Kernsake in Romeine

Die Romene brief verduidelik eers dat alle mense sonde het.  Daar word God se vryspraak van sonde verkondig.  Hierdie vryspraak berus op Jesus se offer aan die kruis as enigste betaling vir ons sondeskuld.

Jy gaan sien dat vryspraak en vergewing van sondeskuld deur jou geloof jou besit word.  Ook hierdie geloof gee God verniet aan jou. 

Jy gaan beleef wat dit beteken dat God al jou sondeskuld (hede, verlede en toekoms sin) op Christus se rekening geskryf het.  God spreek jou vry, net omdat hy wil, en Hy doen dit gratis.

Wanneer jy agterkom dat God jou gratis vrygespreek het, loop jy oor van dankbaarheid.  Hierdie dankbaarheid word sigbaar as jy moeite doen om in elke opsig volgens die wil van God te lewe.

Jy gaan sien dat almal wat God uitverkies het om die vryspraak deur die geloof te ontvang daarmee saam die inwoning van die Heilige Gees ontvang.  Die inwoning van die Heilige Gees is die bewys dat jy God se kind is.  As jy God se kind is, wil jy nie meer toelaat dat sondige begeertes jou lewe bepaal nie, maar eerder die Heilige Gees.

Jy gaan sien dat die aanvaring van die Heilige Gees die eerste deel is van die vrug van die vryspraak wat God aan jou belowe.  Hierdie eerste deel dien as ‘n waarborg dat jy die res ook sal kry.

Jy gaan sien dat mense wat weet dat God hulle vrygespreek het, vrede in hulle verhouding met God het. Paulus doen in die Romene brief moeite om te wys hoe jy vrede met God kan beleef in geloof sekerheid (5:1-21) in godsdiens (6:1-23) in Vryheid van die wet (7:1-25), in kindskap (8:11-77) en selfs in swaarkry (8:18-39).

Jy gaan agterkom hoe die Romeine brief nie God se uitverkiesing probeer verduidelik nie, maar eerder God se manier van werk bloot aanvaar.  God is God, daarom kan Hy uitverkies wie hy wil en verwerp wie Hy wil (8:29,  9:11-43).  Jy gaan egter ook sien dat God dit doen sonder om in die proses onregverdig of liefdeloos te wees.  Paulus leer jou in die Romeine brief om die feit dat God jou uitverkies het, nie te bevraagteken nie, maar om eerder die ondeurgrondelikheid en genade daarvan te besing.

Jy gaan sien dat jou verheerliking behels dat jy in Jesus Christus se heerlikheid deel. Die verheerliking as ‘n proses waardeur die Heilige Gees besig om jou elke dag meer en meer soos Jesus te laat optree.  Die proses van verheerliking word voltooi wanneer God met die terugkeer van Jesus ook jou liggaam uit die dood opwek en verheerlik.

(Bybel A –Z, p 704)

HOOFSTUK  1

1:1-17   VAN PAULUS AAN DIE GELOWIGES IN ROME

Paulus het die gemeente in Rome nog nooit besoek nie.  Hy stel homself dus eers bekend en verduidelik hoe hy aposstel geword het.  Paulus wild it baie duidelik maak dat hy ‘n dienaar van Jesus Christus is : So volledig is hy in diens van God.  In die Romeine brief gee Paulus ‘n baie duidelike omvattende uiteensetting van hoe hy die evangelie verkondig.  In 1:3-4 gee hy dit in ‘n neutedop : Jesus Christus is die Here!  Hy is mens uit die geslag van Dawid en gelyketyd ook saam met God, soos sy opstanding uit die dood bewys.  Paulus sê nie net “mag julle vrede en genade hê nie, maar “Julle het dit”.  Die genade van God is sy tegemoedkomend en vergewende goedheid en die vrede wat God gee is ‘n harmoniese verhouding met Hom.

1:8-17   PAULUS SE DANK, VERLANGE EN VERPLIGTINGE

Paulus begin eers deur te noem dat hy God vir hulle dank en dikwels vir hulle bid.  Hy wil hulle ook baie graag besoek.

Paulus het vroeër gesê oor wie die evangelie handel (1:3) nou kom hy by wat die evangelie in sy diepste wese is:  ‘n krag van God tot redding.      Al wat jy moet doen om hierdie redding, hierdie vryspraak deel te kry, is om te glo.  Geloof is ‘n geskenk van God, verniet op grond waarvan Hy jou red.  Jy het niks gedoen nie, en kan dit dus nie verdien nie.  Geloof is eerder ‘n geskenk van God, op grond waarvan Hy jou red, nie jou geloof nie.  Jou vertroue stel jy nie meer in jouseff nie of op iets of iemand anders nie, maar op Hom.  Jou geloof is in die hande wat God jou gee waarmee jy jou geskenk Jesus Christus omhels en so het jy die ewige lewe.

1:18-32   DIE SONDE EN DIE STRAF

As ons konserwatief dink aan sonde en straf, dink ons aan die Wet van God, dit is die “reg” wat gedoen moet word.  As dit nie gedoen word nie, as die waarheid verruil word vir die leun is dit sonde, en die sonde word gestraf.  Dit is die basiese van geregtigheid, en wil van God, en die ongeregtigheid, die leun, die strafbare leun.  Maar nou om die vraag op, wat van die mense in afgesondere plekke in die wêreld, wat nog nooit van Christus of van God, of van God se wet gehoor het nie.  Hoe word hulle gestraf?  Paulus noem die eerste voorbeeld:  die skepping.  God openbaar homself in die skepping aan almal in die wêreld.  Hulle moet duidelik kan aflei dat daar ‘n God is en dat sy krag ewig waar is en da thy aaarlik God is.  Almal weet dus van God, al kies almal nie om Hom te dien nie.  Vir hierdie mense is daar geen veronskuldiging nie, omdat al weet hulle van God, hulle hom nie as God eer en dank nie.

Nog ‘n manier waarop God hom aan ons openbaar is innerlik in ons gewete.  ‘n Gewete is aan almal gegee om te onderskei tussen “reg: en “verkeerd”.  As jy iers doen wat verkeerd is (teen God se wil) pla jou gewete jou jy weet dus dit is verkeerd.  As jy dan voortgaan en dit in elke geval doen, sal jy die verdiende straf daarvoor kry.  En jy sal weet hoekom word jy gestraf, en jy sal weet deur wie word jy gestraf.  God sê ook da thy sy word in almal se harte geskryf het sodat almal weet wat reg en verkeerd is.  Daar is dus geen veronskuldiging vir ons nie, maak nie saak wie of waar jy is nie.  Jy weet daar is ‘n God en dit is jou keuse of jy hom gaan dien of nie.

Dan gaan Paulus voort en noem ‘n aantal sondes waar ons die leun kies en die skepsel in plaas van die skepper aanbid.  Ook noem hy in vers 29 tot 31 ‘n aantal sondes waaraan ons almal skuldig is en wat ons met God se krag moet vermy, want dit lei tot die dood.  Ons moet God in alle oorgawe en opregtheid dien en die leuengod verm sodat God se toorn nie op ons rus nie.  Hy help ons ook nogal om dit te doen deur die inwoning van die Heilige Gees.

