
2 KORINTIËRS
Die boodskap van 2 Korintiërs
Nadat Paulus 1 Korintiërs geskryf het, het sy verhouding met die gemeente merkwaardig verswak, danksy ‘n paar hardkoppige teenstaanders. Paulus het Korinte besoek toe hy in Efese was en dit met nog ‘n brief opgevolg (die trane” – brief van 2 Korintiërs 2:4, 7:8-9, 12:14, 13:1). Dit beteken 2 Korintiërs is in werklikheid Paulus se vierde brief wat hy aan die hierdie moeilike gemeente geskryf het.
In die tyd toe hy hierdie brief geskryf het, het sommige Korintiërs wat vroeër Paulus se apostoliese gesag bevraagteken het, berou betoon en hulle ondersteun hom nou (2:5, 8-9, 5:12, 7-16) ‘n Minderheidsgroep binne die gemeente bevraagteken egter steeds of Paulus die reg op apostoliese gesag het (2 Kor 10-13). Boonop het daar ‘n paar vals apostels in Korinte aangekom en wat teengestaan moet word (11:1-15). In ‘n uiterlike persoonlike en emosionele brief verdedig Paulus sy gesag as ‘n ware apostel van Jesus Christus, asook sy leefstyl en bediening. Hy word gedwing om homself te verdedig omdat die evangelie en die geestelike lewe van die Korintiërs op die spel is.
* Die geillustreerde Bybel- Handboek bl 798, 800
HOOFSTUK 2
1:1-2 Seëngroete
Paulus stel homself voor as ‘n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Hy stel homself dalk so voor omdat ons weet dat sy apostelskap in twyfel getrek word deur sommige in die gemeente. Die brief is gerig aan die gemeente van God in Korinte, die hoofstad van Agaje en aan al God se mens in Agaje. Sy kerk. Hy eindig sy groete met ‘n seën af van God ons Vader.
1:3-11 Danksegging na ‘n moeilike tyd
In sy inleiding dank Paulus God die Vader en Here Jesus Christus.
Hy wat Hom oor ons ontferm en moed gee in alle lyding. As daar beproewing kom dan bemoedig Hy. Dan vertel Paulus van sy swaarkry in die provinsie Asie. Hy het swaar gekry en selfs hoop verloor. Hy het gevrees vir sy lewe. Maar op God was hulle hoop gevestig, Hy sal red. Dan dank hy die gemeente vir hulle hulp wat meegewerk het. Hulle het gebid en so het die gebede van baie vir hulle die seën van God gebring. Hy dank hulle.
1:12-2:4 Die verandering van Paulus se reisplan
Paulus reageer eers deur te sê dat hy optree met die eerlikheid van God en dat hy nie deur menslike wysheid gelei word nie, maar deur die genade van God. Dan verduidelik hy hoekom hy sy reisplanne verander het. Sy optrede was sekerlik nie foutloos nie, hy is maar net ‘n mens, maar hy het ‘n egtheid en eerlikheid, getrou aan sy roeping en bestuuring van God gehandel. Hy het hom gedurig afgevra wat God se Wil is. As hy dan trots is, is dit uitsluitlik op die genade van God wat hom dra. Sy gewete of bewussyn leef uitsluitlik uit die genade van God en nie uit eie menslike wilsbesluit nie. Paulus sê dat die gemeente hom nog nie ten volle verstaan nie, maar by die terugkeer van die Here Jesus sal die gemeente ten volle verstaan wat Paulus bedoel het en wat die betekenis van sy arbeid onder hulle was. Hy roep God self in as getuig dat dit beter is dat hy hulle nie besoek nie wat hulle staan mos vas in die geloof. Daarom skryf hy liewer aan hulle. Hy sê dat God hulle vir Hom afgesonder het; Hy het hulle met die Heilige Gees in die hart gevestig: So het Hy die gelowiges gekenmerk as die eiendom van God. Die Heilige Gees is die belofte van die Heerlikheid wat nog kom.
