Paulus is rondom 3nC in Tarsus,‘n bekende Griekse kultuurstaat gebore. Die naam Saul (Saulus) het hy in sy Joodse ouerhuis ontvang. Hy was ‘n Benjaminiet. Hy het ook van kleins af ‘n tweede naam gebruik, Paulus. Hy het ‘n streng Farise opvoeding in sy ouerhuis en in die sinagoge ontvang. Hy het ook ‘n Griekse skoolopleiding ontvang en so die Griekse taal en skryf kuns bemeester. Van sy vader het hy Romeinse burgerskap geerf wat hom later goed te pas sou kom. Na sy skoolopleiding het hy onder die bekende rabbi Gamaliël gaan studeer.
Sy vervolging van die Christene
Nou het hy die Christene met groot woede begin vervolg. Die rede hiervoor lê nie net in sy heftige aard nie, maar ook in sy radikale toewyding aan die farisese geloofsoortuigings. Hy het kerk probeer uitroei. Hy het van huis tot huis gegaan waar die gelowige gemeentes kerk gehou het en hy het mans en vrouens laat uitsleep en hulle in die tronk laat sit. Hy het met passie voortgegaan om al die volgelinge van die Here met die dood te dreig en so oue Christelike geloof probeer uitroei. Christelike kern Esiklopedie p. 854
Hand 9:1-5 Paulus se bekering
Saulus het soos ‘n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig en hulle gevange te neem. Toe hy op sy reis na Damuskus toe was om daar aanhangers van die Here te gaan arresteer, het daar skielik ‘n lig uit die hemel op hom gestraal. Hy het op die grond neergeval en ‘n stem vir hom hoor sê “Saul, Saul” waarom vervolg jy My?
Wie is U Here? Vra hy toe.
“Ek is Jesus” antwoord Hy”. “Dit is vir My wat jy vervolg. Maar staan op en gaan na die stad toe.
Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen”.
Toe Saulus van die grond af opstaan kon hy nie sien nie. Drie dae lank kon hy nie sien nie, en het hy niks geëet of gedrink nie.
In Damuskus was daar ‘n sekere volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het hom geroep en na Saulus toe gestuur om hom te doop en te bekeer. Ananias was eers skepties agv Saulus se beroemdheid as vervolger van die Christenene, maar toe sê die Here vir hom:
“Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.
Ananias het gegaan en Saulus die hande opgelê, hy is vervul met die Heilige Gees, hy kon weer sien, en hy is gedoop.
Onmiddelik daarna begin hy die evangelie verkondig van Jesus die Seun van God.
So dan dat Saulus, of soos ons hom ken, Paulus, se bekering sy inkeerings verandering van Christen vervolger na navolger en apostel van Christus.
Die Here roep ons ook om sy wil te doen. Miskien nie so duidelik en drasties soos vir Paulus nie, maar tog. Ons doel hier op aarde, is nie om ‘n lekker lewe te hê nie, maar om God te dien en Hom te volg na waar hy ons wil gebruik. So luister na die fluisterstem van die Here.
‘n Wyse man het gesê: daar is twee baie belangrike dae in jou lewe, die dag as jy gebore word en die dag as jy besef hoekom jy gebore is. Dit is om God te dien oral waar jy gaan. En God jou lei na waar Hy jou wil gebruik, en as hy jou roep, laat vaar alles, en volg Hom. Verkondig sy word, waar hy jou wil gebruik, al is dit by die werk.
Ons doel hier op aarde is om God lief te hê en te dien en God se woord te versprei oral waar ons is en gaan.