HOOFSTUK  2

2:1-11   Die Regverdige oordeel van God

God is regverdig.  God is ryk in Goedheid, verdraagsaamheid en geduld.  Hy oordeel regverdig oor elkeen, en deur Sy goedheid lei Hy ons tot sekering.  Elke gelowige moet besef dat net God mag oordeel en dat niemand in die posisie is om homself te red nie.  Daar is geen ander manier om van die sonde verlos te word as deur Christus Jesus nie.  Die oordeelsdag kom, wanneer God regverdig sal oordeel en elkeen volgens sy dade sal vergeld.  Elkeen wat doen wat God wil en lewe in Jesus Christus het die ewige lewe.  Ons word gered deur geloof, nie dade nie.  Goeie dade is ‘n voorbeeld van dankbaarheid op God se genadewerk en nie ‘n voorvereiste vir genade of redding nie.

2:12-16   Die besit van die wet stel jou nie vry van straf nie

Paulus maak weer hier onderskeid tussen die Jode en die nie-Jode.  Die Jode het die Wet op skrif.  Dit kan hulle laat dink omdat hulle die wet het is hulle reeds vrygespreek.  Ons almal het egter die wet.  Die nie-Jode het ook die wet, nie op skrif, maar hulle het die eise van die wet in hulle harte geskrywe.  Ook hulle “gewetens getuig daarvan wanneer hulle in ‘n innerlike tweestryd deur hulle gedagtes aangekla of vrygespreek word”.  Dus:  ons almal het die wet, maar dit spreek ons nie vry nie.  Doen ons wat die wet vereis?  As ons doen, slegs dan word ons vrygespreek.  Die besit van die wet stel jou nie vry van straf nie.  Die doen van die wet stel jou vry, al doen jy dit net uit dankbaarheid omdat jy reeds vrygespreek is deur Christus.

2:17-24   Die Jode en die Wet

Een van die belangrikste maniere waarop die Jode probeer het om vir God aanvaarbaar te wees was deur die wet.  Die wet is daarom een van die Jode se heiligste besittings en speel ‘n groot rol in hulle lewe.  In hierdie skrifgedeelte kan jy sien dat die wet vir die Jode die beliggaming van alle kennis en waarheid is.  Deur die wet, so het die Jode geglo, kan hulle goed tussen reg en verkeerd onderskei.  Die Jode het alle mense wat nie die wet het nie, as blindes beskou, terwyl hulle geglo het dat net hulle kan sien.  Die blote besit van die wet was vir baie Jode ‘n waarborg van die regte verhouding met God.

Doen die wet!  Sê Paulus, dan sal jy die regte verhouding met God hê.

2:25-29   Die besnydenis sonder meer het nie waarde nie

Paulus skryf hier weer aan die Jode om dit aan hulle baie duidelik te maak dat hulle besnydenis waarop hulle so graag roem, net opsigself ‘n procedure wat gedoen is aan die uiterlike van die liggaam.  Dit opsigself maak nie van jou ‘n Jood nie!  Saam met hierdie uiterlike besnydenis moet jy in die hart besny word deur die Heilige Gees. En jy moet die wet van God getrou nakom, anders is jy net soos al die heidene onbesnydenes.  God sal self ‘n onbesnydende / heiden wat reg doen volgens die wet en wil van God, sien as ‘n besnydene / gelowige en hulle sal daarvoor lof ontvang van God.  Afstammeling en onderhouding van uiterlike godsdienstige gebruike, het geen waarde nie.  Dit is ‘n groot gedeelte van die Joodse godsdiens.  Doen die wet en dien God met die hart dan sal Hy jou beloon.  Maak staat op die hulp van die inwonende heilige Geen in die God volgens Sy wil, en nie mensgemaakte gedeelte van die Joodse godsdiens.  Doen die wet en dien God met die hart dan sal Hy jou beloon.  Maak staat op die hulp van die inwonende heilige Geen in die God volgens Sy wil, en nie mensgemaakte wette en gewoontes nie dan sal jy lof ontvang van God, nie mense.

HOOFSTUK  3

3:1-8   Die oordeel van God is nie in stryd met die voorreg van die Jode nie.

Paulus het nou aangetoon dat die uiterlike dinge waarop die Jode vertrou, soos die wet en die besnydenis op sigself waardeloos is as dit nie deel uitmaak van ‘n persoonlike en toegewyde verhouding met God nie.  Tog wys hierdie dinge as tekens na iets baie belangriks:  God se verbond.  God het sy woorde aan die Jode toevertrou en met hulle ‘n verbond gesluit.  Die Messias sou later uit hulle geledere kom.  Maar hulle het begin dwaal.  Begin vertrou op meer die uiterlike as die innerlike en die ware weg byster geraak.  Maar God is getrou en regverdig.  God is Heilig en Hy kan die sonde nie verdra nie.  Die sonde bring skuld mee en God eis betaling.  Maar hy is getrou aan sy verbond.  Paulus roep tot die Jode:  Hierdie bevoorregte posisie wat hulle nou met God het,maak hulle nie beter as ander mense nie, inteendeel, die Jode was des te meer onder die verpligting om aan die Here se eise te voldoen.  Sy eise, nie hulle s’n:  Dien die Here volgens Sy wil mense, vertrou op die uiterlike vertrou op die innerlike Heilige Gees en doen die wet.  Leer ander en dien ander.  Dan sal jy besef:  God is getrou, God is tog liefe en uiteindelik sal alle sonde vergewe word.  God is genade!

4:20   Niemand is regverdig nie.

Paulus kom nou tot ‘n gevolgtrekking oor alles wat hy gesê het in 1:18 – 3:8.  Ons is almal skuldig.  Ja, die Jode ook! Daar is nie een regverdige mens in die oë van God nie.  En om sy argument te staaf haal hy elf verse uit die Ou Testament aan.  Dit kom alles tot een oordeel, skuldig, almal van ons, Jode en Heidene, al het ons die wet.  Deur net die wet te hê, help ons niks, want die wet leer ons juis wat sonde is.  Daar sal dus geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie – dit moet hard wees vir die Jode om te sluk.  So wat beteken dit dan nou? – ons hoef nie die wet te onderhou nie, want dit het geen nut nie.  Nee! God het die wet deur Moses aan ons gegee en ons bevel om dit te onderhou.  Ons moet egter nie dink dat ons so goed is dat ons al die wette 100% onderhou en daardeur in God se oë te goed is dat Hy ons vryspreek en met ‘n plek in die ewige heerlikheid beloon nie.  Ons is sleg en skuldig en selfs ons beste poging is nie goed genoeg nie.  Nou hoe nou?  Moet ons nou maar moed opgee en depressie in sak en as gaan sit.  Nee ons moet net die werklikhied besef en ons skuld voor God bely en om Hom roep op hulp, Hy sal dit gee.  Ons sien hoe, in die volgende gedeelte God het ons gemaak, en het ons lief, hoe armsalig ons ook al is.  Hy sal redding gee.  Ons moet net glo, hoop en vertrou, en ons moet sy wet nakom, maar nie daarop staatmaak as eiehandige verdienste tot die ewige lewe nie.  Ons doen dit omdat God sê ons moet, ons dien dit met die krag wat ons van Hom vra, en ons doen dit uit dankbaarheid vir Sy genade en onverdiende verlossing.

3:21-31   God verlos die mens.

Hier kom die vryspraak nou:  “Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo”.  Ons het reeds gesê almal het gesondig en is skuldig, ons verdien dus niks nie.  Maar, God sê al het almal gesondig en het nie deel aan Sy heerlikheid nie, word hulle almal, Jode en heidene, sonder onderskeid en sonder dat hulle dit verdien op grond van Sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.  So groot is God se genade.  Hy het sy eie seun, Jesus Christus verneder van goddelikheid tot menswees.  Hy het as sondelose mens Sy kosbare bloed as versoenings- offer laat vloei vir almal wat glo.  En God is regverdig, hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.  So daar is dit dan, geen mens word vrygespreek omdat hy die wet onderhou nie, maar elkeen wat glo, in ons Here Jesus Christus word vrygespreek en verlos sonder da thy dit verdien bloot uit die genade van God, net omdat Hy wil.  Daar is net een God, net een geloof (in Jesus Christus) en almal wat glo, Jode en heidene word deur dieselfde geloof deur dieselfde God, verlos.

