1 KORINTIËRS

HOOFTEMAS

  1. Verdeeldheid in die gemeente en wysheid  –  (1 Kor 1-4)

Teenoor die menslike filosofie oor wysheid wat tipies Grieks is, stel Paulus die Christelike geloof.  Die Goddelike wysheid word deur die Gees bekend gemaak aan hulle wat die Gees van God ontvang het.

Paulus praat oor seksuele onsedelikheid in die gemeente en haal ‘n voorbeeld aan van ‘n lidmaat wat met heidense stiefma saamleef asof hulle getroud is.  Hofsake tussen gelowiges ook oor die huwelik maak Paulus insigewende uitsprake.  Asook oor die eet van vleis wat aan afgode geoffer is.  Die gemeente moet afgodery vermy en alles in al hulle verhoudings tot eer van God doen.

Paulus gee aandag aan die posisie en rol van die vrou in die erediens.  Die viering van die nagmal behoort die verkondiging van die verlossende Christus gebeure te wees en nie ……….geëet en drink nie.  Paulus brei volledig uit oor die orde in betekenis en naaste liefde van die nagmal.

Die Korintiërs het geglo dat Jesus opgewek is.  Hulle het egter vrae gehad oor die toekoms van die gelowiges nadat hulle gesterf het.  Paulus beklemtoon die opwekking van die gelowiges na liggaam en Gees. Die opwekking van Christus is nie net die basis vir die gelowiges se betekenisvolle Christelike bestaan op aarde nie, maar ook die waarborg van hulle geborge lewe na die dood.

*  ‘n Eenvolume kommentaar p1780 ; 1781

HOOFSTUK  1

1:1-3       Aanhef

Paulus begin om homself voor te stel as ‘n apostel van Jesus Christus om gesag te beklemtoon sodat sy woorde met ontsag gehoor en gelees kan word.  Paulus se medeskrywer is Sostenes die hoof van die sinagoge in Korinte en hy word ‘n broer genoem, ‘n algemene benaming vir ‘n mede-Christen omdat alle Christene kinders is van die een Vader.  Paulus groet ook almal wat Jesus Christus ons Here aanbid en eindig met die gebruiklike seënwense: “Genade (onverdiende genade) en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus!”  Die begrip “vrede” is die resultaat van God se verlossingswerk deur Jesus se dood en opstanding asook ‘n bede dat dit goed sal gaan in elkeen se daaglikse lewe.

1:4-9       Danksegging

Paulus dank God oor die onverdiende genade wat hulle ontvang het in Christus Jesus.  Hulle is ryklik geskenk in seëninge en gawes, gawes van welsprekenheid en wysheid.  Hulle sal bly genadegawes ontvang en hulle moet saam met God vasstaan end-uit totdat die Here Jesus Christus weer verskyn.  God sal hulle die krag gee want Hy is getrou, Hy wat hulle geroep het om vir ewig te lewe met sy Seun, Christus Jesus ons Here.  Dit is ‘n bewuste leef voor God.  God roep die gelowiges om in so ‘n persoonlike verhouding te lewe met sy Seun.  Net so roep God ons om in ‘n persoonlike verhouding te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here, tot sy wederkoms.

1:10-17   Verdeeldheid in die gemeente

Paulus het woord ontvang dat daar verdeeldheid in die gemeente ontstaan het.  Dit het self so ver gegaan dat daar groepe gestig is: ‘n Apollos – groep, ‘n Sefas – groep, ‘n Christus – groep, en natuurlik ‘n Paulus – groep.  Paulus beskou so ‘n situasie van verdeeldheid as skandalig omdat dit die effektiwiteit van die evangelie aantas en ondermyn.  Daarom vra hy reguit:  Dink julle die liggaam van Christus kan so in stukkies verdeel word.  Die liggaam van Christus kan mos nie onders verskillende belange groepe verdeel word nie.  Daar is net een Christus.  Dit gaan slegs oor Een:  Jesus Christus wat gesterf het vir die verlossing van die gemeente dit gaan nie oor enige dienaar van Hom nie, self nie oor Paulus nie.  Hulle het nie meer vir Christus Jesus en sy onverdiende goedheid aanbid nie, maar die boodskapper.

1:18-31   Christus die krag en die wysheid van God

Sekere lede van die gemeente het Paulus se prediking as minderwaardig gesien omdat dit gebrek gelei het aan die filosofiese wysheid van die sogenaamde “wyse” en vooraanstaande mense in die gemeente.  Die verlossing het slegs gekom deur die Goddelike roeping.  God het nie net na die vooraanstaandes gegaan nie, maar na die gewone mense, hulle geroep en vrygespreek om Hom voortaan te dien.  Slegs deur God se toedoen behoort die gemeente nog aan Christus Jesus.  Jesus het vir ons die wysheid van God geword juis omdat Hy die gekruisigde en opgestane Here is.