Paulus sê dat hy hulle nie wou besoek nie omdat hy bang was vir hartseer. Hy was bang dat hy streng teen hulle sou moes optree en dat dit nog meer droefheid tot gevolg sou gehad het. Daarom skryf hy liewer aan hulle. Hierdie brief die “trane brief” het waarskynlik verlore gegaan, maar sommige reken dat dit wel 2 Korintiërs 10-13 gereken kan word. In die trane brief wou Paulus die gemeente weer oortuig van sy groot liefde vir hulle en dat hy hulle nie weer hartseer wou maak nie. Volgens alle aanduidings het die trane brief gewerk. Titus het nadat hy dit afgelewer het goeie berugte teruggebring. (vg 17:5-7)
* ‘n Eenvolume kommentaar bl 1818, 1819
2:5-11 Vergifnis vir die oortreder
Paulus praat hier van ‘n oortreder. Hy sê nie watter spesifieke daad die oortreder skuldig aan is nie. Die oortreder het waarskynlik aanklagte teen Paulus, sy apostelskap en sy verhouding met die gemeente ingesluit. Baie Korintiërs het teen die oortreder gedraai en hom bestraf. Dit is waar dat die oortreder die gemeente hartseer gemaak het, maar sy straf was genoeg. Paulus vra nou dat hulle hom moet “vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. As hulle hom vergewe, sal Paulus ook. Hulle versoening is noodsaaklik dat Satan nie ‘n kans kry om die gemeente skade te doen nie.
2:12-17 Die triomf van die evangelie
Paulus word gelei deur Christus. Hy volg vir Christus deur sy verbondenheid aan Hom en God gebruik Paulus om die “Kennis van Christus”, die evangelie, wat “oral soos ‘n aangename geur” versprei word om lewe deur die evangeliete bring. Hy verkondig die evangelie in verbondenheid met Chrisrus, in opdrag van God. Nie vir geld.
HOOFSTUK 3
3:1-18 Bedienaars van ‘n nuwe Verbond
Paulus wil homself nie aanprys nie. Hy het nie ‘n aanbevelingsbrief nodig nie. Die gemeente van Korinte is sy aanbevelingsbrief, nie geskryf op klip, maar geskryf op hulle geestelike harte, deur die Gees, die Gees wat lewend maak. Uit homself is hy tot niks bekwaam nie. Sy bekwaamheid kom van God, wat hom bekwaam gemaak het om ‘n bedienaar te wees van ‘n nuwe verbond, bedienaar van die evangelie. Hierdie verbond skyn in heerlikheid en sy glans verdof nie. Waar die Gees van die Here is, is daar Vryheid. Daarom moet ons al hoe meer verander om die beeld van Christus nog duidelikker deur ons doen en late te vertoon. Ons word al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
HOOFSTUK 4
4:1-6 Die apostels verkondig Jesus Christus, die Here
God het hierdie evangelie aan Paulus opgedra, daarom raak hy nie skaam of moedeloos nie. Hy maak net die waarheid aan elkeen bekend wat ‘n gewete voor God het. Nie almal aanvaar egter Paulus se boodskap nie, want hulle is verblind deur die God van hierdie wêreld. Paulus verkondig Jesus Christus as die Here terwyl hyself net ‘n dienaar is ter wille van Jesus Christus. Dit is God self wat ons verlig om die evangelie te kan verstaan.
4:7-15 ‘n Skat in kleipotte
Ons wat hierdie “skat” (die heerlikheid van God) in ons het, is maar breekbare kleipotte, maar die krag wat ons beskerm kom van God. Hierdie kleipot moet allerlei gevare trotseer. Al word die kleipot verdruk, verleë, vervolg, neergegooi en al lyk dit of dit vernietig gaan word, gryp God telkens in om die kleipot te bewaar. Simbolies verwys die breekbaarheid van die kleipot ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word. On sweet ook dat net soos God die Here Jesus opgewek het dit die dood en aan Hom ‘n ereplek by Hom gegee het, so sal God ons ook uit die dood opwek en voor sy troon stel. So sal God ons deur ons lyding neem laat triomfeer. Aan God die dank en eer.