HOOFSTUK  4

4:1-12   Die voorbeeld van Abraham

Die Jode in Rome het baie hoë agting gehad vir Abraham en was baie trots op hulle afstammeling van hom.  Die Jode het egter ook geglo in redding volgens die wet.  Volgens hulle kon jy dus nie sonder die wet gered word nie.  Paulus voel nou nog nie dat hy sy punt met genoeg oortuiging oorgebring het nie en daarom gebruik hy Abraham as ‘n voorbeeld.  Is Abraham gered uit die wet?  Nee.

Is Abraham gered omdat hy besny was.  Nee.   Is Abraham gereg uit dade.  Nee.  

Abraham het geleef voor die wet, hy is geroep en gered deur God voor hy besny was.  Die besnydenis was ‘n teken van God se verbond en beloftes aan hom.  Abraham is ook nie gered deur enige dade vanaf sy kant nie.  Hy het nie eers uit ‘n Christelike huis gekom nie.  Sy vader Tera, en gesin het afgode aanbid.  So hoekom is Abraham gered.  Hy is gered want hy het geglo.  God het hom vrygespreek deurdat hy geglo het.  So het hy die stamvader geword van almal wat geglo het, of hulle nou besny was of nie.  Gen: 15:6   “Abraham het in God geglo en God het hom vrygespreek”.

4:13-25   Wat belowe is, word deur die geloof verkry.

God het aan Abraham ‘n belofte gegee:  jy sal die wêreldse besitting ontvang en jy sal die vader van baie nasies wees.  Jou nageslag sal so baie soos die sterre in hemel wees en in jou sal al die nasies van die wêreld geseën wees.  Die belofte het tot krag gekom, nie omdat Abraham die wet onderhou het nie, maar omdat hy geglo het.  “Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte:……”.

Die gelowiges in Rome het geglo dat daar ‘n sterk verband tussen wets gehoorsaaming en redding is.  Die Jode het die Tien Gebooie uitgebrei tot meer as 600 wette wat die lewe op elke denkbare terrain noukeurig geseël het.  Hulle het vas geglo dat dit al was wat nodig was, al die wette moes onderhou word en dan sou hulle dredding as belonging van Godn ontvang.  Paulus sluit nou by hierdie denkpatroon aan, maar bewys verrassend die teenoorgestelde pogings om iets deur wets gehoorsaming te verdien lei nie tot belonging nie, maar tot straf.  Abraham kry nie die belofte omdat hy wette onderhou het nie, maar deurdat hy geglo het.  In Gal. 3:17 redeneer Paulus dat Abraham 430 jaar voor die wetgewing op Sinai geleef het en dat die onderhouding van die wet dus nie ‘n voorwaarde vir God se belofte aan Abraham kan wees nie.  Ons moet hieruit leer hoe verkeerd en self gevaarlik dit is om iets van God te verwag in ruil vir goeie dade of wetsonderhouding.  Op hierdie manier verplaas jy jou vertrou ver van dit wat God vir jou uit genade gedoen het na jouself en eie krag.   Paulus sê tereg dat geloof op hierdie manier betekenisloos word en dat God se belofte sy krag verloor.  (4:14)

Paulus beskryf reeds in 1:16 die evangelie as ‘n krag van God.  Nou gebruik hy Abraham se lewe om te wys waste geweldige krag geloof in jou lewe kan en moet wees.  Besef dat God jou uit onverdiende goedheid red en aan jou alle goeie dinge wil gee.  Jaag dit na en neem dit in besit.  God gee dit dan vir jou!  Maar, besef ook:  geloof is prakties en aktief, nie passief.  Jy het dit, leef dit uit. Sigbaar.

HOOFSTUK  5

5:1-11   Die vrug van die vryspraak

Ons het nou sekerheid dat ons vrygespreek is, deurdat ons glo maar wat beteken dit vir ons?  Die vrug van die vryspraak is liefde en vrede.  Jou sonde wat vyandskap tussen jou en God veroorsaak het, bestaan deur dit wat ons Here Jesus Christus vir ons gedoen het nie meer voor God nie.  Jy is deur God vrygespreek!  Hy dink nie eers meer aan jou sonde nie.  Die saak tussen jou en God is nou reggemaak, deur Hom uit genade.  Daar is nou vrede tussen ons en God.  Ons is nou vir ewig met God versoen en ons het vrye toegang tot God en Sy genade.  Wat ‘n heerlikheid.  En God wil jou in Sy heerlikheid laat deel.  Maar wat dan van al die swaarkry?  Laat dit jou soos baie ander gelowiges soms twyfel in God se heerlikheid?  Dit moet nie!  Paulus sê ons moet ons selfs verjeug in die swaarkry.  Hoekom?

Paulus gee die antwoord in vers 3-5.  Swaarkry gee ons hoop en versterk ons geloof.  God het Sy liefe in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees en Hy sal nooit onttrek nie.  Ons moet dus altyd onthou:  in swaarkry is ons nooit alleen, al voel dit so.  Die swaarkry wat God in jou lewe toelaat is nie ‘n straf nie en dit is nie ‘n ontrekking van Sy liefde nie.  Al is dit moeilik om te glo as jy daar is, maar God het altyd ‘n doel met swaarkry en Hy sê in sy word da thy dit tot jou geode sal laat uitdraai.  Daarom is Hy altyd daar saam met jou.  Hy gee jou die krag om deur alle swaarkry te kom en om beter en met ‘n sterker geloof anderkant uit te kom.  Al wat jy moet doen is vra vir hulp en geduld en glo hoop en vertrou.  God se liefde sal jou nooit in die steek laat nie.  Jy kan meer lees oor die goeie vrug van geloofsbeproewing deur swaarkry in Jakobus 1:2-4 en Petrus 1:6-7.

Nou dan ons vra:  het ons enige iets gedoen om hierdie versoening en vrede te verdien?  Nee, beslis nie.  God het juis Sy Seun gestuur op die bestemde tyd toe ons nog magteloos en goddeloos was “5:8 maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was”.  God het ons dus gered toe ons nog sondaars was en ons skuld is onverdiend betaal deur Jesus Christus en so is ons gered van die straf van God en gebring in vrede met God, sonder dat ons ooit gestraf word vir ons eie sonde.  Ons het dus nou ons versoening met God ontvang deur ons Here Jesus Christus.  Laat God se liefde en jou dankbaarheid op elke terrein van jou lewe duidelik sigbaar word!

5:12-21   Adam en Christus

Nou vergelyk Paulus Adam en Christus.  Deur een mens, Adam was die sonde van die skepping reeds in die wêreld.  Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en dit het deurgedring na alle mense omdat almal daarna gesondig het as gevolg van die oortreding en ongehoorsaamheid van een mens.  Adam.  Deur die oortreding van een mens het baie gesterf.  Maar nou, deur die een mens Jesus Christus kom die genadige redding en die genadegawe wat lei tot ‘n veel oorvloedige vryspraak.  Die oortreding van Adam het dood en oordeel tot gevolg gehad, maar deur ons Here Jesus Christus is veel meer bereik, die wat gesondig het ontvang die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe, en hulle sal lewe en heerskappy voer.