Daarteenoor staan die intelektueles, magtiges en vooraanstaandes beskaamd omdat hulle wysheid of posisie nie verlossing kon bewerk nie.  As iemand dus wil spog mag dit nooit op eie prestasie wees nie, maar slegs op wat die Here vir hom gedoen het.  Die Christene het hulle hele bestaan voor God te danke aan Jesus Christus.

*   ‘n Eenvolume kommentaar p 1783

HOOFSTUK  2

1:1-5       Paulus se prediking

Paulus sê dood eenvoudig dat dit nie sy kragtige verkondiging is wat die mense oortuig het nie, maar dat dit God was wat in hulle gewerk het met die Heilige Gees en hulle ontvanklik gemaak het vir die evangelie.  Dit is dus deur God se krag dat hulle geloof is en nie op menslike wysheid nie.

2:6-16     Die openbaring deur die Gees van God

Paulus praat hier van ‘n “wysheid” wat ons verkondig, ‘n wysheid van God, “die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voor bestem het tot ons ewige heerlikheid.  Hierdie geheime verborge waarheid is niks anders nie as die kruisiging van God se Seun, Jesus Christus nie, tot ons verlossing.  Maar met die kruisdood het God aan ons die Gees gegee, die Gees wat nou in ons woon.  En dit is net deur die Gees wat ons hierdie wysheid en waarheid verstaan.  Mense wat nie die Gees het nie, kan dit nie verstaan nie, hulle sal ook nooit kan nie, en daarom is hulle verdoem.  So sê Paulus – ken niemand die verborge ding van God nie, behalwe die Gees van God.  Nie die gees van die wêreld nie, die Gees van God, wat ons ontvang het en wat aan ons bekend maak wat God ons uit genade geskenk het.  Paulus verkondig hierdie evangelie met wysheid, aar nie met wysheid van hierdie wêreld nie, net wysheid wat hy van die Gees ontvang.  Net mense wat die Gees het, kan dit verstaan en aanvaar.  Vir mense wat nie die Gees het nie, is dit onsin en hulle kan dit nie verstaan nie.  Paulus sluit af met ‘n aanhaling uit:    Jes. 40:13 : “Wie ken die gedagtes van die Here?  Wie sal Hom raad gee”.  Die mens wat die Gees van God het kan die waarde van alle dinge beoordeel” (2:15).  God se diepste geheim is bekend gemaak deur die kruisdood van sy Seun en ons leer God ken by Golgota en die leë graf deur die Gees van Christus wat in ons woon.

HOOFSTUK  3

3:1-9       Die oorsaak van die verdeeldheid

Toe Paulus op besoek was by die Korintiers was hulle nog geestelik onvolwasse, hulle was nog kindertjies in geloof en daarom moes hy hulle so hanteer.  In plaas daarvan dat hulle, hulle deur die Heilige Gees laat lei het, het hulle nog toegegee aan hulle wêreldse geaardheid.  Dit het na vore gekom in hulle jaloesie en twis onder mekaar.  Ook was daar nog onenigheid as gevolg van groepvorming : sommige van hulle het vir Paulus gekies, en ander vir Apollos.  Hulle voorkeure berus moontlik nie net op persoonlike aangetrokkenheid nie, maar moontlik ook op teologiese verskille.  Partyskappe word gevoed deur geestelike onvolwassenheid.  Dit is so dat Paulus uit teleurstelling en magteloosheid hulle probeer voed deur hulle wys te maak dat hy en Appollos gelyke diensknegte is, diens van God en sy werk wat Hy aan hulle toevertrou.  Paulus het eerste gekom en kom saai in die saailand van God se gemeente.  Daarna het Appollos voortgegaan in die saailand deur dit nat te gooi.  Maar die uiteinde van hulle werk hang net van God af.  Hy laat die plantjies groei.  Slegs Hy laat die saad ontkiem en opkom om die vrug van ‘n lewende geloofsgemeenskap te lewer.  Slegs Hy laat die gemeente se geloof groei tot volwassenheid deur gebruik te maak van Paulus en Appollos as medediensknegte, ondergeskik en in diens van God aan wie die saailand behoort.

3:10-23   Die gelowiges as die gebou van God

Paulus gebruik nou die voorbeeld van ‘n gebou.  Hy sê die gemeente is die gebou van God met die “gebou” bedoel hy die kerk.  Paulus het die fondament gelê.  Die fondament is Jesus Christus:  Sy kruisiging en opstanding.  So moet ons elkeen voortbou op hierdie fondament.  As ons goeie material gebruik om te bou, sal dit die vuurtoets deurstaan as Christus weer kom en dit met vuur toets, dan sal ons beloon word.  As ons swak material gebruik sal dit verbrand word, en ons sal nie beloon word nie, ons sal tog uit die vuur geruk word en gered word volgens God se onverdiende genade.  Nou sê Paulus dat die gemeente die tempel van God is en dat die Heilige Gees van God in hulle woon.  Niemand mag die tempel van God beskadig nie dit is heilig.  Ons moet nou die wêreldse wysheid laat vaar en die Goddelike wysheid van Christus se kruisdood aanvaar.  Dan sal ons werklik wys wees in God se oë.  Nou is die gemeente die gelowiges, die tempel van God.  En nou sê Paulus behoort alles aan ons:  “of dit nou Paulus of Appollos of Sefat (let wel – geen verdeeldheid) of die wêreld of lewe of dood of hede of toekoms is, alles behoort aan julle, maar julle behoort aan Christus en Christus aan God”  (3:22-23). 

