Vrygespreek deur die geloof vry van die wet.

Kan en hoef niks anders te doen of verlos te word nie Christus het klaar verlos.  Het nou die Heilige Gees in ons lewe dus onder beheer van die Gees – Vrug van die Heilige Gees nie sondige natuur.

► Alles – deur die geloof alleen, deur Christus alleen.

*    Galasiërs

A H Bogeards

► Die mens kan nie deur goeie werke voor God regverdig word nie, maar deur die geloof alleen.

► Hierdie brief is nie alleen vir die Galasiërs bedoel nie.  God het dit nodig geag dat ook u dit moet hoor.

“Die hele skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot anderwysing in die geregtheid”  (2 Tim 3:16).  Dit geld ook van hierdie brief.

GALASIËRS  1

1:1-5       Aanhef en gegroet

Hierdie groet is baie besonders.  Kom ons gee bietjie meer aandag. 

1:1  Paulus stel homself bekend soos gebtuiklik as “Paulus, ‘n apostel”.  Maar dan voeg hy dadelik by:

“…..nie van mense nie.  Ek is ook nie deur ;n mens aangestel nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het”.  Al hierdie ekstra gedagtes wat hy byvoeg het op een of ander manier te doen met die ernstige dwaalleer in die gemeente wat hy later in die brief wil beveg. 

Die dwaalleeraars het verkondig dat Christus se kruisiging nie genoeg is om geregverdig te word nie.  Dit is Jesus + iets van ons Jesus + wetsonderhouding, Jesus + werke, Jesus + besnyding.

Dit het die gemeente ernstig in verwarring gebring en dit is juis dit wat Paulus wil beveg in hierdie brief.

Paulus se beklemtoning van sy apostelskap dui moontlik daarop dat sy apostelskap deur die dwaalleraars bevraagteken is.  Dan sê Paulus hoe hy wel ‘n apostel geword het: nie deur mense nie, maar deur Jesus Christus self.  Hy maak ‘n besondere toevoeging : en deur God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het.  Om die belangrikheid hiervan te besef moet ons verstaan dat toe die Vader Jusus uit die dood opgewek het, het God bewys dat sy plan uitgevoer was:  Jesus het gesterf, dit was genoeg, al die gelowiges se sondes is klaar betaal.  “Dit is volbring” – “Amen”

“  God was tevrede”.

“Aan die gemeentes in Galasie”

“Genade en Vrede”

Genade:  Deur God se genade word ons verhouding met Hom herstel.  Hierdie Genade het alles met Jesus Christus te make en niks met wetsonderhouding nie.  Daarom waarsku Paulus so ernstig in Galasiërs 5:4 : “Julle wat geregverdig wil wees deur die wet is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval”.

Vrede:  Christus alleen is ons vrede “omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus”  (Rom 5:1,  Jes 53:5).

Hierdie genade en vrede kom nie alleen van die Seun nie, maar ook “van God ons Vader”.

God het alles deur sy Seun gedoen.  Agter die kruis staan die Vader en sy wil tot ons redding.  Paulus sluit af met ‘n lofprysing:   aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid!  Amen.  Aan God alleen die eer.

1:6-10     Daar is geen ander evangelie nie

6.  “Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig  word en ‘n ander evangelie aanneem.  7.   Daar is geen ander evangelie nie!” 

“As enigiemand aan julle ‘n ander evangelie verkondig – die vloek van God sal hom tref!’

Gewoonlik volg daar na die briefaanhef ‘n danksegging.  Maar nie hier nie.  Paulus is baie ontsteld.  Die dwaalleraar het ‘n ander, valse, evangelie aan die gemeente verkondig en hulle was besig om daarvoor te sing.  Vir Paulus is die dwaling van die gemeente geen klein saak nie, hy noem dit afval.  Hy skryf dat die Galasiërs “so gou afvallig word van Hom wat julle deur die genade van Christus geroep het”.  Die dwaalleraar verwerp dus God se “gratis” verlossing en sê dat Christus se offer aan die kruis nie genoeg was vir ons volle regverdiging en verlossing nie.  Dit moet verder deur ons wetswerke voltooi word.  Dit is nie net ‘n verdraaide evangelie nie, dit is belediging tot God.  Hulle kom God se eer te na en sê Christus se werk is nie genoeg nie.  Ons skuld is nog nie klaar betaal nie.  Paulus sê God se vloek sal hulle tref!.  Maar, en dit is wat Paulus so baie ontstel, as die gemeente hierdie verdraaide evangelie glo, is hulle ook besig om God se seën vir sy vervloeking te verruil.  Die vervloeking is baie erg, dit beteken om oorgegee te word aan die oordeel van die hemelse Regter.  Maar dit is baie balangrik dat alle gelowiges dit goed sal begryp:  God se seen het ook ‘n ander kant. 