Die volgende table vat die resultate saam:

           Adam                                                                      Christus

   Sonde (5:12)                                                        Onverdiende goedheid  (5:20)

   Dood  (5:12)                                                        Ewige lewe  (5:21)

   Veroordeling  (5:18)                                            Vryspraak   (5:18)

   Vyandskap    (5:10)                                             Vriendskap  (5:10)

   Ongehoorsaamheid  (5:19)                                  Gehoorsaamheid  (5:15)

Besef vandag watse groot en heerlike invloed in jou lewe die verlossingsdaad van die Een, Jesus Christus veroorsaak het:  Jy is veel ryker en het Vryheid en geloofsekerheid in Christus.  Die doel was dat soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak na heerskappy voor en tot die ewige lewe lei, deur Jesus Christus ons Here.  Jy kan met God se gratis geskenk van vryspraak weer in jou lewe beheer neem en triomfeer oor die sonde en die dood.  So sal jy vrede hê.

HOOFSTUK 6

6:1-14   Dood vir die sonde, maar lewend vir God

Beproewings

Mag ons vra?

HOOFSTUK 6

6:1-14   Dood vir die sonde, maar lewend vir God

As sondige mens met ons sondige aardse natuur, was ons in die mag van die sonde.  Ons was slawe van die sonde.  In die tyd in Rome, wat Paulus sy brief geskryf het, het slawerny hoogte gevier.  Daar was na bewering op ‘n stadium in Rome meer slawe as vry mense en hulle het geen regte gehad nie.

Eienaars kan met hulle slawe maak net wat hulle wil, selfs doodmaak.  En die uiteinde van slawerny was dikwels teregstelling.  Net so ook as ons slawe van die sonde sou bly, sou ons uiteinde die dood wees, die ewige dood.  Maar toe kom Jesus en ruil plekke met ons, hy het gesterf in ons plek vir ons sonde en so die dood en die sonde oorwin.  Ons is gedoop in Christus Jesus.  Dit beteken ons het saam met Hom gesterf en saam met Hom weer opgestaan.  Ons ou sondige mens, en sondige natuur is dus nou dood.  Ons is dood vir die sonde.  Die sonde het geen meer mag oor ons nie.  Dit beteken nie dat ons nooit weer sonde sal doen nie, ons sal, ons is nie volmaak soos Jesus nie.  Maar ons is nie meer slawe van die sonde nie.  Ons sal dus nog in versoeking kom, maar ons sal kan nee sê, die sonde beheers nie meer ons lewe nie, ons is vry in Christus en leef nou vir God.  Net soos Jesus opgestaan het en weer lewe, lewe ons ook nou ‘n nuwe lewe, ‘n lewe vir God.  So kan ons doen dit kom ons “lewe” vir God!  Wat ‘n wonderlike vrede!

6:15-23   In diens van wat God wil

Weer maak Paulus dit aan ons baie duidelik.  Eers het ons elke deel van ons liggaam en lewe aan die sonde gestel.  Hy gebruik spesifiek die voorbeeld van so denke onreinheid en losbandigheid, want dit was ‘n baie groot uitbundigheid en dekadensie in die Romeinse tyd.  Ook nog in ons hedendaagse tyd, maar ons kan God dank dat ons nou vrygemaak is van die sonde.  Nie deur die wet nie, maar deur onverdiende genade.  Nou moet ons elke deel van ons liggame in diens van God stel en heilig lewe.  Hy gebruik ons nou om ‘n lewe te ly wat toegewy is aan Hom en wat Sy naam verheerlik.  Ons is nou vrygemaak en die vrug daarvan is dat ons geheilig is en die uiteinde;  die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here.

In die woestyn het die volk gaan sit en eet en drink en het hulle opgestaan en hulle aan uitspattighede en onsedelikhede oorgegee.  Op daardie dag het die Here drie en twintig duisend van hulle laat dood maak.

Paulus is in al sy briewe baie uitgesprake oor onsedelikheid en sekonele losbandigheid.  Hy wil ‘n belangrike boodskap oordra.  Die Romeine was bekend vir hulle onsedelikheid en gereelde wilde gesellighede wat geeindig het in seksuele losbandigheid en orgies.  Dit is as gevolg hiervan dat die Here die magtige Romeinse ryk tot ‘n val gebring het.  Die Here verafsku onsedelikheid en losbandigheid.  Die ander skrywers in die Nuwe Testament raak dit ook aan.  Soos Jakobus, Jesus se broer.  Daar is ook talle voorbeelde in die Ou Testament;  dink maar aan Dawid en Batseba en Salomo.  Die Here laat dit nie ongestraf.  Ongelukkig is dit ook nog ‘n groot en algemene probleem in ons hedendaagse tyd!

Dit is hoekom Paulus sê:  “ek gebruik ‘n voorbeeld uit die alledaagse lewe:  soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid gestel het en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe” (6:19).  Ons kan en ons moet.  Onthou, ons aardse luste en begeertes is dood in Christus.  Dit beteken nie ons hoef niks meer te doen nie.  Ons gaan nog in die versoeking kom, en dit gaan nog werk vat om daarteen te stry, maar ons kan want ons is nie meer slawe van die sonde nie.  Ons is nou bekeer, en vry in Christus so kom ons stel ons hele lewe in diens van God en verheerlik Sy Naam in alles wat ons doen.  Uit liefde, geloof en dankbaarheid vir Sy groot en onverdiende genade.

HOOFSTUK  7

7:1-6   Bevry van die wet en in diens van God, diensbaar aan Christus

In hierdie hoofstuk beskryf Paulus ons Vryheid van die wet en ons vrede in Christus.  Hier gebruik hy die voorbeeld van ‘n huwelik.  Soos ‘n vrou wat gedomineer word deur haar man, was ons gedomineer deur die wet wat die sonde in ons wakker gemaak het.  Die vrou is verbind in die huwelik om haar man tot-en- met sy dood.  Sy sal dus gedomineer word tot sy dood.  So sal ons gedomineer word deur die wet tot-en-met ons dood.  Maar deur ons verbondenheid met Christus, het ons saam met Hom gesterwe en opgestaan in ‘n nuwe lewe.  In hierdie nuwe lewe het ons dus ontsnap van die dominansie van die wet en is ons vry in Christus.  Dit beteken dat ons nou deur die Gees van God gedryf word om Hom te dien in alles wat ons doen.  Deur die dood van Christus het God uit sy groot genade ons gevrywaar van al ons sonde en ons is nie afhanklik van wetsonderhouding om ‘n plek te ontvang in die ewige heerlikheid van God.  Nou kan ons God dien in “die nuwe bedeling van die Gees”.

7:7-25   Die Wet en die sonde

Wil Paulus dan nou sê dat die wet van God sleg is, en tot die dood lei?  Beslis nie, sê hy.  Die wet is goed, en reg, en heilig, maar in on swoon die sonde.  Ons is tog van nature sondige mens.  Ons gevolg van hierdie sonde, kan ons nie die wet wat reg is gehoorsaam nie.  Dus, ontbloot die wet die sonde en die sonde lei tot die dood.  “Paulus bely nou in diepte hoe hy, apostel van Christus, worstel om die goeie wat hy wil doen nie te kan doen nie, want die sondige hy, is te swak.  Hy doen net die slegte, wat hy nie wil doen nie, en die wet “veroordeel” hom daarvoor.  Ons kry dus bietjie vrede uit Paulus se belydenis, dit is nie net ons wat so met die sonde worstel nie.  Maar wat is nou die oplossing?  Die oplossing is die verlossing van Jesus Christus”.  Ek ellendige mens!  Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? 