Deur Christus se dood en opstanding het hy al die gelowiges in “besit” geneem en Hy behoort aan God.  Deur Christus het God Sy “eiendom” deur ‘n duur prys teruggekoop.  Daarom behoort al die gelowiges nou aan die gemeente en die gemeente behoort aan God.

HOOFSTUK  4

4:1-21     Die bediening van die apostels

As dienaars van Christus is hulle belangrikste verantwoordelikheid betroubaarheid.  Paulus sê sy gewete pla hom nie en mense se mening maak nie saak nie, want God sal beoordeel wanneer Jesus terugkeer.  Paulus spoor die kwintiers aan om by die Bybelse beginsel te bly;  “Hou jou binne die perke wat God gestel het!” en die skrif verbied dit baie duidelik om in menslike leiers te roem.  Paulus gebruik nou ironie om die gelowiges in Korinte (ryk, konings verstandig, sterk mense met aansien) te vergelyk met die apostels wat as swak, veragte, hawelose, vervolgde, skuim van die samelewing en regverdig gely het.  Paulus wil hulle geensins in die verleentheid stel nie, maar wil hulle waarsku teen arrogansie.  Hy, Paulus is die stigter van die gemeente en in Christus Jesus, hulle Vader en daarom stel hy in hulle ‘n voorbeeld hoe om in Christus te leef, ‘n voorbeeld om na te volg.  Timoteas kan vir hulle ‘n voorbeeld van Paulus se leefwyse wees totdat hyself weer kom.  En wanneer hy daar opdaag sal dit nie net met praatjies wees nie, maar met die krag van die Gees.  Hulle gesindheid sal Paulus se reaksie op hulle bepaal – of liefde en ‘n gees van vriendelikheid of streng dissipline.

*   Die geillustreerde Bybel Handboek  bl. 783

HOOFSTUK  5

5:1-13     Verregaande onsedelikheid en oproep om tug toe te pas

Die probleem in die gemeente was die van seksuele losbandigheid binne die gemeente, die soort wat self nie onder die heidene voorkom nie.  Daar is geestelike arrogansie, hulle dink hulle is beter as ander en dit bring dat seksuele losbandigheid so erg is dat daar ‘n man is wat seksuele omgang het en leef as man en vrou met sy stiefma.  En die gemeente duld die gedrag van hierdie persoon eerder as om te treur oor die situasie en disipline in die gemeente te handhaaf.    

Paulus sê hy is daar ‘n Gees en hy spreek met die krag van ons Here Jesus ‘n oordeel uit oor die man:  Hy moet uit die gemeente uit verban word en aan die satan oorgee word.  “So sou sy sondige aard vernietig word sodat sy gees gered kan word op die dag wat die Here kom”  (5:5).

Die suurdeeg van onsedelikheid en ander sondes moet uit die gemeente verwyder word want ‘n bietjie suurdeeg kan die hele gemeente besoedel.  Daar moet disipline in die gemeente kom.  Die offer van Christus, ons Paaslam roep ons op om moreel rein te lewe.  God verwag van Sy volgelinge om oor diébinne die gemeente te oordeel wat onsedelik, geldgierig of afgodsdienaars of  kwaadpraters of dronkaards of bedrieërs is, en niks met hulle te doen hê nie.  Hulle moet uit die gemeente verwyder word.  Die Korintiërs moet hierdie verantwoordelikheid uitoefen.

HOOFSTUK  6

6:1-11     Hofsake tussen gelowiges

Die Korintiërs het mekaar graag van allerdaagse verskille voor ongelowige Romeinse regters hof toe gesleep.  Hierdie howe was korrup en gelei deur heidene.  Paulus sê dat hierdie handeling van gelowige mense lei tot onenigheid en inbraak maak op die christelike integriteit van die gemeente.  Hulle moet nie hof toe gaan nie, maar onderling kom tot ‘n oplossing of hulle moet wyse mense in die gemeente aanstel as regters om te oordeel oor geskille binne die gemeente.  Hulle moet liewer bereid wees om onreg te ly, want God sal die skuldiges in die hiernamaals straf.  Waarom sou gelowiges hulle besig hou met alledaagst geskille as hulle bestem is om eendag saam met Christus die wêreld te oordeel, selfs die engele.  Paulus gee dan ‘n lys van tekortkominge en sondige praktyke waaraan die korintiërs skuldig was.  Niemand wie se lewe deur sulke eienskappe gekenmerk word, sal by God se koninkryk kan ingaan nie.  Paulus herinner die korintiërs dat sommige van hulle voorheen so geleef het, maar in die Naam van Jesus Christus en deur die krag van die Gees is hulle skoongewas, geheilig en vrygespreek.  Hulle moet nou optree soos die gelowiges wat hulle nou is.

