2  TIMOTEUS

HOOFSTUK  1

1:1-2       GROETE

Van Paulus ‘n Apostel van Christus Jesus, aan Timoteus, my gehefde seun.  Seenwense.

1:3-18     Getrouheid aan die Evangelie

Paulus sit in boeie in die gevangenis tog verkondig hy aan Timoteus dat hy hom nie moet skaam nie, want hy wat Paulus is het ‘n skoon gewete en herinner hy Timoteus dat hy die genadegawe wat God hom gegee het soos ‘n vuur moet aanblaas.  Daar sal ontberings wees, maar God het hulle gered en aan hulle krag gegee, en hulle geroep aan Hom toegewyd te wees tot die einde.  Nie op grond van hulle dade nie, maar op grond van Sy besluit en die genade wat Hy van ewigheid op in Christus Jesus aan hulle geskenk het.  Hulle word nou gestuur om die evangelie te verkondig en die onverganklike lig van verlossing van die Opgestane Christus te verkondig.  Die selfde taak staan ons nou te doen, God werk in ons met sy Heilige Gees en ons moet met oorgawe verkondig dat Christus vir ons gesterf het, nie ondat ons dit verdien nie, maar alleen uit Genade, en Hy het al ons sondes saam met Hom laat sterf sodat ons ‘n nuwe lewe kan begin in Hom met sy opstanding.  Kom ons dank, loof en prys God nou vir hierdie genade en leef ‘n lewe volgens Sy wil, tot opbou van Sy koninryk tot die dag wat Hy Sy Seun stuut om ons te kom haal.  Dan sal ons vlekkeloos, omdat Christus ons skoongewas het in God se heerlikheid opgeneem word en in die nuwe Jerusalem woon waar ons elke dag heeldag vir God sal loof en prys en dien.  Kom ons begin nou al oefen, uit dankbaarheid!

HOOFSTUK  2

2:1-13     Die goeie soldaat van Christus

Niemand het beter as Paulus geweet watter beproewing dit kos om ‘n Christus te wees.  Selfs al sit hy in boeie “die woord van God kan nie geboei word nie”.  Hy vra dan vir Timoteus om sy beproewing te verdra:  by die soldaat moet Timoteus uithouvermoë leer, by die atleet dissipline en by die boer volharding.  Die tema van Paulus se evangelie is Jesus Christus wat uit die dood opgestaan het.  Dit is waarvoor hy gely het.  Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat ook hulle die verlossing wat daar in Christus Jesus is, en die ewige heerlikheid kan ontvang.

       As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe;

       As ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer;

       As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën;

       As ons ontrou is  –  Hy bly getrou;

       Hy kan Homself nie verloën nie.

Beproewing sal ons wel teekom as ons die woord van God verkondig maar soos Paulus sê ons moet volhard, ons moet uithou en aanhou.  Dit sal nie altyd maklik wees nie, maar God sal vir ons die krag gee deur die Heilige Gees.  Ons moet net bereid wees om nie tou op te goei nie.  Ons moet die woord van God verkondig, oral waar ons gaan.

2:14:26   Die arbeider wat goedkeuring wegdra

Gelowiges moet nie stry oor woorde nie, hulle moet luister.  Nou gee hy Timoteus opdrag om die gelowiges van Efese aan hierdie dinge te herinner Christus word verkondig deur dade van liefde en opoffering en nie deur bakleiery oor woorde nie.  Timoteus moet homself beskikbaar stel deur sy lewenswyse as ‘n arbeider van God tot Sy diens.  Hy moet nie net preek nie, Hy moet dit ook leef.

“Die Here ken die wat aan Hom behoort” Die Here bly dus in alle omstandighede in beheer en bring hierdie mense tot geloof.

“Elkeen wat sê dat hy aan die Here behoort moet wegbreek van die ongeregtigheid”.