Aan God die dank!  Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here (7:24, 25).  Christus het vir al ons wetsoortredings betaal.  Dit wat ons al gedoen het en ook die wat ons nog sal doen.  Ons is volledig vry van die wet.  Ons het vrede met God.

HOOFSTUK  8

8:1-17   Lewe deur die Gees

Soos ons nou reeds gesien het, was die wet nie by magte om ons te red nie.  Weens die sonde, ons sondige natuur het dit gely tot veroordeling en tot die dood.  Maar nou het God ons gered van die sonde en die dood.  Hy het dit gedoen deur sy seun in dieselfe gestalte as ons sondige mense te laat sterf.  Hy het Christus opgewek en sal ook ons sterflike liggame weer lewend maak deur sy Gees.  Hierdie gees, die Heilige Gees het Hy aan ons gegee, deur Christus Jesus en dit woon in ons.  As ons, ons laat beheers deur die Gees, ons hele lewe en denke laat lei vir die Here, dan sal ons lewe.  Dan is daar geen meer veroordeling deur God nie.  Met ander woorde daar is geen meer oordeel oor ons sonde nie, want Christus het gesterwe vir al ons sonde.  Dan is daar vrede vir ons by God.  Maar nou moet ons kies:  Of ons lewe deur die Gees, en hou ons besig met die dinge van die Gees.  Of ons laat ons lei deur ons sondige natuur deur vyandskap teen God – en dit is ‘n keuse want die sondige natuur het geen meer mag oor ons nie.  Dit het gesterf saam met Christus.  As ons, ons sondige natuur volg, lei dit tot die dood, “maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke sal julle lewe.  Almal wat hulle deur die Gees laat lei, is kinders van God” (8:13, 14).  “Nou kan ons ook aan die eise van die wet voldoen” (8:4).  Ja ons kan en ons moet en ons wil.  Die Gees gee ons die krag en moet dit doen, want God het gesê ons moet en ons wil dit doen, want ons is dankbaar omdat ons reeds verlos is in Christus en ons wil dit doen omdat ons lief is vir ons Vader en Hom graag wil dien.  Onthou;  ons moet die wet nakom, want dit is God se geboeie, maar dit is nie verpligting om gered te word nie, ons is reeds gered.  Ons is dus “vry” van die wet omdat ons nie meer afhanklik is daarvan om tot God gered te word nie, maar die wet is steeds goed en heilig en met die krag van die Gees, kan ons dit nakom met dandbaarheid en liefde.  In Christus se Verlossing het God ons “aangeneem” as sy eie kinders.  Hy is nou ons “Vader” of “Abba” – dieselfde word wat Jesus in sy gebed in Getsemanie gebruik het (8:15 – Mark 14:30).  As kinders van God word ons ook nou erfgename.  So wat erf ons?  Al lewe ons deur die Gees, kom ons sterfike liggaam steeds tot sterwe, maar Hy wat vir Christus uit die dood opgewek het, sal ook ons sterflike liggame laat opwek, verenig met ons gees en opneem in sy ewige heerlikheid, die ewig koningryk, die ewige lewe saam met Christus Jesus.  Ons is nooit alleen nie.  God is altyd by ons, God is altyd in ons, deur sy Gees.  Kom ons lewe deur die Gees en laat die Gees ons God dien en eer in alles wat ons dink, doen en sê.  Kom ons “leef”  Deur die Gees.

8:18-30   Die heerlikheid wat kom

Ons lewe in ‘n gebroke wêreld.  ‘n Skepping wat volgens God se wil nog onderwerp is aan vergelding aan mislukking.  En ons kry ook swaar, ons het die Gees van God ontvang as die eerste gawe van God, al kry ons nog ‘n beproewing en lyding.  Maar God gee hoop al hierdie verydeling van die skepping en die swaarkry van die uitverkose gelowiges gaan oorgaan in die Vryheid van die heerlikheid, want Hy gaan laat kom.  Hy gaan dit aan ons gee, want ons is sy uitverkose kinders.  Maar nou kan jy vra:  “Hoe weet eke k is uitverkies?”  Die antwoord is maklik;  as jy uitverkies en jy is ‘n gelowige sal jy di tweet in jou hart deur die werking van die Gees.  God het jou al by die naam geroep voor die grondlegging van die skepping.  Maar nou, hier op aarde kry ons swaar en ons word beproef en ons ly.  Ons sug saam met die skepping.  Nous al die eerste gedagte wat by jou opkom seker wees;  Hoekom?  Hoekom laat die goeie Here ons gelowiges so swaar kry?  Die antwoord is;  God het ‘n doel met alles en Hy laat “alles ten goede meemaak vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is” (8:28).  In ons swakheid staar ons, ons blind teen die swart muur voor ons, ons moet glo, hoop en vertrou, dit sal weer beter gaan.  En ons moet ook die ander gelowiges om ons wat ook swaarkry raaksien en hulle bystaan.  As ons binne die swaarkry is kan ons nie sien hoe dit tot ons beswil kan wees nie, ons wil net hê dit moet ophou, en ons weet nie hoe om te bid en wat om te vra.  Die Gees wat in ons is sien en weet presies hoe swaar dit op ons druk, en Hy praat volgens die wil van God, vir ons by God. 

En God, wat die hart deurgrond weet presies wat die bedoeling van die Gees is.  Hy weet presies hoe swaar ons kry, en Hy luister nie net, Hy doen ook, Hy gee ons deur die Gees krag en hy gee ons bystand deur geliefdes en vriende.  Hy gee nie altyd presies wat ons begeer nie, maar Hy gee altyd presies wat ons nodig het.  Die heerlikheid kom vir ons gelowiges en die swaarkry van nou weeg niks op daarteen.  Mens sien dit nie dadelik, jy sien dit miskien eers na ‘n ruk na die tyd, maar elke beproewing is ten geode dit is ‘n boublok in jou groei tot geloofs volwassenheid en dit maak jou sterk, sterker as tevore.  So bid vir krag en geduld in swaarkry en bid vir wysheid, sodat jy kan verstaan waarom God swaarkry gebruik om jou ten geode te laat groei.

“En die wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek.  En die wat “Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik”  (8:30).

Doel van swaarkry

Kan dit waar wees?

Alles ten goede!

Hoe kan my pyn, my siekte, my hospitalisasie, my verlies, al die ellende my, ten goede wees?

Ja, as dit goed gaan en die lewe seepglad verloop, is ons bereid om te sê dat alles ons ten goede is, maar as omstandighede ongunstig is?

Tog staan dit hier, swart op wit God se Woord:

“…alles ten goede…”

Hoe dan?

Dikwels weet ons nie hoe negatiewe gebeure vir ons ten goede is nie.  Ons verstaan immers nie alles nie en ons insig is beperk.  Ons ken hier net ten dele en sal eers hierna ten volle ken.

Tog kan ons dit weet en hieraan vashou:  in geloof hierdie versekering ons eie maak:  dit is “…alles ten goede…”, want God sê so.

Dalk sien ek eers oor ‘n paar weke hoekom dit ten goede was vir my.

Dalk neem dit ‘n paar jaar.

Dalk verstaan ek dit nooit hier op aarde nie –  maar ek kan nogtans berus in een sekerheid.  God het gesê dat dit vir my ten goede is, en dit is vir my genoeg.  Op een of ander wyse gebruik Hy wel hierdie omstandighede in diens van my saligheid en in diens van sy koningkryk.