Wie God se onverdiende goedheid en seën en suiwer evangelie verwerp bring sy vervloeking op hom- of haarself.  Paulus spreek hierdie vloek oor almal uit – ook oor homself as hy ‘n verdraaide leer sou verkondig.  God se boodskap is die belangrikste, maak nie saak wie dit verkondig solank die boodskap in ooreenstemming is met God se bedoeling!

Hoe Paulus ‘n apostel geword het

Paulus som sy lewensverhaal op om paar punte te bewys en te beklemtoon.  Sy doel is om te bewys dat die Goeie Nuus wat hy verkondig reg is.  Hy het dit immers by Jesus Christus ontvang.

Die verdraaiers van die Goeie Nuus kom waarskynlik van Jerusalem en ken Paulus se lewe.  Hulle het dit heel waarskynlik gebruik om Paulus se apostelskap onder verdenking te plaas.  (Onthou anders as die ander apostels, het Paulus nooit vir Jesus tydens sy aardse optrede geken nie, iets wat deur sy teenstaanders teen hom gebruik kan word.)

Paulus begin sy lewensgeskiedenis toe hy nog jonk was en ‘n fanatiese vervolger van die christene en die Christelike kerk probeer uitroei het.  Hy maak dit duidelik dat hy ‘n kenner was van die Joodse praktyke wat die verdraaiers van die Goeie Nuus juis nou probeer het om die gelowiges in Galasie te oortuig het om te doen.  Maar hy het al hierdie praktyke laat staan toe God hom geroep het.  Die dwaalleraar was dus besig om die Galasiers teen God se wil in te mislei.

Die belangrike gebeurtenis in sy lewe:  Paulus sê God het hom reeds voor sy geboorte afgesonder.  God het ingegryp in sy lewe en hom deur Sy onverdiende goedheid geroep,  God het Jesus aan hom bekend gemaak.  Jesus het met ‘n stem uit die hemel met hom gepraat en hom beroep.  God het hom reeds daar sy opdrag gegee.  Hy moes die evangelie oor Christus aan die nie-Jode gaan verkondig.  Daarom het God hom op daardie oomblik op die Damaskus pad geroep toe hy oppad was om die gemeente te vervolg.  God het “my deur sy” genade geroep, sê Paulus.  Dit was uit onverdiende liefde.  Dit het “God behaag… om sy seun in my te openbaar”.  God openbaar sy seun in Paulus sodat hierdie eertydse gemeente verwoester hom onder die heidene sou verkondig.  Paulus het sy evangelie direk en volledig van Christus ontvang.  Hy het dadelik begin om die goeie nuus te versprei onder die heidene.  Eers drie jaar later het hy na Jerusalem toe gegaan en daar het hy van die ander apostels ontmoet.  Hy het vir Petrus ontmoet en ook vir Jakobus die broer van Jesus.  Daarna is hy weg op sy sendingwerk.  Dit het onafhanklik van Jerusalem en die ander apostels geskied.  Hy het sy opdrag en evangelie van God ontvang en kan dus onafhanklik van die ander voortgaan, met sy verkondiging en gemeentestigting. 

Hier is ‘n aangrypende boodskap in Galasiers.  Paulus het ‘n totale omkeer in sy lewe ervaar.  Dit bewys net een ding.  Dit was God wat in sy lewe ingegryp het, net omdat Hy wou.  Dit demonstreer hoe groot God se onverdiende goedheid en hoe bevrydend die wonderlike boodskap van God is, ook in ons lewens.

