TEMA

Die brief is gerig aan Titus ‘n bekeerling uit die heidennasies wat op Kreta die gemeente moet heropbou – en ontwikkel.  Hy moet manne wat onberispelik van gedrag is, as ouderlinge aanstel wat ‘n lewe verkondig wat in ooreenstemming is met die gesonde leer.  Hy moet die wat van die evangelie afgedwaal het teregwys leer en lewe en die regte voorbeeld stel aan almal:  ‘n Gelowige lewe is ‘n lewe verbind aan die ware God. Hy is ‘n God wat sy woord hou.  Hy lieg nie.  Die mense van Kreta was bekend as leunaars en mense wat die leun geleef het.  Titus moes hulle dus die waarheid leer en mens kan slegs die waarheid ken as jy in ‘n hegte verhouding met God en die Bybel is.  Hy moes hulle dus so leer dat die betroubaarheid van die woord van God uit hulle lewenstyl afgelei kan word. 

Alhoewel die Titus brief oor die leefstyl van gelowiges in ‘n spesifieke en konkrete sosiale situasie praat verval Paulus nie net in ‘n evangelie wat net vir die hier en nou betekenis het nie, hy verwys op verskeie plekke na ‘n ander werklikheid   die werklikheid van die ewige lewe wat God belowe het.

HOOFSTUK  1

1:1-4       Seengroete

Paulus spreek Titus aan as sy eie kind in die geloof wat ons albei belei.  Hiermee roep hy Titus om hom te help met die gelowiges ir Kreta wat in ‘n spiral van sosiale agteruitgang en wanorde vasgevang is.  Daar is net een antwoord, en dit is ‘n regte verhouding met God.  Hulle moet begin by die een vaste punt waarvandaan alle geestelike heropbou moet begin :  God.

15-16      Titus se wet op Kreta

Soos genoem in die Tema is Titus agtergelaat om ouderling in die gemeente aan te stel om ander met die gesonde leer aan te moedig.  Paulus beskryf nou in besonderhede die kriterig waaraan hierdie leiers moet voldoen, ondermeer persoonlike toewyding aan God.  Paulus gee ook aan Titus die opdrag om die korrupte, geldgierige, opstandige dwaalleraars te bestraf en die gemeente weg te lei van hulle skadelik invloed.

HOOFSTUK  2

2:1-15     Die gesonde leer

Titus self behoort vir die gemeente ‘n voorbeeld te stel, maar so ook moet hy die ouer gelowiges aanmoedig om so te leef dat hulle ‘n voorbeeld stel vir die jongeres.  Weer ontvang Titus die opdrag om die waarheid te verkondig : “die genade van God wat verlossing bring” het aan ons almal verskyn (2:11).  Hierdie genade leer ons om die goeie na te jag en die verkeerde te vermy terwyl ons wag op die gelukkige dag wat ons verwag” : die dag wanneer “die heerlikheid van ons grote God en verlosser, Jesus Christus verskyn”.  Hy het homself as offer vir ons gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van ons sondes te reinig, nou kan ons sy volk wees wat ywerig is om goed te doen.

HOOFSTUK  3

3:1-11     Die Christelike gedrag

Nou ‘n saak wat ons almal na aan die hart lê die owerheid.  Paulus opem met “dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp”.  Net soos die mense van Kreta wil on sons onttrek van die samelewing en owerheid.

Paulus waarsku hierteen en beklemtoon dat jy nie ‘n teenstelling tussen God en menslike gesagsdraers moet maak nie.  Onderwerping aan die Here sluit onderwerping aan die owerheid en ander gesagsinstansies in.

In Romeine 13:1-7 kan jy lees waarom dit so is.  Geen regering bestaan buite God se toedoen nie.  God regeer en Hy sal sorg dat reg geskied.  Die overheid moet weer onderdanig wees aan hulle gesagsinstansie   –   God.

Toe God se goedheid en liefde in Christus sigbaar geword het, het Hy mense gered nie op grond van hulle goeie dade nie, maar op grond van sy genade deur die hernuwende krag van sy Heilige Gees.

As gevolg van hierdie vryspraak deur genade het gelowiges nou erfgename van die ewige lewe geword.

Om ‘n verluste gelowige te wees is nie ‘n geheim wat jy net in jou binnekamer beoefen nie.  Jy moet besef dat God jou roep om met sy boodskap en jou lewe buitestaanders te oortuig van God se goedheid!  Deur ‘n leefstyl waarin jy dieselfe goedheid bewys as wat jy ontvang het, kan jy as Christen die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense sigbaar maak.  Kom ons lewe ‘n lewe van sigbare goedheid en dankbaarheid elke dag.

3:12-15   Groete en laaste opdragte

Paulus sluit af met opdragte ten opsigte van sy reisplanne.  Hy voeg een laaste versoek by :  doen wat goed is om in hulle daaglikse behoeftes te voorsien.  Hy sluit af met groet van almal en vir almal en die seen van genade oor almal.