6:12-20   Verheerlik God in julle liggame

Die stad van Korinte het ‘n florerende prostitusie bedryf gehad en openlik en baie seksuele losbandige leefstyl gehad.  Hulle het dit selfs beskou as die vryheid van die individu.  Soos Paulus sê, hulle het geglo:  “Ames is my geoorloof” – “ek kan nou enigiets doen”.  Maar alles is nie goed of toelaatbaar vir die Christen wat leef voor God nie.  Die christen is nie net gees nie, maar ook liggaam.  En hierdie liggaam behoort aan Christus.  Hy het immers gesterf daarvoor.  Daarom is ons liggaam nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie.  Hierdie liggaam wat aan die Here behoort, is ook die tempel van die Heilige Gees wat in ons woon.  As jy seks het met ‘n ontugte vrou, raak jy een met haar.  Hoe kan jy nou hierdie liggaam van jou, wat een is met Christus, deel met ‘n ontugte vrou.  Alle ander sondes vind buite die liggaam plaas, maar seksuele sondes, vind in die liggaam plaas, in die tempel van die Heilige Gees.  Seksuele loosbandigheid is ‘n sonde teen jou eie liggaam.  Die liggaam wat behoort aan Christus en waarin die Heilige Gees woon.  Net soos ‘n tempel ‘n aanbiddings plek is, so is die gelowige se liggaam die tempel van die Heilige Gees om God daarmee te verheerlik.  Die liggaam wat teen ‘n duur prys gekoop is, moet God verheerlik. 

HOOFSTUK  7

7:1-24     Raad oor die huwelik

Paulus het nooit getrou nie.  Hy was altyd alleen en selibaat.  Daarom sê hy dat dit goed is vir ‘n man om sonder ‘n vrou te lewe, soos hy.  Maar dan bestaan daar die gevaar van selfbeheersing en onsedelikheid.  Dan moet die man liewer trou en sy eie vrou kry.  So ook moet elke vrou dan haar eie man kry.  Die huwelik is deur God ingestel en is ‘n lewenslange verbintenis tussen ‘n man en ‘n vrou, en net die dood kan dit beëindig.  Hulle beskik oor mekaar se liggame en ly ‘n lewe van binne-egtelike omgang.  Hulle moet mekaar nie seks weier nie.  Dit kan lei tot versoeking in ‘n gebrek aan selfbeheersing. 

Vir die ongetroudes en weduwees sê hy dit is goed om ongetroud te bly, maar as hulle nie selibaat kan lewe nie, moet hulle trou.

Vir die getroudes sê die Here:  Hulle mag nie skei nie.  As hulle skei, mag hulle nie weer trou nie, dit is egbreek.  Dit is aanneemlik vir God as ‘n man met ‘n ongelowige vrou trou.  Hy mag haar dalk oorhaal.  Hy moet nie van haar skei, behalwe as sy wil.  Dan is hy vry.  Sy kinders behoort aan God.  Dieselfde met ‘n vrou wat met ‘n ongelowige man trou. 

Verder sê Paulus elke mens moet bly “in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het”.  Met ander woorde, wanneer mense christene word moet hulle nie probeer om hulle lewensomstandighede radikaal te verander nie, maar eerder vir God toelaat om in hulle spesifieke situasie te werk en hulle moet God in daardie omstandighede dien.

7:25-40   Die ongetroudes en weduwees

Paulus praat hier uit homself, nie die Here.  Hy raak twee “situasies” aan.  Die eindtyd wat nader kom, en onverdeelde aandag aan die Here.  Hy dat mans en meisies wat nog nie getroud is nie, so moet bly, wat in die swaarkry wat kom sal hulle baie swaarkry as hulle getroud is, man, vrou en kinders.  Dit sal moelik wees om te sorg vir almal, veral die kinders.  Ook as ‘n man getroud is, is sy aandag verdeel tussen die Here en sy vrou.  Hy moet eerder ongetroud bly en al sy aandag aan die Here toevertrou.  Hy doen egter nie verkeerd as hy wel trou nie.  So ook ‘n vrou wat sal swaarkry met haar kinders en haar aandag verdeel tussen die Here, haar man, haar kinders, en aardse dinge.  Sy moet liewer ongetroud bly en die haar aandag aan die Here gee.  Sy doe nook egter nie verkeerd as sy wel trou nie.  Dit is sy mening dat mans en vrouens gelukkiger is en beter dien as hulle nie trou nie, en hulle besig hou met die dinge van die Here.  Dit is christene se roeping, want die terugkeer van Christus is naby.