HOOFSTUK  2

2:1-10     Paulus deur ander Apostels erken

Veertien jaar later is Paulus weer Jerusalem toe in opdrag van God.  Daar het hy met die ander apostels en gemeenteleiers vergader.  Jerusalem was op daardie stadium nog die hoofsetel van die Christelike goedsdiens.  Paulus het net gegaan in opdrag van God om sy evangelie wat hy verkondig te gaan voorlê aan die broers.  Hy het nie gegaan vir goedkeuring of toestemming om te verkondig nie.  Hy weet baie goed hy het sy evangelie van Jesus Christus ontvang, so dit is reg.  ‘n Mede-broer, Titus wat saam met Paulus was was ‘n Griek, ‘n onbesnedene.  Hy is nie gedwing deur die Jode om hom te laat besny nie alhoewel dit deel was van die Joodse praktyk.  Dit bekragtig Paulus se standpunt dat as jy ‘n Christen word en glo dit nie meer nodig is om besny te word nie.  As jy glo in Jesus is jy vry ook van die Joodse wet en die Moses-wetsonderhouding.  Paulus het toe sy evangelie voorgelê aan die ander apostels en die gemeente leiers.  Die leiers het niks toegevoeg tot Paulus se evangelie nie, inteendeel hulle het ingesien dat dieselfe God wat Paulus apostel gemaak het vir die Jode het Paulus apostel gemaak vir die nie-Jode.  Toe het Paulus die pilaar apostels ontvoet en hulle seën ontvang as medewerker.  Hulle het ‘n ooreenkoms aangegaan dat hulle die evangelie sou verkondig aan die Jode en Paulus aan die nie-Jode.

2:11-14   Paulus wys vir Petrus tereg

Die hele argument het ontstaan omdat Paulus en van die ander Jode aan tafel saam met die nie-Jode geëet het.  Die Jode het baie streng voorskrifte oor wat ‘n mens mag eet en hoe kos voorberei moet word.  Die nie-Joodse Christene hoef hulle nie aan hierdie wette te hou nie.  Daar was egter niks mee verkeerd vir die Jode om saam met Christene uit die heidene aan tafel te sit nie.

Dit het Petrus geweet.  Die evangelie verkondig dat al wat God vra is geloof in Jesus Christus, nie ekstra wette en vereistes nie.  Hierdie sogenaamde liefdesmaaltye was dus algemeen aanvaar en was ‘n teken van besondere gehegtheid aan mekaar.  Toe daar egter Joodse manne van Jakobus opdaag het Petrus en al die Joodse Christene opgestaan en hulle eenkant gehou.  Petrus was baie bekommerd oor wat die eng Joodse sou dink van sy interaksie met die nie-Jode.  Dit het aanleiding gegee tot ‘n hewige woordewisseling tussen Paulus en Petrus.  Heeltemal tereg het Paulus Petrus daarvan beskuldig dat hulle op hierdie manier besig was om die waarheid van die evangelie te verdraai.  Hulle was besig om ekstra vereistes aan die nie-Joodse Christene te stel.  Paulus vra vir Petrus:  “Hoekom jy mens wat nooit Jode was nie dwing om te lewe asof hulle Jode is?  Watter afleiding moet hierdie mense maak toe Petrus so openlik die kant kies van die wat leer dat ook besnydenis en die voedselwette onderhou moet word.  Sou hulle nie daaruit die boodskap ontvang het:  As jy nie besny word en die voedselwette hou nie, kan jy nie gered word nie?  Dit is tog heeltemal in teenstelling met die evangelie!

Paulus het hierdie saak met Petrus in die openbaar gebring omdat en Petrus en die Galasiers en ons vir eers en vir altyd sal weet:  Die mens word nie geregverdig uit die werke van die wet nie.  Glo net in Jesus Christus.

2:15-21   Geregtigheid uit die Geloof

Hierdie deel sluit aan by die vorige.  Paulus gaan aan:  “Ons is Jode van geboorte en nie sondaars uit die heidene nie”.  Om dit te verstaan moet mens onthou dat die Jode anders as ons nie aanvaar het dat alle mense sondaars was nie – net die wat nie volgens God se wet geleef het nie.  Paulus lig uit, natuurlik totaal ongeldig want alle mense is sondaars.  “En tog wee tons dat ‘n mens dat ‘n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deeur in Jesus Christus te glo”.  Hierdie nuwe insig het Paulus gekry toe hy deel van die Christendom geword het, “….geen mens word vrygespreek opgrond daarvan da thy die wet onderhou nie – net deur in Christus te glo”.