Net omdat jy aan die Here behoort word alle verantwoordelikheid nie van jou weggeneem nie,  Jy moet wegdraai van ongeregtigheid.

Jy moet besef dat mense wat aan Christus behoort, nie hartstogte en begeertes van hulle sondige geaartheid gekruis het saam met Christus.  Jy moet dit nie toelaat dat hierdie ding weer deel word van jou lewe nie.

Jy kan dus baie bruikbaar vir God wees as jy in ‘n persoonlike en toegewyde verhouding met Hom lewe en jou hele lewe volgens sy voorskrifte inrig.

HOOFSTUK  3

3:1-19     Swaar tye sal kom

Paulus begin sy uitsig op die toekoms met die stelling dat die laaste dae moeilik sal wees.  Die laaste dae waarna Paulus hier verwys, het reeds met die opstanding van Jesus begin en duur voort tot met sy terugkeer.  Ons kan iets daarvan in ons eie tyd sien inderdaat in elke tydperk.  Hy waarsku dat namate die tyd van Christus se wederkoms nader kom die boosheid sal toeneem selfs binne die kerk.  “Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie.  Bly weg van sulke mense (3:5).  Die wat aan Christus getrou is, sal vervolging verduur (soos Jesus self in John 15:20 voorspel het).  Wat Timoteus betref:  Hy moet vas staan in die waarheid wat hy uit die skrif geleer het.  Hierin lê wysheid en die pad na verlossing in Christus.  Dit is “deur God geadem” (geinspireer) : die lewensasem vir almal wat God se pad wil loop.

Twee name word genoem Jannes en Dombres.  In die Joodse tradisie was dit die name van twee towenaars van Farao wat Moses en Aaron se wondertekens voor die Farao nagedoen het, maar uiteindelik ingesien het dat die plae ‘n vingerwysing van God is.

3:10-4:8    Laaste opdrag aan Timoteus

Paulus begin deur te sê dat Timoteus hom nagevolg het deur al sy ontbeurings en vervolging.  Die vervolgings.  Die vervolgings in Antiogie, Ikonium en Listra wat Paulus hier noem het plaasgevind tydens sy eerste sendingsreis.  Dit is da nook hier waar hy Timoteus ontmoet het en tot bekering gelei het. Paulus noem al sy ontberings wat soms by die dood gedraai het, maar hy wys op die grootheid van God wat hom uit alles verlof het.

Bose menses al egter rustig voortgaan met hulle bedrywighede en floreer.  Paulus waarsku ook vir Timoteus da took hy sal l yonder vervolging en ontberings, maar dat hy moet krag hou en voortgaan met die verkondiging van die evangelie.  Hy sê dat hy daarmee moet volhou, tydig en ontydig met alle geduld.  Selfs as daar ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie.

Dan sê Paulus sy einde is naby, maar hy het die goeie wedloop afgelê en die wenstreep bereik.

Timoteus ken hom as sy leermeester en moet in sy voetspore volg, selfs deur al die lyding.

4:9-18     Persoonlike woorde

Paulus offer inderdaad tot aan die einde alles in diens van God op en span hom met sy laaste kragte in om sy bediening te voltooi.  Die besef van sy naderende dood maak Paulus nie passief nie, hy wil solank moontlik voluit leef en werk.  Ook die feit da thy Timoteus en Markus na sys el in Rome laat kom, is nie net vir sy eie troos en emosionele afskeid nie.  Paulus wil waarskynlik aan hulle laaste bedienings opdragte gee.  Dit is opmerklik dat as dit kan hy sy teenstaanders wat hom onreg aangedoen het, laat vaar. Wraak en vergelding kom ‘n mens nie toe nie.  Net die Here.

4:19-22   Laaste groete

Paulus sluit sy brief af met groete aan bekendes.  Sy laaste woorde aan Timoteus handel oor God se onverdiende goedheid.  Omdat die Here by Timoteus is sal daar goedheid vir hom wees.  “Die Here sal by jou wees”.