HOOFSTUK  8

8:1-13     Vraag oor vleis wat aan ‘n afgod geoffer is

Was Christene vry om hierdie afgods vleis te eet.  Meeste vleis wat van die slaghuis kom het deur heidense rituele offers.  Al weet ons dat ons kennis het, ‘n slagspreek van die korinte, en dat daar net een God is, en dat kennis vryheid bring, triomfeer die helfde oor die kennis.  Afgode is niks nie; daar is net een God en een Here Jesus Christus.  Maar swakker gelowiges weet dit nie soos hulle dit behoort te weet nie, en om hierdie vleis te eet pla dan hulle gewete.  Die met wysheid mag nie toelaat dat hulle medegelowiges sonde doen nie dit is gelyk aan sonde deur Christus.  Paulus kom tot die gevolgtrekking: “As ek deur wat ek eet, my broer laat struikel sal ek nooit weer vleis eet nie:  ek wil nie my broer se val veroorsaak nie”.  Die Vryheid wat kennis vir jou bring, behoort deur die helfde beperk te word.

Die geillustreerde Bybel Handboek p 288

HOOFSTUK  9

9:1-27     Die regte en pligte van ‘n apostel

Paulus maak dit baie duidelik dat hy wel ‘n apostel van Christus is en dat dit hom geregtig maak op lewensonderhoud en vergoeding. God self sê so.  Paulus sien egter sy apostelskap en verkondiging van die evangelie as ‘n opdrag en ‘n roeping.  Hy moet en wil dit doen.  Daarom sê hy die lewensonderhoud op en doen hy handewerk (leerwerk) vir sy eie onderhoud.  Paulus se hoogtepunt van sy redenasie is dat die Here self opdrag gegee het dat hulle wat die evangelie verkondig, versorg moet word deur hulle wat die evangelie ontvang (Mat 10:10) ; (Tim 5:17-18).

Paulus doen afstand van sy reg op lewensonderhoud.  Die klimaks in hierdie hoofstuk is 9:15 : “Paulus sal eerder sterf as om die onderskeiding prys te gee date k die evangelie kosteloos verkondig”.  Daarop mag Paulus roem!

Paulus stel werk baie hard en stel himself gelyk met baie mense om hulle te red volgens die evangelie.  Maar hy verwag niks in vergoeding.  Hy gebruik sy Vryheid om ‘n verskydenheid mense te dien.  Sy motief is om hulle vir Christus te wen.  Hy beperk weereens sy Vryheid ter wille van die evangelie.  Hy werk hard, soos ‘n atleet, soos ‘n bokser.  

HOOFSTUK  10

10:1-22   Waarskuwing teen afgodery

Paulus vergelyk die korintiërs met die volk in die woestyn.  Terwyl hulle onder God se lyding en beskerming was het hulle, hulle nog skuldig gemaak aan afgodery en seksuele losbandigheid.  God het hulle nie net swaar gestraf nie.  Hy het hulle gedood.  Die korintiërs moet nou baie versigtig wees om nie vir God uit te tart nie.  Hulle sit aan by die nagmaalstafel en eet van die brood en word een met die liggaam van die gekruisigde Christus, hulle drink die wyn en drink so die bloed van Christus wat gestort is by die kruisiging.  Dit is goed en reg en so verheerlik hulle God.  Maar net daarna gaan sit hulle aan die tafel van die afgodsdiens.  Hulle glo hulle is “onskuldig”, want hulle glo net in “Een God” en hulle glo nie in die afgode nie, hulle eet net die maaltyd en drink die wyn.  Hulle sien hulleself as “verstandig” en tog tart hulle God uit.  Hiervan kan versoeking kom van afgodsdiens en seksuele losbandigheid en afskuwelike gevolge.  God sal help met die versoeking, maar deur Paulus bevel Hy die Korintiërs om weg te vlug van afgodsdiens en hulle tafels, en by die nagmaal saamgebring as ‘n gemeenskap.

God dien deur Christus se kruisiging.  Hulle moet niks te doen hê met afgode nie.  Paulus beywer hom deurgans vir vrede en eenheid in die gemeente.  Deur hulle offers word hulle saamgesnoer tot ‘n eenheid voor God.  By die afgodsoffers kan geen gemeenskap gesluit of beleef word nie, want die afgode bestaan nie werklik nie.  Om aan die tafel van die Here te sit en ook aan die tafel van die duiwels is niks anders as om die Here uit te tart nie.  Die korintiërs moet kies waar hulle onverdeelde lojalitiet lê.  Israel en die Christendom het ‘n eksklusiewe uitgangspunt begely:  hulle dien net ėėn God.