Die onregverdige word regverdig verklaar.  Hoe kan dit?  God reken ons die geregtigheid van Christus toe.  Sy volmaakte gehoorsaamheid word ons toegereken en geskenk.  Ons ongeregtigheid daar en teen word op die sondelose, regverdige Christus gelê.  Hy dra die straf wat ons verdien het.

Paulus:  “Maar wat my betref, deur die wet is ook vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe : ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe, ek leef deur die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.  Ek verwerp nie die genade van God nie.  As ‘n mens vrygespreek kan word op grond daarvan da thy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het”.  Glo in Christus – en word vrygespreek!

HOOFSTUK  3

3:1-14     Die Wet of die Geloof

Ons is steeds op dieselfde onderwerp.  Die evangelie van die geloof.  In vurige argumente het Paulus dele van sy lewensgeskiedenis ondervinding en kennis gebruik om die Galasiers te probeer oortuig om af te sien van die verkeerde pad.  Nou gebruik hy eerder aanhalings uit die skrif.

Hy vra ernstig aan hulle:  “Julle Galasiers is julle dan so sonder begrip?  Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die evangelie te glo”.  Hy herinner hulle aan wat destyds gebeur het toe hy daar die evangelie verkondig het.  Hulle het tot bekering gekom en het toe die Heilige Gees ontvang.  Ons kan aanvaar dat die werk van die Heilige Gees op ‘n baie duidelike manier in hulle lewens sigbaar geword het.  Dit is beskamend dat daar dikwels so min van die krag van die evangelie en die Heilige Gees in gelowiges vandag se lewens sigbaar is!

Dan vra Hy:   “Hy wat julle met die Heilige Gees toegerus en kragtig onder julle werk, doen Hy dit omdat julle die wet onderhou of omdat julle die evangelie glo?”  Nou gebruik hy grote aartsvader Abraham as voorbeeld. 

“So was dit ook met Abraham:   Hy het in God geglo, en God het hom vrygespreek”.  Julle sien dus dat die wat glo, kinders van Abraham is.  Die skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie-Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo.  God sê vir Abraham:  “In jou sal al die nasies geseën word”.  “Dit is dus die wat glo wat saam met die gelowige Abraham geseën word.”

Deur te glo, word jy ‘n Kind van God.  Daar is niks anders wat nodig is nie;  geen besnydenis of wetsonderhouding of nakoming van enige reëls of regulasies nie.  God gee in Sy groot onverdiende goedheid aan elkeen van ons wat in Jesus glo, vryspraak van die skuld van ons sonde, al verdien ons dit nie  Dit is die hart van die ware evangelie wat Paulus so toegewyd en in vervoering verkondig. 

“Hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe:.   (3:11)

Onverdiende genade en Liefde!

15-29      Die Wet en die belofte

Hier is Paulus baie verstaanlik verduidelikend.

God het sy beloftes aan Abraham en sy “nakomeling” gegee.  Hierdie “nakomeling” is Christus.  God het ‘n verbond met Abraham gesluit en dit toe al geldig gemaak.  Die wet het eers 430jr later gekom en kon nie hierdie verbond ongeldig maak nie.  So watter doel het die wet dan gehad?  God het dit gegee met ‘n oog op al ons sondes.  Ons kan dit sien as ‘n riglyn en ‘n bevel hoe om God en ons naaste te dien.  Dit vervang egter glad nie die verbond tussen God en Abraham nie.  Ons moet egter baie goed verstaan dat die wet nie in staat was om ware lewe en verlossing te gee nie.  Hierdie belofte word vir die mens vervul alleen in Jesus Christus.  Daar is dus eintlik geen vergelyking tussen die wet en die geloof in Chrustus as ons vra hoe ons vryspraak vir ons sondes kry nie.

Paulus verduidelik dit so mooi: 

“Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek.  Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom sodat ons deur te glo vrygespreek sou word.  Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie”,  (23-25)

Deur hierdie geloof in Christus is ons nou almal kinders van God en nakomelinge van Abraham volgens die verbond van God.