8:31-39   Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie

Paulus vra ‘n paar retoriese vrae.  Daar is net een antwoord.  Geen mag of persoon of gebeurtenis of ervaring kan vernietig wat God in Christus vir ons gedoen het nie.  Niks en niemand kan keer dat God op grond van sy onverdiende liefde sy werk in jou lewe voltooi nie.  Al jou nood sal God se aandag kry.  God het jou dan reeds sy eie Seun gegee, wat sy Hy dan van jou terug hou.

“Hiervan is ek oortuig:  geen dood of lewe of engele of magte of teenswaardige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here”  (8:38, 39).  Selfs nie jyself kan jou van die liefde van Goed skei nie.  Al prober jy ook.

HOOFSTUK  9

9:1-18   God se verkiesing van Israel

Paulus begin met sy diepe droefheid oor sy “volksgenote” / Israel die Jode wat nie gehoorsaam is aan God nie en wat nie vir Christus aanvaar nie.  Hy is self bereid om plekke met hulle te ruil as dit tot hulle redding sou lei.  Paulus begin dan met voorbeelde uit die Ou Testament om te toon hoeveel voordele en onverdiende goedheid aan hierdie volk bewys is.

  1. Hulle was kinders van God
  2. God was onder hulle teenwoordig
  3. Hulle het die wet gehad
  4. Hulle het tempel diens gehad
  5. God het aan hulle beloftes gemaak en verbonde gesluit wat ondanks hulle ongehoorsaamheid alles vervul is
  6. Hulle is afstammelinge van die aardsvaders – Abraham en Isak
  7. Die verlosser / Messias is uit hulle gebore:  “die Christus as mens gebore – Hy wat God is, verhewe bo alles en lofwaardig vir ewig!  Amen”     * ‘n Eenvolume kommentaar p. 1759

Tog het baie volkgenote nie hierdie wonderlike seeninge en verdiende goedheid aanvaar nie en verlore gegaan.  Party is dus gered en party het verlore gegaan.  Nou hoe werk dit dan?  Dat God party red en ander nie?  Slegs geloof in die persoonlike verlossing deur Jesus Christus, en nie “volksverbond” nie, lei tot God se vryspraak.  As God dus nie ‘n hele volk red nie, maar slegs die wat glo beteken dit nie dat Hy Sy beloftes verbreek nie, nee hulle kom juis tot reg wanneer Hy sy vryspraak gee aan die wat waarlik glo.  Hy doen dit deur God se uitverkiesing as finale grond vir die ontvangs van God se onverdiende genade en goedheid en sy vrymag in die toedeling daarvan.  God kan doen wat Hy wil.  Hy kan uitverkies wie Hy wil en laat verlore gaan wie Hy wil.  Ons mag nie oor ander mense se uitverkiesing oordeel nie, net God weet dit.  Maar jy kan seker wees en dankbaar wees deur die geloof wat jy ontvang het van jou eie uitverkiesing.  Dank en prys Hom vir die goedheid wat Hy aan jou bewys het, en moenie vra hoekom verwerp Hy ander nie.  Wees net bly Hy het jou nie verlore laat gaan nie  (9:18).  “Dit is dus inderdaat so dat God Hom ontferm oor wie Hy wil, en dat Hy verhard wie Hy wil”.  God is God groot onbegryplik en misterieus, dit maak Hom juis geloofwaardig.

9:19-29   Die oordeel en genade van God

Hoe kan ons nou God beskuldig dat hy sommige uitverkies en sommige laat verlore gaan.  Is dit nie onregverdig nie.  Beslis nie, God is regverdig.  En in alle regverdigheid moes Hy eintlik alle mense verdelg het want in alle mense is daar onreg teenoor Hom.  In jou redding maak God dus sy genade en die rykdom van Sy heerlikheid bekend.  Hy ontferm Hom dus oor jou en oor my, en oor baie ander wat eintlik verdien om verlore te gaan.  Ons moet dus oorweldigend dankbaar wees en alles inspan om God se genade en heerlikheid in die wêreld te vertoon en te verkondig in alles wat ons doen en sê.

9:30 – 10:4   Israel en die Evangelie

Paulus vra “wat is nou ons gevolgtrekking?  Dit:  God se vryspraak is vir almal wat glo.  Nie deur die wet te onderhou nie.  Christus het die wet opgehef.  Nou – almal wat glo in sy sterwe sy verlossing van al ons sonde, en sy opstanding in ‘n nuwe lewe, vir ons sal vrygespreek word.  Dit is waar Israel geflouter het, hulle gestruikel het oor die “rots” – hulle wou hulle vryspraak self verdien deur allerlei dade en rituele, en deur fonatiese onderhouding van die wet.  Intussen het hulle nie vertrou op wat Christus gedoen het nie.  Dit is hoekom Paulus sê;  selfs heidene wat nie God se vryspraak gesoek het nie, het dit gekry, want hulle het bekeer en geglo.  In die geloof het hulle die vryspraak gekry.  Ons gevolgtrekking:  Almal wat glo en bely dat Jesus die Here is sal vrygespreek word.

HOOFSTUK  10

10:5-21   Die verlossing is vir elkeen wat glo

Ons sê weer:  “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word”.

Maar waar kom ons aan hierdie openbaring waar leer ons van Christus se “daad” en God se verlossing.  Hoe kom ons tot geloof.  Is di teen of ander geheimsinnige kode wat ons iewers moet gaan soek?  Nee!  Dit is so naby as die skrif, die skrif wat ons lees met insig deur die Heilige Gees.  En dit is so naby as die predikant wat ons hoor, van die wat God stuur.  Israel het beide gehad, die skrif en die prediking.  Maar hulle was hardkoppig en eie wys.  Hulle was ‘n “….ongehoorsame en weerspannige volk” (10:21).  God sê Hy het Hom laat vind deur mense wat nie na Hom gesoek en gevra het nie.  Hoe doen God dit?  Eenvoudig :    

Die Verlossing is vir elkeen wat glo!

HOOFSTUK  11

11:1-10   Die oorblyfsel van Israel

God verstoot nie sy uitverkorenes nie.  Ongelukkig het die meerderheid van Israel, net soos ongelowiges van vandag, vir Christus verstoot en geweier om op God te vertrou.  Hulle word deur die skrif beskryf as bedwelmd, dood en blind en hulle gaan verlore.  As hulle verhard in hulle weë, is daar geen hoop en uitkoms vir hulle.  Maar God is genadig en getrou.  Net soos die Jode, waarvan Paulus ‘n voorbeeld is wat in onverdiende genade, uitverkies is sal die wat in geloof volhard vandag nog en vir altyd, ongeag van volk of ras, vir ewig voortbestaan.  Hulle word uit genade uitverkies en gered en God sal hulle nooit uit Sy hand laat vaar.

11:11-24   Die verlossing van die heidennasies

Deurdat Israel die evangelie verwerp het, het die evangelie versprei en is dit aangebied en aanvaar deur die heidennasies.  Hulle het gelowig geword en lewe nou in Christus.  Paulus se hoop is nou dat dit die oorblyfsel van die Jode wat Christus verwerp het, jaloers sal maak en dat hulle tot inkeur sal kom en terugdraai na die evangelie en die redding van God sal aanneem.  Hulle val is dus moontlik nie finaal nie.  So moet ons lewens as gelowiges skitter in Christus en aanloklik lyk vir die ongelowiges en vir hulle ‘n voorbeeld wees.  Nie andersom nie.  Gelowiges word ook so maklik verlei deur die groen gras aan die ander kant van die draad; die aardse rykdom, sukses, bandeloosheid en “lekker” lewe van die ongelowiges.  Sorg dus dat jy nie die ongelowiges se slegte invloed ondergaan nie, maar dat hulle eerder onder die invloed kom van jou goeie geloofvoorbeeldige lewe.  Maar waak ook teen hoogmoed.  Moet nie neerkyk en oordeel oor ander nie.  Dan sal jy nie die goeie boodskap oordra nie.  Bly nederig in jou benadering dan sal jy die ongelowiges jaloers maak op jou intieme verhouding met God en sal hulle ook smag na die vryspraak deur God en sal hulle in sy heerlikheid wil deel.  So kan jy hulle oorhaal en kan daar weer redding kom vir die wat afgedwaal het.