HOOFSTUK 5
4:16 – 5:10 Lewe deur die geloof
“Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe” (4:16). Ons word dus nooit moedeloos nie. Ons swaarkry op hierdie aarde is tydelik en gaan sommer gou verby, en die heerlikheid wat voorlê, oortref alles verreweg en sal vir altyd bly. Daarom is ons oë nie meer op die verganklike sigbare dinge nie, maar op die ewige onsigbare dinge. Ons aardse bestaan is ‘n tydelike tent- woning, dit sal eendag plek maak vir ‘n ewige stewige gebou wat deur God gebou is. Terwyl on snog in die tentwoning met al sy versugtinge leef verlang ons na die woning uit die hemel. God berei ons voor vir hierdie oorgang. As waarborg hiervan het Hy vir ons sy Heilige Gees gegee. Daarom is ons altyd vol moed vir elke dag se seer en swaarkry. Deur geloof is ons by die Here, maar in liggaam nog op die aarde, omring deur swaarkry. Waar ons ook al leef, ons is van een ding seker; dat ons moet leef soos Christus dit wil hê totdat ons voor sy regterstoel moet verskyn. Lewe dus deur geloof, nie sien nie.
5:11 – 6:2 Die bediening van die versoening
Paulus sê ons beoordeel van nou af nie meer volgens menslike maatstaf nie. “Christus het vir almal gesterf, sodat die wat lewe, nie meer vir hulleself moet leef nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is”. Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens”. God het ons deur Christus se sterwe en opstanding met Homself versoen en aan ons die bediening van versoening toevertrou. Dit is die liefde van Christus en God se versoening wat Paulus se hele bediening dra. Ons leef tog nie vir onsself nie, maar vir Hom wat die hoogste prys betaal het. Ons sien ons medegelowiges ook nou deur nuwe oë. Deur God se versoening behoort ons ook nou die boodskap van versoening te gaan leef. Ons moet mense gaan oortuig dat God self die breuk tussen Hom en die sondaarmens heelgemaak het en Homself met ons versoen het. Daarom moet ons die versoening gaan leef. Paulus doen ‘n beroep op die Korintiërs om so te leef dat dit sigbaar word dat God se genade aan hulle nie tervergeefs was nie. Die pleidooi word versterk deur ‘n aanhaling uit Jes 49:8 waarin die dienaar van die Here bemoedig word. Die tyd is nou! Nou is dit die dag van redding.
HOOFSTUK 6
6:3-13 Paulus se geloofwaardigheid as ‘n dienaar van God
Paulus wil tog net nie vir iemand aanstoot gee nie. Hy bevestig sy geloofwaardigheid as ‘n ware dienaar van God. Dit moet hy doen met baie geduld in verdrukking, ontbering en nood. Hy is deur baie ontbering, selfs gevrees vir sy lewe, maar dit alles het hy gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die word van die waarheid en deur die krag van God. Met sy gedrag wat sy woorde ondersteun, herinner Paulus nou die Korintiërs dat hy sy hart vir hulle wyd oopgemaak het en nie sy liefde van hulle weerhou het nie. Baie van hulle respekteer hom egter nog steeds nie soos hy as apostel verdien nie. Hy praat nou soos ‘n Pa met sy kinders : “maak julle harte ook wyd oop!” (6:13).
Paulus se geloofwaardigheid het gelê in alles wat hy gedoen en gesê het in die krag van God, deur die Heilige Gees. Sommige Korintiërs het ongelukkig nog agv toe harte en wêreldse gees, gefaal om dit raak te sien.