4:1-7      

Jesus is vir ons gebore, en Hy was van Sy geboorte af aan die wet onderworpe om ons wat aan die wet onderworpe was los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kan word.  En met Sy kruisiging in die wet vervang met die geloof.  Dit het ons vrygemaak.  Ons is nie meer onderworpe aan die wet nie of afhanklik daarvan vir ons verlossing en regverdiging nie, maar ons onderhou nog steeds die wet net uit dankbaarheid.  Dankbaarheid vir God se onverdiende genade en liefe.

Omdat ons nou kinders van God is, het God die Gees van Sy Seun in ons harte uitgestort en in ons roep Hy uit  “Abba”!  Dit is “Vader”!  Die Vader betuig aan ons dat Hy ‘n ewige genade verbond met ons oprig en dat Hy ons Vader sal wees, en ons Sy kinders en erfgename en ons daarom met alle goeie dinge wil versorg en alle kwaad van ons wil afweer of tot ons beswil beskik.  Die Heilige Gees oortuig ons in ons harte dat ons God se kinders is en help ons om dit in die praktyk te ervaar, in ons lewens in ons bediening en in ons gebedslewe en in ons dankbaarheid.

4:8-20     Paulus se besorgtheid oor die Galasiers

Met Paulus se eerste besoek aan Galasie was hy siek, maar tog het die Galasiers hom hartlik met ope arms ontvang.  Hulle het met ope harte sy evangelie ingeneem en Christus het hulle bevry.  Bevry van hulle eertydse verslawing aan afgode.  Hulle was so bly daaroor en het tot inkeer gekom en in Jesus Christus geglo.

Nou het daar ongelukkig nuwe leeraars in die gemeente gekom met ‘n nuwe leer.  Dwaalleeraar met ‘n dwaalleer.  Hulle het die gemeente probeer oortuig om Joodse godsdienstige wette en feesdae aan te neem  En hulle het dit reg gekry!

Paulus is nou baie bekommerd en beangs.

Hy vra:   Julle was geestelik vry in Jesus Christus.  Hoe kan julle julle nou verruil vir ‘n slawerny, ‘n geestelike slawerny aan die Joodse wet.  Nou is julle vasgevang deur allerhande nikswerk reëls en wette.  Julle is nou geestelike slawe van ‘n verdraaide evangelie wat vir julle geen verlossing en regverdiging sal bring nie.  Paulus smeek hulle om sy evangelie te onthou en hy spreek sy wense uit dat hy weer by hulle kan wees om hard met hulle te praat.  Hy is baie besorg oor hulle.  Hy hoop en bid dat Christus weer in hulle gestalte kry.

Hagar  en  Sara

Hierdie argument van Paulus gebruik om die Galasiers te oortuig om terug te keer na die ware evangelie, kom uit die Ou Testament en gaar oor bekende gebeure oor Abraham en sy twee seuns by Hagar en Sara. Sara, Abraham se vrou kan nie kinders kry nie, toe kry Abraham ‘n seun (Ismael) by Sara se slaaf.  Hagar na ‘n belofte van die Here het Sara swanger geword en ‘n seun (Isak) in die wêreld gebring.  Hagar was ‘n slaaf en haar seun was ‘n slaaf en hy bring slawe voort.  Paulus verbind Hagar met Sinai daar het God ‘n verbond met die Jode gesluit en aan hulle die wet gegee.  Dit is die wet wat die dwaalleer nou in Galasie verkondig.  Dit is dus slawerny, geestelike slawerny wat die dwaalleeraars verkondig.  Sara was vry, Isak was vry, en Paulus verkondig aan die Galasiers dat hulle ‘n nageslag is van Isak en nie Ismael nie.  Hulle is dus geestelik vry en mag nie toelaat dat die verdraaiers van die evangelie van hulle slawe maak nie. 

Geestelike Vryheid beteken dat ‘n mens besef dat jy niks kan doen om God se goedkeuring te verkry nie.  In plaas daarvan om wette te onderhou om vryspraak van jou sondes te ontvang, moet jy net glo in Christus en dat Hy alles reeds gedoen het om ons sondes te verlos en vergewing by God te kry, so aanvaar met ‘n gelowige hart die vryspraak wat God deur Christus aanbied.    