11:25-32   Die toekoms van Israel

Paulus praat hier met die heidene.  Hy sê vir hulle dat eers wat hulle ongehoorsaam aan God, maar toe word die Jode ongehoorsaam aan God en verwerp vir Christus, toe val God se genade en ontferming oor hulle.  Maar net so gaan dit ook in die toekoms met die Jode gaan.  Omdat God hom oor die heidene ontferm het, gaan die Jode tot inkeer kom en die ontferming vind.  God sê dat alle mense skuldig is en ongehoorsaam is.  Jode en nie-Jode maan dat Hy sy genade aan almal betoon en Hom oor almal ontferm deur Jesus Christus.  “As God eenmaal aan menses y genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie”  (11:29).  God het ons, die gelowig, die uitverkorenes al voor die grondlegging van die skepping “geroep”.  Al val ons gedurig in die sonde, Hy help ons weer op.  Hy sal ons nooit verlaat nie.  Ons is nooit alleen nie.  Die Gees waak in ons.  Al dwaal ons ook hoe ver af, Hy sal ons terugtrek.

11:33-36   Aan God die Eer

Van Paulus se hoop en besorgtheid oor die onbekeerde Jode, sy hartseer gaan oor in ‘n loflied oor God se goedheid.  Dit is waaroor dit gaan;  vertroue.  Ons verstaan nie altyd God se bedoelinge nie, ons kan tog nie.  Maar ons moet weet:  In God is die ondeurgandelike wysheid kennis en rykdom en oordeel.

“Uit hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge”  (11:36).  Alles is dus goed, en na Sy wil.  Ons moet dit vertrou.  En as jy partykeer wil hoop verloor oor iemand wat onbekeerd is, en lyk of sy/haar redding in die weegskaal is, vertrou op God Hy sal ingryp en sy reg laat geskied.  Die heerlikheid behoort aan Hom, tot in ewitheid.  Glo, hoop en vertrou.  God sal sy onaanspreuklike wee oopmaak vir die wat bedoel is om dit te wandel.  Loof die Here!  Hy is ons Redder!

Hoofstuk 12 -15   Die Christelike lewe

Nou het God, suiwer op grond van Sy liefde en genade en teen ‘n hoë prys sy volk gered.  Moet ons nie nou ons lewe as ‘n dankoffer aan God aanbied, sodat Hy ons kan verander en nuut maak nie?  Dit sal ‘n algehele reorientering beteken ‘n verandering in uitkyk en ingesteldheid sowel as gedrag.  Paulus algemene beginsels en riglyne.

HOOFSTUK  12

12:1-8   Die nuwe lewe in Christus

Paulus begin met die motifering van ons opeenvolgende groot verandering:

“God se groot ontferming”.  Agter al jou veranderde dade en denke moet jy motifeer;  dis omdat God my lief het, my vrygespreek het, my verlos het.  “Gee julleself as lewende en heilige offers…….” (12:1a)

Dit is die eerste opdrag.  Die Grieks vir “julleself” is ook “julle liggaam”.  Jy moet jouself dus volledig, liggaam en al, aan God gee.  Dit is ‘n praktiese daad, en jy moet in Sy diens staan deur dade en gedrag wat gekenmerk word deur opofferende liefde en sigbare Christelike gedrag.  Dit is die Godsdiens wat ons moet beoefen – beoefen;  dade en gedrag.  Waardeur jy Christus se liefde vir ander sigbaar maak.  Ons moet nie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie:  dus kan ons nie maar sommer net maak soos alle ander mense nie en ons kan ons nie laat lei deur ons aardse natuur, God het nou ons dade verander nou vernuwe Hy ook ons denke.  Deur die Gees sien jy dat jou hele lewe te danke is aan God, deur Christus.  Jy begin onderskei tussen God se wil, en jou eie wil.  Jy begin ook anders dink oor jou verhouding met jou medemens en jou roeping in die lewe.  Hoe kan ek my lewe op God se liefde bou?  Ons moet ook nou onsself sien in ons denke.  Ons, moet nie te veel van onsself dink nie – nederigheid is die wagwoord.  Wees beskeie in die geloof en lê goeie oordeel aan die dag.  Ons is almal lede van een liggaam en ons moet onsself sien “in ooreenstemming met die maat van geloof” wat ons ontvang het en die gawes wat ons ontvang het gebruik om ons plek in die gemeenskap te vind en ander te help en God te dien.

12:9-21   Riglyne vir die Christelike lewe

“Die klompie kort (maar kragtige) voorskrifte wat Paulus nou gee, sal jou help om die opofferende liefde van Christus met dade in jou gemeente sigbaar te maak.  Let op hoe elkeen van die sake wat hier genoem word kenmerkend van Jesus se eie lewe op aarde was.  Jesus het kant gekies vir die goeie (Mark 3:4), liefde betoon (Joh 13:1), respek bewys (Joh 13:2-17), was toegewyd (Joh 12:27), entoesiasties (Luk 4:14-15) ; (10:21), het gedien (Matt 20:28), het volhard in tye van swaarkry (Luk 22:70), getrou gebid (Luk 5:16), gehelp in nood (Mark 9:22-24), was gasvry (Joh 6:1-11), het Sy vervolgers geseën (Luk 22:50-51), het meegeleef in blydskap (Joh 2:1-10), en hartseer (Joh 11:35), het Hom beywer vir eensgesindheid (Joh 17:11, 21-23), Hy het hom gevoeg by die nederiges (Luk 5:30 – 15:1-2), en het Sy eie wil ondergeskik gestel aan die Vader se wil (Matt 26:39).  Deur so op te tree het die opregtheid van Jesus se liefde sigbaar geword.  En dit is tot sulke gedrag wat jy ook opgeroep word. 

Oorweeg elkeen van hierdie voorskrifte teen die agtergrond van Jesus se opofferende liefde.  Bepaal dan bidden met watter dade jy hierdie opregte liefde van Jesus onder die gelowiges aan wie God jou gebind het (jou gemeente) sigbaar kan maak.