6:14 – 7:1 Vermaning teen heidense invloed
Paulus wil die gemeente van God suiwer van ongelowiges en afgode. Hy begin dan direk deur te sê dat daar geen vermenging tussen gelowiges en ongelowiges kan wees nie. Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial (Satan). Ons is immers die lewende tempel van God en mag dus met geen afgode meng nie. Paulus haal dan die verbond van God aan. Hy sal tussen ons leef en ons God wees. Hy sal ons Vader wees, en ons sy kinders. Let op dat die inisiatief van God kom. Die Korintiërs moet nou die grense tussen die tempel van God as beeld van die gemeente en die afgode duidelik trek. Geen kompranieë is moontlik nie. Ons hoor die treffende verbandsformule : “Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees (6:16)”. Die gelowiges moet nou so leef dat dit duidelik is wat hulle geword het; die volk van God en lede van die huisgesin van die lewende God. Dit beteken in leefstyl moet hulle slegs gehoorsaam wees aan God. Sonde moet vermy word. Hulle is nou “aangeneem” deur God en hulle leefstyl moet dit bevestig.
Dit beteken om ons te suiwer van alles wat die liggaam en die Gees verontreinig. Die allerdaagse leefwyse moet getuig van volle toewyding as sigbare getuienis van God se groot verlossing – en dit alles uit eerbied vir Hom.
HOOFSTUK 7
7:2-16 Paulus se blydskap oor die koms van Titus en oor goeie berugte
Al is hulle reeds versoen, bevestig Paulus weereens die noodsaaklikheid van volkome versoening van die kant van die Korintiërs: “maak vir ons plek in julle harte” (7:2) Uiteindelik versoening! Na Paulus se besoek aan die Korintiërs wat tot droefheid gelei het, het Titus die “trane brief” (soms die “kwaai brief” genoem) na Korinte geneem. Nou ontvang Paulus die boodskap wat die gemeente tot inkeer gekom het, en hy beskou dit as God se deernisvolle hand van vertroosting. Al was hy eers jammer dat hy so ‘n brief aan hulle moes skryf, is hy nou bly dat dit tot opregte berou en versoening gelei het. Om jammer te wees oor ons sonde is nie dieselfde as berou nie, en berou is noodsaaklik vir versoening en bekering. Paulus is oorstelp van vreugde omdat Titus grootliks deur hierdie uitkoms bemoedig is. Nou kan Paulus volkome vertroue in die Korintiërs hê (7:16).
* Die geillustreerde Bybel Handboek bl 808
HOOFSTUK 8
8:1-5 Die Christelike vrygewigheid
Paulus raak nou ‘n saak aan wat hom na aan die hart lê. Die liefdeswerk en kollekte vir die behoeftige gelowiges in Jerusalem. Hy neem die voorbeeld van die gemeentes in Masedonië wat in die genade van God in vreugde, bo hulle vermoë bygedra het. Al was hulle swaar beproef deur verdrukking en arm. God verwag egter nie dat ‘n mens bo jou vermoë gee nie. Die “christelike vrygewigheid” verwag nie dat jy jouself tekort doen om ander te help nie. Elkeen gee volgens sy vermoë “as die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie” (8:12). Die model vir vrygewigheid is natuurlik Christus. Hy was ryk by Sy Vader, maar het homself verneder en mens geword. Hy het arm geword ter wille van ons sondaars sodat ons ryk kan word aan geestelike rykdom. Paulus vra nou die Korintiërs om die liefdesgawes wat hulle vroeër uit spontane, liefdes wil begin het, te voltooi. Hy noem weereens dat hulle nie gebrek moet ly om ander te help nie, daar moet ewewig wees. Hy haal dan aan uit Eks. om die punt te ondersteun.
As Christene moet ons liefhê. Omdat ons lief het, moet ons uit vrygewigheid gee, gee wat ons het. God sal ons gawe aanvaar. Ons naaste ook.