10:23-11:1        Alles tot eer van God

Die korintiërs se slagspreek is : “alles is geoorloof”.  Ons is vry en kan dus doen wat ons wil.  Paulus antwoord dat alles nie heilsaam en opbouend is nie.  ‘n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar die van ander.  Hy sê dat alles wat jy in ‘n slaghuis koop kan jy eet en as jy deur ‘n ongelowige uitgenooi word vir ete kan julle alles eet.  Behalwe as iemand vir julle sê:  “Die vleis is ‘n afgodsoffer”.  Moet dit nie eet nie terwille van sy gewete.  Die afgodsoffer het die ander persoon se gewete gepla.  Daarom moet die wat meeer sensitief is sy gewete respekteer en uit bedagsaamheid nie eet nie.  Die korintiërs verstaan dit nie.  Paulus antwoord “wat julle ook al drink of eet of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.

HOOFSTUK  11

11:2-16   Nie verhouding tussen God, Christus, man en vrou

Paulus prys eerstens die korintiërs omdat hulle die leerstellings wat hy aan hulle oorgedra het getrou navolg.  Die evangelie het nuwe Vryheid vir die vrou, en die mans gebring, maar hulle behoort dit nie te misbruik in die gebruike en orde van die gemeente nie.  Die vroue het blykbaar sonder enige hoofbedekking hulle hare los begin dra erediens toe.  Paulus begin sy argument met die skeppingsorde.  Daarvolgens is die man en die vrou na God se beeld geskape en het Eva uit Adam se ribbebeen ontstaan.  Adam is dus eerste geskep.  Volgens die afleidende skeppingsorde is God die Vader, die hoof van Christus, en Christus die hoof oor die man, terwyl elke man hoof is oor sy vrou. ‘n Kopbedekking is nie saak van individue vryheid nie, maar ‘n simbool van respek vir die persoon wat hoër as jy is.

Mans moet dus nie hoofbedekkings dra tot eer van Christus en vroue moet ‘n hoofbedekking dra tot eer van hulle mans.  Dit is hoe dit hoort.  Mans moet kort hare hê en vrouens moet lang hare hê!  Die gedeelte sluit af met Paulus se verwysing na wat ordelik vir die vrou en die man in die praktyk van die erediens is.  Dit is oneervol as ‘n man ‘n kopbedekking opsit, maar dat ‘n bedekking vir ‘n vrou ‘n sieraad is.  Volgens die algemene gebruik ook in ander gemeentes dra vroue kopbedekkings in die erediens.

11:17-26 Onreëlmatighede by die nagmaal

Paulus is ontsteld oor die onenigheid in die gemeente by die viering van die nagmal.  By die ete voor die nagmaal het die “hoër” lidmate vroeg opgedaag met baie kos en wyn.  Hulle het lekker geëet en baie gedrink.  Hulle het selfs dronk geword.  En dit terwyl die arm lidmate maar net moes toekyk en geen voedser of wyn ontvang het nie.  Paulus vra of die rykes dan nie huise het waar hulle kan eet en drink voor die tyd nie.  Paulus sê hy het van die Here ontvang wat hy ook aan hulle oorgee!  Dan verduidelik hy die betekenis van die nagmaal, van die brood en die wyn.  Wanneer die gemeente dan gaan aansit vir die nagmaal, drink en eet hulle ‘n onwaardige groepsvorming wat niks anders is as in sonde teen die liggaam en bloed van die Here.  Dit maak ‘n bespotting van die kruis van Christus.  Daarom is selfondersoek nodig om op ‘n waardige manier aan die nagmaaltafel deel te neem en nie onder God se oordeel te kom nie.

11:27-34 Ongepaste deelname aan die nagmaal

Paulus spreek weereens die nagmaal gebruik en die groepvorming met die ete voor die nagmaal.  Met die ete het die rykes hulle vergryp aan kos en hulle dronk gedrink.  Die armes het niks gekry nie en moes maar net toekyk.  Paulus sê ware selfondersoek is nodig om nie onder God se oordeel te kom nie.  Die rykes moet by die huis eet en drink en die gemeente moet saam bymekaar kom voor die nagmaal.  Die armes moet ingesluit word en ook bedien word.  Die gemeente moet as geheel gebalanseerde naasteliefde beoefen.  Dan moet hulle gemeenskaplike nagmaal gebruik en die brood neem as die liggaam van Christus en die beker neem as die bloed van Christus wat vir ons gestort is.  Niks kan egter vlot verloop sonder die nodige selfondersoek voor die tyd nie!

HOOFSTUK  12

12:1-11   Die verskeidenheid van geestelike gawes

Paulus beskou die saak van gawes in die erediens so belangrik dat hy hoofstuk 12-14 daaraan wy.