* ‘n Een volume kommentaar p1767

HOOFSTUK  13

13:1-7   Verpligting teenoor die owerhede

Paulus sê elke mens (hy bedoen gelowiges) moet hom aan die owerheid onderwerp, want die regering is daar geplaas deur God.  En wie hom teen die gesag verset, kom in opstand teen God.  Onderwerping aan die regering is dus Godsdiens en nie politiek nie.  Omdat jy ‘n kind van God is, kan jy vertrou en glo, glow at jy nie sien nie, dat God ‘n goeie doel het met die huidige regering.  Jou geloof moet tot dade oorgaan en jy moet die owerheid dien (net sover as wat dit volgens die wil van God is!).  Moet jou nie teen die owerheid verset nie, doen wat hulle vra;  doen net goed, nie kwaad, betaal jou belasting en gee aan almal wat hulle toekom.  Maar, dit is ook belangrik wat Paulus sê in, “want die owerheid is ‘n dienaar van God tot jou beswil” (13:4).  Op hulle beurt weer moet hulle gehoorsaam wees aan God en hulle eise mag net binne die wil van God wees.  As dit nie is nie en hulle regering lei tot Goddelose swaarkry, verontregting en uitbuiting en onderdrukking is jy nie langer hulle “kneg” nie en sal God dit sien en hoor en dit volgens sy raadsplan bestuur.  Die gesag van die owerheid kom van God en behoort nooit gebruik te word om kwaad te regverdig nie.  “As die owerheid beveel wat God verbied, of verbied wat God bevel, is dit ons Christelike plig om nie onderdanig te wees nie, om ongehoorsaam aan die owerheid te wees soda tons God kan gehoorsaam”.    John Scott

13:8-14   Liefde is die volle uitvoering van die wet

Al die geboeie word saamgevat in hierdie een gebod.  “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”.  Soos Christus ons liefgehad het, moet ons nou daadwerklik ons medemens liefhê.  Dit is nie net ‘n emosie of gevoel nie, maar ‘n daad van selfopoffering waarin God se eer en jou naaste se belange gedien word.  Ons moet Christus se liefde weerkaats in die dien van ons naaste.  En ons moet dit nou doen.  Die tyd is min Paulus sê die nag is verby, die “dag” van ons finale verlossing is naby.  So kan ons lewe elke dag in liefde asof dit die laaste is.  Gee al jou liefde aan almal om jou.

HOOFSTUK  14

Inleiding

Aanvaar mekaar gelowiges.  Moenie oor kantlyn gebruike waaroor die Bybel nie direk uitspraak lewer nie, stry kry nie.  Deur daaroor te stry en te oordeel, veroorsaak dit verdeeltheid in die gemeente wat sigbaar is van buite.   Elkeen doen wat hy doen, tot eer van die Here.  Bou mekaar dus eerder op, stel mekaar se belange voorop en verheerlik God deur mekaar te aanvaar.  Wees ‘n vredemaker in jou gemeente.  Ons sal tog elkeen voor God moet rekenskap gee oor wat ons doen.

14:1-12   Moenie jou broer veroordeel nie

Paulus doen deur te praat van gelowiges wat “swak” in geloof is.  Hy verwys waarskynlik na die Jode wat nog nie glo in vryspraak sonder wet gehoorsaming en en allehande rituele nie.  Ander lidmate wat sterk in die geloof is besef dat behalwe die geloof in Christus niks meer nodig is nie.  Daarom is daar skeidins tussen hierdie lidmate.  Daar is vandag nog skeiding tussen lidmate wat sekete gebruike aanhang of nie.  In so geval moet daar nie ‘n gestryery of veroordeling wees nie.  Ons moet mekaar aanvaar, nie bevraagteken nie en daar moet voorbidding, gesamentlike eredienste, liefdevolle sorg en vriendelike belangstelling wees.  Hou jou opinie tot jouself God aanvaar hierdie lidmate net soos vir jou.  Christus het gesterwe en lewend geraak vir ons almal.  Jy mag nie oordeel nie, net God mag.  Ons sal almal voor die regterstoel van God verskyn en aan Hom moet rekenskap gee oor alles wat ons doen.

4:13:23   Moenie jou broer laat struikel nie

Hierdie gedeelte gaan oor kos – sekere mense beskou sekere kosse as onrein en eet dit nie.  As jy dit wel as rein beskou, maar dit voor hulle eet, gee jy aanstoot en kan jy jou broer laat struikel.  Alle kosse is rein, maar as jy twyfel en tog eet, sondig jy.  Alles wat nie deur geloofsoortuiging gedoen word nie, is sonde.  As iemand iets as onrein beskou – vir hom is dit onrein.  Maar laat dit ‘n saak tussen hom en die Here wees.  Moenie oordeel nie. 

“Die koningkryk van God is nie ‘n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde wat die heilige Gees ons gee” (14:17).  Moenie deur wat jy eet, ‘n kind van Christus laat verlore gaan nie.

HOOFSTUK  15

15:1-6   Die Voorbeeld van Christus

Ons moet ander se belange voorop stel, en hulle twyfel en wese in aanmerking neem.  Jy moet wegkyk van jouself en verdraagsaam wees teenoor ander gelowiges se swakhede net soos Christus was met jou.  Christus is hierin vir ons ‘n voorbeeld en motivering soos opgeskryf in die Skrif.  Die skrif gee ons leiding.  Daar rus dus ‘n plig op alle gelowiges om hulle te onderwerp aan wat God in die Bybel oor die geloof en die geloofslewe openbaar.  Dan sal gelowiges sensitief wees vir mekaar se standpunte en daar sal eensgesindheid wees tot lof en verheerliking van God.

15:7-13   Die evangelie is vir alle mense

Jesus het gesterf, nie net vir die Jode nie, maar vir alle nasies.  Alle nasies moet God verheerlik.  Die evangelie moet nou aan alle nasies, Jode en heidene verkondig word, sodat almal gelowig kan word in Christus en God kan verheerlik en dien.  Ons is almal saam God se kinders ons is deel van dieselfde liggaam so ons moet almal saam God loof en aanbid.  Tot Christus weer kom om ons te kom haal.

15:14-21   Paulus se sending opdrag

Paulus vertel van sy priestelike roeping as apostel van Christus onder die heiden nasies in Rome.  Hy is vol vertroue dat hulle glo en hulle geloof uitleef.  Hy gee aan God die eer wat Christus deur hom vermag het om met word en wonderdade en tekens die nie-Jode tot geloof te lei.  Bemagtig deur die Gees het Paulus sy lewensroeping gevolg deur Christus te verkondig aan die wat nog nooit die evangelie gehoor het nie.

15:22-33   Paulus se plan om Rome te besoek

Paulus deel met die gemeente in Rome sy toekoms reis planne en sy hoop om hulle te besoek in ‘n tyd lank by hulle te vertoef.  Hy vra hulle bede as hulp en bid self dat dit die wil van God sal wees om hulle binnekort te sien.

HOOFSTUK  16

16:1-16   Persoonlike groete

Paulus begin sy groete met die aanbeveling van Febe.  Sy was ‘n dienaar (diaken) in die gemeente van Kenchreë.  Sy is waarskynlik die een wat die brief na Rome geneem het.  Paulus noem nou ook baie Christene  onder gemeentes wat hy waarskynlik ontmoet het voor hulle teruggekeer het Rome toe.  Dit is opvallend hoe baie vroue Paulus noem, dit dui op hoë belangrike rol wat vroue in vroeë kerk gespeel het.  ‘n Noukeurige studie van die name openbaar dat die vroeë kerk uiteenlopens was ten opsigte van ras en ekonomie.

16:17-24   Laaste opdragte

Paulus waarsku die Romeine om weg te bly van die vals leraars wat “verdeeldheid veroorsaak”.  Hy stel hulle ook gerus dat hulle geloof sterk is en belowe aan hierdie gemeente die altyd teenwoordige genade van die Here Jesus en geestelike oorwinning oor die Satan (16:20).

6:25-27   Lofprysing

Paulus het sy brief aan die gemeente in Rome voltooi.  In hierdie brief skryf hy onder lyding van die Heilige Gees oor geheimenise wat lank verborge was, maar nou geopenbaar is;  die evangelie van Jesus Christus.  So kom die evangelie ook tot jou deur, Paulus as die boodskapper.  Dit is sodat jy in God kan vasstaan, in Hom kan glo en Hom gehoorsaam.  “Aan Hom, die enigste en Alwyse God behoort die heerlikheid deur Jesus Christus tot in Ewigheid!   Amen. (16:27). 

Deur te dien en te gehoorsaam, sal God ook deur jou lewe verheerlik word!

———————————————————–