8:16-24 Die sending van Titus
Paulus is gesteld dat die wegbring van die geld na Jerusalem ordelik en korrek is, “nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense”. Hy stuur nou vir Titus en twee ander broers wat getoets is en bewys is om ywerig te wees om te help en gesteld is daarop om die evangelie te bevorder.
Die gemeente word gevra om die drie broers in liefde te ontvang is eer vir Christus.
HOOFSTUK 9
9:1-15 Hulpverlening aan die gelowiges
Ons kom weer by die hulpverlening aan die gelowiges in Jerusalem. Viver het Paulus die Masedoniers as voorbeeld gebruik van hul vrygewigheid, nou doen hy weer die omgekeerde. Hy praat van hoe hy by die Masedoniers gespog het oor die Korintiërs se insameling wat al die afgelope jaar ruim lewe. Hy vra dat hulle hulle bydraes in ‘n dankbare hart sal laat voortgaan en die insameling voltooi. God het tog ook aan hulle ruim gegee, nie as vergoeding, maar as God se onverdiende seen. God het immers die blymoedige gewer lief. God sal ook nie ophou gee: “En God is by magte om aan hulle alles in oorvloed te skenk sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê, en volop kan bydra vir elke goeie werk” (9:8), so hulle kan ook aanhou gee. Hoe meer ‘n mens gee, hoe meer voorsien God aan die gewer. Die gemeente in Jerusalem sal God dank oor die bediening van hierdie hulp. Die kollekte gaan dus nie net oor die verligting van die nood in Judea nie, maar ook oor die uiting van die christelike vrygewigheid. So word daar aan God al die eer toegebring. Die mense van Judea sal nie net die Korintiërs bedank, maar ook vir God prys oor hul gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus en hul opregte mededeelsaamheid. Die dank kom God toe vir Sy onuitspreeklike gawe, sy seun Jesus Christus.
HOOFSTUK 10
10:1-18 Paulus verdedig sy apostoliese gesag
Paulus verdedig met erns sy apostoliese gesag. Hy het volmag van die Here ontvang. Die wapens waarmee hy sy stryd voer, is die kragtige wapen van God, nie van mense. Selfs elke gedagte word gehoorsaam gemaak oor Christus. Die Here het hom bevoegt gemaak om hulle in die evangelie teleer, in brief en in persoon. Hulle moet dit so aanvaar, hy werk in die perke wat Christus hom toelaat. Hy hoop dat hulle geloof steeds sal groei, tot so mate dat hulle “sukses” ook in ander streke aansporing bevorder. Paulus wil graag op hulle roem, in sy werkkring, op sy werk. “Maar die Skrif sê hy wat roem moet in die Here roem” en hy sal dalk net deur die Here geprys word.
HOOFSTUK 11
11:1-15 Paulus en die vals apostels
Paulus vra dat die gemeente hom ‘n bietjie “dwarsheid” verskoon. Sy “dwarsheid” is ‘n bietjie trots en roem op sy bevoegtheid. Hy waak oor hulle want hy voel oor hulle soos oor ‘n jong meisie wat hy aan een bruidegom, Christus, beloof het. Hy moet sorg dat hulle ongeskonde en suiwer bly. Hy waarsku hulle teen vals leraar wat ‘n ander Jesus, en ‘n ander gees en ‘n ander evangelie verkondig. Die gemeente neem dit so maklik aan, en hulle het. Hierdie dwaalleraars is miskien beter spreukers as Paulus, maar hulle kennis hou geen stand by die ware, volle leer van die evangelie wat Paulus aan hulle verkondig het en wat by hulle voldoene is vir hulle verbassing. Paulus noem dat hy in geen opsig van homself ‘n las gemaak het vir die gemeente en vir geen vergoeding gewerk het nie. Al het hy tog die reg gehad daartoe. Hy doen dit omdat hy die gemeente liefhet. Die dwaalleeraars ruim egter die vergoeding in en Paulus sê as hulle getoets sou word om dit op te gee, sou hulle verseker nie. Hulle beweer hulle “egtheid” deurdat hulle dit aanvaar en sê Paulus was verkeerd om nie liefdesgawes van die gemeente te aanvaar nie, want hy was nie lief vir die gemeente nie. Paulus antwoord dat die feit dat hy niks van die gemeente geneem het nie, en nie ‘n finansiële las op enigiemand wou lê nie, beteken hoegenaamd nie dat hy nie die Korintiërs liefgehad het nie, presies die teenoorgestelde, hy doen dit juis uit opregte en oorvloedige liefde. God is self sy getuie, dat hy hulle innig liefhet. Die vals apostels is vals en oneerlik. Hulle gee voor om apostels van Christus te wees, maar hulle prestasies en optrede is bedrog. Paulus vergelyk hulle met Satan wat hom voordoen as die engel van die lig terwyl hy die koning van die duisternis is. Sy diensknegte in die geval, die vals apostels se optrede is soos syne, hulle wil hulle voordoen as mense wat die wil van God wil doen. God se finale oordeel sal hulle tref; “aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien” (11:15).