In hoofstuk 12 begin hy verklaar dat al hierdie genadegawes net deur een Gees aan ons gegee is en dat dit nie eredienste moet ontwrig nie.  Die oorsprong van hierdie gawes en tekens is die Gees ;  Die Here van die bediening, en God die oorsprong van die aktiwiteite.  Die een bron wat die verskeidenheid aktiwiteite aktiveer, maar ook beheer, is God.  God is egter nie net waaksaam in ‘n gemeente deur die gawes nie, maar ook deur die bediening en aktiwiteite.  Die kerk moet altyd bewus bly van die groot verskeidenheid en uiteenlopenheid van al die manifistusies van die Gees in die gemeente, solank dit die gemeente as geheel bevoordeel.

Nou volg ‘n lys van uiteenlopende gawes.  Al die gawes kom uit een en dieselfde Gees.

*    ‘n Eenvolume kommentaar p 1803

12:12-31 Een liggaam met baie lede

Ons is almal lede in die liggaam van Christus.  Alle gelowiges, Jode, Grieke en slawe.  En ons is almal ewe belangrik soos daar staan in Gal. 3:38:  “Omdat julle almal in Christus Jesus een is, kan julle nie langer teen mense diskrimineer omdat hulle Jood of Griek, slaaf of vry man of vrou is nie”.  Ons is almal gedoop in Christus.  Almal in die Korintiëse gemeente, maak nie saak watter genadegawe hulle het nie, is ‘n lig van Christus se liggaam.  Almal is ewe belangrik en noodsaaklik.  So moet daar daarom harmonie en eenheid in die gemeente heers.  Paulus sê dan nou dat hulle saam Christus se liggaam is, maar ook dat hulle elkeen afsonderlike noodsaaklike liggaamsdeel is met ‘n noodsaaklike taak.

HOOFSTUK  13

13:1-13   Die Liefde

Die doel van hoofstuk 13 is om liefde as ontbreeklik voor te stel vir die christelike leefstyl.

Die Liefde

Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is:

Al praat ek die tale (onder leiding van die Heilige Gees), van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword.

Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. 

Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, (nie selfverheerliking maak jou lojaliteit jou Jesus Christus sigbaar in jou lewe van elke dag), maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, (jaloesie – groot probleem in Korinte ook : arrogansie en hoogmoed is nie grootpraterig nie), is nie verwaand nie.

Dit handel nie onwelvoeglik nie, (homoseksuele optrede van mans) soek nie sy eie belang nie, (nie afgods-offer vleis eet nie) is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.

Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.  (Geen teespoed of terugslae is te groot vir liefde om te verduur.)

Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en die van kennis sal uitgedien raak (Gawes van die Gees).

Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind.  Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind.

Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.  Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.  God sal hierdie wêreld wat so gebroke is herstel tot sy glorie en volheid.  En nou:  geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. 

En die grootste hiervan is die liefde!

HOOFSTUK  14

14:1-25   Die gawe om te profiteer

Alle genadegawes is deur dieselfde Gees en is belangrik.  Die drie gebruik van ongewone tale en klanke is meer persoonlik, want net jy verstaan dit.  Dit beteken vir niemand anders iets nie.  As jy egter profiteer, bemoedig en verryk jy ander deur die word van God.  Kyk net hier, hier is ‘n seuntjie wat die woord hoor, maar nie gefasineer is en alles sal doen om dit te verstaan en uit te voer.  Daarom moedig Paulus die profesie aan.  Reg voor of na die nagmaal is daar ‘n tent met gemeente ontmoeting, hier moet die gemeentelede aan mekaar profiteer van Christus se sterwe en verlossingsdaad en aan mekaar moet hulle God se wil bekendmaak in sover verstaanbare taal, dan sal hulle oortuig word van hulle sonde, en hulle hartsgeheime sal ontbloot lê, en hulle sal God aanbid.  Hulle sal ook verklaar “Waarlik, God is hier by julle!”  Op so ‘n wyse dra profesie by tot die eindtydse bekering van die nasies.

14:26-39 Die goeie orde in die gemeente

“God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede”.

Paulus probeer nou die gemeente organiseer om hulle genadegawes en profesies en openbarings by die gemeente vergadering en eredienste by te dra omdat dit belangrik is maar op so ‘n wyse dat dit ordelik geskied.  Daar mag slegs een persoon aan die woord wees op ‘n slag.  Die diens word deur die Gees gelei; Die praat in tale en klanke moet nie die erediens oorneem nie mag slegs toegelaat word as dit uitgelê kan word.  Die profete kan profeteer maar een vir een, sodat almal daaruit kan leer en almal bemoedig kan word.  As iemand ‘n openbaring ontvang, moet hy dit lig en die spreker moet stilbly.  Alles moet gepas en ordelik geskied.

