is om in die hede vas te staan, hard te werk, en so op Christus te wag.
Die laaste opstande – die wettelose mens: Voor Jesus Christus se terugkeer gaan daar in wettellose mens die ontchris, verskyn en baie groot opstand wek. Ons moet vashou aan Christus in God bid om die leiding van Sy Gees sodat ons die leuns sal raaksien en dit nie glo nie. God sal ons versterk en bewaar van die bose. In hierdie brief word daarop gewys dat die “wettelose mens” wat hom teen God sal verset en sal voorgee dat hy self God is, eers moet verskyn. Hy sal die goddeloosheid in die wêreld tot ‘n hoogtepunt voer voordat Christus terugkom. Daarna moet die gelowiges standvastig bly, voortgaan met hulle werk en nie moeg word om goed te doen nie. Christus bring redding.
HOOFSTUK 1
1:1-2 Groete
Eers die skrywers, dan die geadresseerdes Seëngroete.
1:3-12 Die oordeel met die wederkoms van Christus
Paulus dank God vir die gemeente se toenemende liefde ondanks die vervolging en lyding. Hulle lewens van geloof en liefde dien as getuienis dat hulle welluswaar deelgenote is van God se koningkryk waarvoor hulle so swaar kry. God is regverdig en Hy sal die straf wat hulle laat swaarkry en vrede bring vir die wat ly wanneer Jesus terugkeer in ‘n vuurvlam uit die hemel met sy heilige engels. Jesus sal die straf wat God nie ken nie en wat die evangelie van Jesus nie gehoorsaam, ‘n straf van ewigdurende verdoeminis en uitsluiting uit God se wonderbarlike mag. Paulus bid dat God hulle waardig sal ag in hulle roeping en hulle sal versterk om getrou te wees aan die evangelie en hulle liefde endless aan God. Hy bid dat die naam van die Here Jusus so deur hulle verheerlik word.
HOOFSTUK 2
2:1-12 Die wettelose mens
Paulus sê hier vir die gemeente om nie verward te raak oor die koms van Jesus nie. Hulle verwag Jesus baie gou, maar Paulus verduidelik aan hulle dat daar ondanks onlangse misleidings, eers sekere goed moet gebeur voor Jesus kom. Daar is selfs onlangs false getuies van Paulus self dat Jesus reeds gekom het. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die “laaste afvalligheid” nie gekom het nie en die wettelose mens nie sy verskyning gemaak het nie. Hierdie wettelose man sal met die krag van Satan baie tekens en wonders doen en selfs voorgee dat hy self God is. Hy sal hom verset teen al wat God geroem word of as heilig vereer word. Die dinge wat sal plaasvind word elders in die Nuwe Testament beskryf as die “tekens van die tye” in God se “eind-tyd vyand” – die antichrist”.
Die antichrist sal nie verskyn voor Jesus nie “weg” is nie en Jesus sal nie kom voor hy gekom het nie. Hulle hou mekaar dus “terug”. Die identiteit van hierdie wettelose man bly ‘n misterie, maar ons weet dat as Jesus kom Hy hom met die asem uit sy mond sal verdelg, en deur die glans van Sy verskyning sal vernietig. Ongelowiges sal verlei word deur die wettelose man en hulle sal veroordeel word deur God omdat hulle God se waarheid geweier het en hulle deur hierdie man laat verlei het. Ons as Sy liefevolle ware kinders sal Hy omhels en saam met Hom terugneem. Bly getrou aan die evangelie in God se liefde.
2:13-17 Aan God die dank
Nadat Paulus aan die Tessolonisese die harde waarheid vertel het van die wederkoms van Christus en die antichrist, stel hy hulle gerus deur God te dank dat hulle reeds gered is en uitverkies is. Hulle hoef niks te doen nie dit is God se onverdeelde goedheid, al wat hulle moet doen is glo in die evangelie en sterk staan in die geloof. Hulle het klaar deel aan die heerlikheid van ons Here Jesus Christus. So moet ons ook vandag hou by dit wat God in die Bybel openbaar. Ons is ook reeds gered en uitverkies om tot God se ewige heerlikheid. Bly weg van allerhande menslike leerstellings.
HOOFSTUK 3
3:1-5 Bid vir ons
Paulus bid vir die Tessalonisense dat hulle sal volhard in hulle geloof en gee aan hulle die gerusstelling dat God getrou is en hulle sal beskerm en bewaar van die Bose. Net God kan jou die krag gee om jou oë en gedagtes op Hom gerig te hou en jou te bewaar teen slegte mense en ongelowiges. Paulus vra egter ook dat die Tessalonisense dieselfde sal doen vir hom en vir hom sal bid sodat hy die Woord van God vining kan laat versprei oral. Hy moet ook bewaar en verlos word van slegte mense en die Bose en net die Here kan hulle bewaar in die liefde van God en die volhouding van Christus. Die Here weet jy kan dit nie uit eie krag doen nie en dat jy Sy hulp nodig het, maar Hy wil nog hê dat jy moet vra daarvoor en dankie sê. So bid getrou. Jy hoef nie in die aand of die oggend voor jou bed te kniel om te bid nie, jy kan heeldag tussendeur al jou dagtake met die Here kommunikeer. Vra as jy hulp nodig het en sê dankie as jy dit ontvang. Jy kan elke dag heeldag bid. Onthou met respek jy praat met die Here!
3:6-15 Die plig om te werk
“As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie” (3:106).
Soos reeds genoem het baie van die gelowige Tessalonisense die “indruk” gekry dat aangesien Jesus oppad is, hulle hulle werk moet staak en rustig sit en wag vir hom. Geen verdere werk of toekomsbeplanning is mos meer nodig nie. Nie net het hierdie mense ‘n finansiële las vir die gemeente geword nie, want hulle kan nie meer vir hulleself of hulle afhanklikes sorg nie, maar aangesien hulle so baie ledige tyd gehad het, het hulle hulle bemoei met ander mense se sake en so onrus in die gemeente veroorsaak. Paulus voel baie sterk oor die saak: In die naam van die Here Jesus Christus gebied hy hulle om te werk en hulle eie brood te verdien (3:13), wanneer die Here kom, wil Hy jou sien werk en lewe soos Hy dit graag wil hê. Jy moet sorg vir jouself en jou afhanklikes en genoeg oorhê vir die armes en nie moeg word om goed te doen nie. Paulus raai die gemeente aan om die mense nie verder te onderhou nie en hulle sosiaal te vermei. Die hongerte en eensaamheid sal dalk hulle oë laat oopgaan. Hulle moet ook hierdie mense tereg wys soos broers en nie soos vyande behandel nie. Wees vir hulle ‘n voorbeeld en wys hulle tereg op hulle weë en wat Jesus Christus verwag van Sy gelowiges.
3:16-18 Seën
Paulus eindig met ‘n seënwens van vrede en genade. Die Here sal met hulle almal wees. Hy groet soos gewoonlik in sy eie handskrif om die brief te waarmerk. Dit is soos ‘n handtekening, om vervalsing te voorkom. (Die Tessalonisense het skynbaar vals briewe ontvang soos blyk uit 2:2).