11:16-33 Paulus se ontberings as apostel
Paulus sê, wat hy nou sê, kom nie van die Here! Hy praat soos ‘n dwaas dan roem hy op sy Joodse afkoms en sy dienaarskap aan Christus. Hy het harder gewerk as almal met die verkondiging van die evangelie. Dan sy katalogus van swaarkry en beproewing wat bykans pynlik is om te lees.: Paulus is vervolg, hy is in die tronk gegooi, geslaan, was in doodsgevaar, is met stokke geslaan, met klippe gegooi en was voortdurend in gevaar weens die bedreiging van godeloses en rowers.
Hy is beproef. Hy het skipbreuk gely 3 maal, was in gevaar op see en land, moes sonder kos of water klaarkom sonder skuiling of bedekking teen die koue. Behalwe dit alles was daar daaglikse harde werk, bekommernis en besorgtheid oor die gemeentes en al hulle probleme. Paulus roem egter oor sy swakhede, soos sy ontsnapping uit Damaskus (vls Han 9:25), maar aan Hom kom die lof toe tot in ewigheid1” (11:31b). Van die begin van sy lewe as gelowige, deur al sy ontbering was Paulus se swakheid nog altyd in die krag en ontferming van die Here. Aan Hom kom die lof toe, tot in ewigheid.
HOOFSTUK 12
12:1-10 Gesigte en openbarings
Paulus begin hier met gesigte en openbarings. Gesigte is verskynings wat met die oog gesien kan word – fisiek of geestelik. Paulus verwys na homself in die derde persoon : “ ‘n man wat aan Christus behoort” Veertien jaar gelede is die man geggeruk na die derde hemel. Volgens Joodse opvattings was daar sewe hemele : wolkehemel, sterrehemel en die derde hemel : die woonplek van God. Die derde hemel dui dus op die teenwoordigheid van God. Of dit ‘n ervaring wat met die liggaam of sonder die liggaam, dit weet hy nie. Dit maak nie saak nie. In die paradys het hy woorde gehoor wat ‘n mens nie kan of mag uitspreuk nie. Heelwaarskynlik Chrisrus wat met hom gepraat het. Oor so’n man sou hy kan spog, maar hy doen nie. Hy spog net oor sy swakhede. Paulus kom terug by die hede waar mense hom net moet beoordeel op wat hulle hom sien doen, en hoor sê. Sodat hy nooit hoogmoedig moet word nie, is daar vir hom ‘n doring in die vlees gegee. Ons weet almal van Paulus se “doring in die vlees” maar niemand weet presies wat dit is nie. Dit is iets fisies. Ontvang van satan se boodskapper. Drie maal het Paulus gebid dat dit van hom moet weggeneem word, maar telkens andwoord God : “my genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is”! Daarom sê Paulus sal hy eerder oor sy swakhede roem, sodat God se krag kan sterk word. Die Here neem nie die doring weg nie, maar Hy gee vir Paulus krag om daarmee saam te lewe. Dit herinner Paulus daaraan dat die Here se genade vir hom genoeg is. God se krag word juis sigbaar wanneer die mens geheel en al afhanklik en swak is. Eers toe Paulus geleer het om nie op sy eie krag staat te maak nie, het Paulus die krag van Christus wat deur hom werk ontdek. “Want as ek swak is, is ek sterk”.