 HOOFSTUK  15

5:1-11     Die opstanding van Christus

Die heidene het geglo dat die siel onsterflik is, nie die liggaam nie.  Hier in die volgende gedeelte kom ons by die opstanding van die liggaam.  Hier herinner Paulus die Korintiers aan die evangelie wat hy aan hulle verkondig het, wat hulle aanvaar het, en wat hulle tot geloof gely het.  Hy herinner hulle ook dat solank as hulle aan hierdie evangelie vasklou, hulle gered sal word.  Die evangelie wat hy verkondig het is : Christus het gesterf vir al ons sonde, hy is begrawe, hy het opgestaan uit die dood.  Daarna het hy aan verskeie mense verskyn, selfs aan Paulus self.  Paulus noem homself die geringste van al die apostels as gevolg van sy agtergrond, tog werk hy die hardste onder al die heidennasies om die evangelie aan hulle te bring en om hulle tot geloof en so tot redding te lei.  Hy merk dat dit die genade van God is wat in hom werk om sy doel te bereik.

15:12-35 Die opstanding van die dooies

Soos reeds genoem het die heidene geglo dat die siel onsterflik is, maar dat daar geen opstanding van die dood is nie.  Nou argumenteer Paulus dat as hulle so glo, sal hulle liggaam tot die ewige dood gaan.  Die evangelie wat hulle geleer het sê tog duidelik dat Christus opgestaan het uit die dood.  Hy was die eerste, maar na hom sal alle gelowiges met sy terugkeer na die aarde opgewek word uit die dood.  As hulle hierdie evangelie nie glo nie, gaan hulle verlore.  Christus het opgevaar nadat hy aan baie mense verskyn het en heers nou as koning aan die regterhand van God.  As hy terugkom aarde toe sal hy alle magte en kragte en gesagte vernietig het.  Ten laaste sal hy die dood oorwin dan sal hy die koningskap teruggee aan God en al die gelowiges laat opstaan uit die dood en hulle saamneem met hom na die ewige heerlikheid.  Hy sê aan hulle dit is die ware evangelie, kom tot besinning en glo dit en hou op sonde doen.

15:35-58 Die opstandingsliggaam

Paulus probeer om aan die Korinte op ‘n eenvoudige manier te verduidelik wat met die opstandings liggaam gebeur.  Hy gebruik die voorbeeld van ‘n saad:  net soos ‘n saad wat gesaai word deur God, verander word in ‘n wonderlike pragtige plant, ‘n ander gestalte.  Net so word ‘n natuurlike liggaam wat begrawe word opgewek in ‘n bonatuurlike geeslikke liggaam.  Dit is nodig want vlees en bloed kom nie aan die koningkryk van God deel kry nie.  Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie.  “Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons die beeld van die hemelse wees”  Dit beteken ons sal opgewek word in ‘n geeslike hemelse, onverganklike, verheerlike liggaam. 

Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.  Wanneer Jesus terug kom om ons te kom haal, sal die wat nog lewe se verganklike liggaam met die onverganklike beklee word en die sterflike liggaam met die onsterflike.  Al die dooies sal as onverganklikes, geestelikes opgewek word.  Almal sal dus verander word om die koningryk van God te kan binnegaan saam met Jesus.

Die werklikheid van die opstanding hou enorme implikasies vir die gelowiges in.  Eerder as te val in die sonde, moet gelowiges vas bly staan in God se waarheid en hulle volkome aan die Here se werk toewy met die wete dat wat hulle nou in hierdie wêreld doen, ‘n impak het op die ewig lewe.

HOOFSTUK  16

16:1-4     Die kollekte in Jerusalem

“Baie Joodse Christene in Jerusalem was baie arm.  Tydens sy derde sendingsreis maak Paulus dit ‘n prioriteit om by die nie-Joodse gemeentes geld vir die gemeente in Jerusalem in te samel.  Die kollekte het die potensiaal om nie-Joodse en Joodse gemeentes verder te verenig, wat aan ongelowiges sal wys watter krag daar in die evangelie is om grense oor te steek en versoening te bring.  Paulus gee duidelike opdragte oor hoe die kollekte opgeneem moet word.  Wanneer hy in Korinte kom, sal hy aanbevelings briewe gee aan die mense wat die Korintiërs sal kies om die kollekte Jerusalem toe te neem.  Indien dit nodig is, sal Paulus saam met hulle Jerusalem toe gaan”.

*     Die geillustreerde Bybel handbook bl 798

16:5-12   Paulus se reisplanne

Paulus bespreek sy reisplanne en vra die gemeente se ondersteuning in liefde en geloof.

5:13-25   Laaste versoek en groete

Paulus moedig die Korintiërs aan om waaksaam te wees, vas te staan in die geloof, manmoedig te wees en sterk te staan.  Dan volg ‘n klein groete van verskeie mense.  Paulus sluit af met seën groete: 

Maranata – kom Here!

Die genade van die Here Jesus sal by julle wees!

My liefde is by julle almal in Christus Jesus.