HOOFSTUK  5

5:1-12     Die Christelike Vryheid

Paulus gaan hier voort met sy dringende waarskuwing en argument omtrent christelike Vryheid v.s geestelike slawerny.  Paulus som in 5:1 die wesenlike van die Christelike godsdiens in een woord op : Vryheid.  Ware Vryheid beteken nie jy kan doen wat jy wil nie, maar dit is slegs moontlik as jy deur Jesus Christus ‘n ware verhouding met God het.  Slegs deur Christus kan ons ware Vryheid hê.  En die Galasiers het dit gehad!  Hoekom laat hulle hulle nou weer onder ‘n slawejuk indwing deur ‘n verdraaide evangelie wat vryspraat verkondig deur besnydenis en deur die wet te onderhou.  Paulus sê baie ernstig as hulle dit navolg het hulle hulle band met Christus verbreek en die genade van God verbeur.

“Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting da tons deur te glo vrygespreek sal word.  In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie.  Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan”  (5:5-6).  Niks anders is nodig nie, net die genade en onverdiende goedheid van God deur Jesus Christus.  Christus maak ons vry en gee ons ‘n 100% sekerheid dat op die oordeelsdag ons vrygespreek sal staan.  Ons is reeds vrygespreek van ons sondes.  Die sekerheid kom van God.  Intussen is die werking van die Heilige Gees ‘n bevesting van hierdie sekerheid.

5:13-15   Ware Vryheid beteken om mekaar in liefde te dien

Paulus hamer sover oor Christelike Vryheid en dat ons vry is van die wet.  Nou is hy egter bekommerd dat sommige kan dink dat omdat ons vry is, kan ons doen wat ons wil.  Hy beklemtoon hier dat jy in jou Vryheid sekere dinge nie hoef te doen nie, maar dit beteken nie dat jy jou sondige natuur kan vrye teels gee nie.  Jy moet jou Vryheid op ‘n verantwoordelike manier gebruik  –  om jou medegelowiges met liefde te dien.  Hier is die een uitsondering waar Paulus sê ons mag slawe wees.  –  slawe van die liefde.  Hy haal aan uit Levitikus : “Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat”.  Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” God het ons gered uit liefde kom ons betoon hierdie selfde liefde teenoor ons naaste en dien mekaar in liefde.

5:16-26   Die gees van God en ons sondige natuur.

               “Die vrug van die Gees

Hierdie is ‘n baie belangrike gedeelte. Paulus spreek die Galasiers en ons ernstig aan oor hoe dis ons lewens deur die Gees van God moet laat beheers.

Paulus begin deur te sê da tons as gelowiges nog steeds ‘n sondige natuur en sondige begeertes het.  Dit staan lynreg teenoor die vrug van die Gees.  Maar, sê hy as on sons deur die Gees laat lei, sal ons nie swig voor die sondige natuur nie.  Dan noem hy in sy van die praktyke van die sondige natuur.

Dit is natuurlik nie ‘n volledige lys nie, daarom sluit hy dit af met “en derglike dinge” maar hy fokus veral op sondes wat hooggety gevier het onder die gelowiges in Galasier.  Eerstens begin hy met sondige begeertes op seksuele gebied, want dit was ;n algemene probleem; onsedelikheid, losbandigheid, owerspel, hoerery en onreinheid.  Tweedens meld Paulus sondes teen die eerste gebod : afgodery, towery. Derdens noem Paulus sondes wat ons verhouding met ons naaste breek : vyandskap, haat, naywer, woede, rusie, verdeeldheid, skeuring, afguns.  Dan sluit hy af met dronkenskap, brassery en uitspattigheid.  Hy waarsku ernstig :  “Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koningkryk van God as erfenis verkry nie”  (5:21).

Dan sê Paulus hoe die lewe lyk van ‘n gelowige wat werklik onder beheer van die Heilige Gees lewe.  Dit is sigbaar in sy lewe.  Die “vrug van die Gees” : liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, nederigheid en selfbeheersing.  Die werke van die Gees kan gesien word.  Die Gees verbind ons aan Christus en in Christus dra ons die vrug.

So lyk mense se lewe wat die vrug van die Gees dra:

HOOFSTUK  6

6:1-10     Dra mekaar se laste

Die eerste gedeelte gaan oor liefdesdiens en selfoordeel en die tweede gedeelte gaan oor : wat jy geestelik saai, sal jy maai.

“Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad (sonde) oorval word, moet julle wat geestelik is so een reghelp met die Gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy nie ook versoek word nie”.  Hier wys Paulus daarop hoe daar in die gemeenskap van die heiliges gehandel moet word met iemand wat deur ‘n sonde oorval word.  In die grieks is dit duidelik dat met “oorval” beteken word ‘n enkele geval, en nie in voortdurende sondes lewe nie.  Dit gaan oor ‘n gelowige wat onverhoeds deur die kwaad oorval word.  Met “reghelp” word bedoel : van die sonde vrymaak, tot bekering bring en lewensverbetering bring.  Die woord “reghelp” word ook gebruik vir die herstel van nette.  Daarby moet die reghelp geskied met die Gees van sagmoedigheid, nie oordeel nie.  ‘n Gelowige wat deur die Heilige Gees gelei word, sal onder gelowiges wat swaar kry, uit liefde help.  Dra mekaar se laste.  “Dit gaan dus nie net oor sondelaste nie, maar oor enige toestand wat tot ‘n val kan lei; siekte, emosionele probleme.  Op die manier gee ons uitvoering aan die wet van Christus.

Iemand wat deur die Heilige Gees gelei word moet homself krities bekyk en sy dade ondersoek in 6:5 sê Paulus “Almal sal oor hulleself verantwoording doen”.  Dit kan vertaal word met : “Elkeen sal sy eie las moet dra.  Dit beteken dat elkeen verantwoordelikheid vir sy eie dade moet aanvaar.

Dit moet nie met ander se doen en late vergelyk word nie, maar in die ware sin van die woord, met wat God wil hê.  Ons moet oppas vir hoogmoed as ons ons eie werke ondersoek.  “As iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, bedrieg hy homself”.  Hoogmoed, die waan dat jy iets is, terwyl jy niks is nie, sit in elke mens se hart.  Daarmee mislei jy jouself.  Hoogmoed is selfbedrag.  “Ons is almal gelyk en ons is almal niks” (Luister).  Die hele skrif waarsku ons teen roem in onsself. 1 Kor 4:7 “Wat het jy wat jy nie ontvang het nie?  En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie”?  Elkeen moet homslef toets en God dank vir wat hy is.

In die tweede deel keer Paulus terug na die probleem in Galasie”. 

Hy gebruik ‘n bekende beeld:  Di twat jy saai, kom later op.  Dieselfde gebeur op geestelike gelied!

Die gelowiges wat hulleself oorgee aan die sondige geaardheid, en saai op die akker van die sondige natuur sal die dood oes.  Wie hulle egter oorgee aan die Gees, sal die ewige lewe oes.  Hier rig Paulus ‘n baie ernstige waarskuwing aan die gelowiges van Galasie, sien nou al die gevolge raak van die keuses wat julle maak.  “Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie” en die voorwaarde “as ons nie verslap nie” hoort bymekaar.  Om goed te doen, slaan op alles wat die Here behaag.

Paulus wek daartoe op “om goed te doen” deur te wys op die loon op die belofte, “op die regte tyd sal ons maai”.  Opdie regte tyd, as die oestyd” kom sal ons maai.

“Laat ons dan aan almal goeddoen”.

6:11-18   Laaste waarskuwing en groete

Paulus sluit hier af met sy eie hand.  Dit is gewoonte om ‘n brief se groet so te eindig.  Paulus groet egter nie, hy waardku baie ernstig oor die onderwerp wat hom so kasty, die dwaalleer in Galasie.  Die dwaalleeraar verkondig besnydenis aan die Galasiers maar Paulus probeer hard om hulle te oortuig dat dit net ‘n uiterlike daad aan die liggaam is en absoluut niks bydrae tot ons verlossing nie.

Dit is total onmoontlik om vryspraak van die skuld van ons sondes te kry op grons van enige menslike daad, soos die besnydenis.  Die enigste manier om vryspraak van ons skuld te kry is om te glo in Jesus Christus.  Ons moet glo in die kruis van die Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld en die sonde vir ons dood. 

Daar is geen nut vir besnydenis nie.  Die heel belangrikste is dat men swat in Jesus Christus glo, in God se oë reeds ‘n nuwe mens is en God sal aan hulle vrede gee en barmhartigheid bewys. 

Nou sluit Paulus; soos sy gewoonte is, ook hierdie brief af met ‘n Christelike seëngroet, waarin hy God se onverdiende goedheid beklemtoon.

Hierdie is een van my Gunsteling briewe.