12:11-21 Paulus se besorgheid oor die gemeente
Paulus besin deur te sê dat die gemeente eintlik in sy guns moet praat oor sy bekwaamhede, maar dan doen hy dit self. Hy sê hy hoef nie ‘n tree terug te staan vir die vals apostels nie. Paulus is nou vir die derde keer oppad na die gemeente van Korinte. Hy was nie voorheen vir hulle ‘n geldelike las nie en hy sê hy sal ook nie nou wees nie. Dan betuig hy sy innige liefde vir die gemeente. Soos ‘n ouer vir ‘n kind. Maar hoekom het hulle hom nie ook so lief. Alles wat hy en Titus tog vir hulle doen is in belang van hulle geestelike opbou. Paulus is bang dat as hy by hulle kom, hy hulle nie sal vind soos hy dit graag wil hê nie, en die omgekeerde Hy is bang vir twis, naywer, onbeheerstheid, selfsug, kwaadpraat, verwaandheid en wanorde. Maar dan nog meer is hy bang dat hy nog mense in die gemeente sal raakloop wat volhard in onreinheid, ontug en losbandigheid. Sy boodskap aan sy geliefde gemeente is dat hulle dringend tot berouvolle inkeur moet kom.
HOOFSTUK 13
Paulus is nou oppad na Korinte vir die derde keer. Hierdie brief is bemoedigend, maar ook streng vermanend. Hy gaan baie streng optree teen diegene wat aanhou om te sondig. Hy vergelyk dit self met ‘n regsgeding, die getuienis van twee of drie persone wat die waarheid vasstaan. Met die derde besoek sal Paulus sy posisie en die waarheid van sy bedoelings beslissend uitklaar. Daarom gee hy voor dat ‘n finale waarskuwing aan die wat volhard in die sonde dat hy niks en niemand sal ontsien nie. Hy sê hy sal bewys dat Christus deur hom praat en sy krag onder hulle bewys.
Die Korintiërs moet hulleself ondersoek of hulle in Christus lewe. Hulle moet besef dat Christus Jesus in hulle lewe en dat dit sigbaar moet word in hulle allerdaagse lewe en optrede. Hulle moet hulself toets of hulle verbondenheid aan Christus in hulle geloofsvertroue weerspieël word. Dit is die toets wat hulle moet slaag. Die hoofsaak bly die gemeente se geestelike groei, as hulle maar net sterk is en groei tot geestelike volwassenheid. Hulle moet wees wat Christus hulle gemaak het. Paulus bid dat hy as hy daar kom nie streng teen hulle hoef op te tree nie, hy wil met die gesag wat die Here aan hom gegee het, verder opbou en nie afbreek nie.
Hy sluit af met : wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees. Om mekaar te groet met ‘n heilige soen dui op ‘n besondere groet van geloofsgenade. Al God se mense stuur vir hulle groete.
Die seëngroet 13:13 is volledig en in die Naam van die drie-enige God. Die genade van die Here Jesus Christus : herinner aan wat Christus vermag het met sy sterwe en opstanding, die liefde van God : roep God as die bron van verlossing, en die gemeenskap van die Heilige Gees : plaas die gelowiges in ‘n altyd durende intieme persoonlike verhouding met die Heilige Gees. Die gelowiges staan nie los van God of mekaar, maar word verbind deur die inwonende Heilige Gees. Die genade van God, sal by julle almal wees.